My vingers is seer, kla as ek tik. Dus wip ek my en begin dink wat ek kan doen om die dae om te kry.
Ek het ‘n nuutjie op Netwerk 24 ontdek verlede maand. Luisterboeke.
Ek het verlede maand na Riana Scheepers se Stormkind geluister. Lekker kort hoofstukke, skaars vyf minute op ‘n slag. En ek kon dit sommer enige tyd in die dag gou inpas. Wat ‘n moetleesboek!
Die maand is twee boeke te luister, Kamikaze van Rudie van Rensburg wat my nie trek nie omdat ek nie vir moord en doodslag lus is nie. Dalk luister ek tog voor die einde van die maand, my Airpods maak dit maklik om stories te luister terwyl manlief rugby of gholf kyk. En die blou van onthou.
Toe besluit ek om eerder na Annamart van der Merwe se voorlesing van Marita vd Vyver se Die blou van onthou te luister.
My moed het egter in my skoene gesak toe ek sien dat daar meer as 30 hoofstukke is. En dat twee daarvan amper een uur lank is.
Ek moes egter ontspan, my Garmin horlosie het vertel dat ek te gespanne is en nie genoeg rus nie.

Hoe kan ek rus as ek my opstress oor my vingers? Net as ek ontspan, sien ek vreemde goed. Plekke wat blou lyk en dan pomp my hart te vinnig. Hoe kan ek ontspan as ek bekommerd is?
Ek besluit toe om maar na BBC of CNN op TV te kyk. Maar o wee, dit het nie gehelp nie. Vulkane wat ontplof in Nieu-Zeeland, Brexit wat gaan gebeur, Skotland wat onafhanklik wil word.
En ek wonder so by my selwers wanneer Australië ook die queen gaan versaak. Hulle deel mos die monarg met Engeland. As deel van die Commonwealth. Was verstom toe ek in 2010 by my sus gekuier het. En hoor dat die queen ook hulle queen is.
Toe luister en na Russiese musiek. Mens kan ook net so lank dans op woorde wat jy nie kan saamsing nie.
Uiteindelik besluit ek om maar die bul by die horings te pak. Die lang hoofstukke aan te pak. Om te luister.
Wat ‘n luisterfees. Die eerste tien minute het ek gesukkel om te konsentreer, my eie stresvlakke te hoog. Toe word ek ingetrek!
Marita skryf goed en gemaklik oor ons land en voer mens weg na Engeland en Portugal. Vertel oor die lewens van vier vrouens. Oumagrootjie, ouma Letta, ma Nandie en dogter Tinka. En die mense na aan hulle. Op ‘n manier wat mens vasgevang hou.
Ek dink egter dat ek dit nie self naastenby so perfek soos Anna-Mart sou kon lees nie. Sy gebruik haar stem om soos ‘n kind, ma, pa, ouma en kleurling werker te klink.
Sy raak opgewonde en neerslagtig, sy sing die liedjies wat gesing word en sy speel met haar stem om atmosfeer te skep.
Voor ek weet, is ek vasgevang. Vergeet ek van vingers, van kosmaak, veral van kos oppas om nie te brand nie. Ook van tyd wat verbygaan.
As my airpods se batterye pap is, laai ek hulle en luister op die foon tot hulle weer vol gelaai is.
Vergeet ek van skottelgoed en wasgoed en aansoeke vir e-visums vir Turkeye.
Binne twee dae is die boek geluister, my Garmin tevrede dat ek ontspan het en my vingerpunte gelukkig omdat hulle nie op sleutelborde gestamp is nie.

Ek dink die boek is ongelooflik goed geskryf.
Verskeie sake word aangeraak: ongehude swangerskap en die impak van die besluite. Politiek van voor Verwoerd en daarna. Onmin in die land. Homoseksualiteit. Liefde en verlore liefde, verhoudings tussen ouers en kinders. Wêreldgebeure soos die Twin Towers se val en Diana se dood.
Sonder om aangeplak te voel. Dit plaas jou eerder in die konteks. Veral as jy so oud soos ek is en die gebeure soort van in jou leeftyd gebeur het. Jou net so geraak of aangeraak het.
Hou ek van die slot? Ek weet nie. Ek is ‘n sucker vir liefde in die huwelik. Die slot werk, laat my net met ‘n ongelooflike hartseer. Maar dit werk.
As jy ‘n Netwerk24 rekening het, kan ek die boek aanbeveel. Maklik die mooiste boek wat ek in ‘n lang tyd gelees (luister) het.
Sy vertel ook oor sneeu. Vingers en tone wat voel of dit nooit weer gaan ontvries nie. Wat wit-grys lyk. En my oor myne laat ontsoan. Sneeu wat my hier ook nie meer aantrek nie. Sal seker weer, as ek die manier kry om beide warm te hou.
Gepaste titel van die boek, die onthou voel nogal blou! Sneeulandskappe is blou …
Foto: 13 Desember 2019. Die blou van sneeu nagte!
Klink na ‘n goeie boek.Gaan dit beslis lees. Klink of die sneeu jou begin vang.Sterkte!
LikeLike
Dit is net omdat ek seer is. Die sneeu is mooi, my hart wil dit net nie raakkyk nie. Jy sal dit baie geniet. Dit is goed geskryf
LikeLiked by 1 person
Ek is gek na luisterboeke. Soveel plesier vir so min inspanning.
LikeLike
Ai Hestet, is so lekker om net oë toe te maak en te luister
LikeLiked by 1 person
So jammer jou vingers is steeds seer!!! Ek het nie eers geweet daar is iets soos luister boeke nie.. sou dit baie geniet het
LikeLike
Bondels , dit is hemels om net te luister.
LikeLike
Ek kan dit dink ja, ek sal dit ook baie geniet
LikeLike
As jy netwerk24 inteken, kry jy elke maand een gratis luisterboek om in die maand klaar te luister. En klomp Afr tydskrifte. Ek geniet die luisterboeke nou baie
LikeLike
Probeer gerus, mens kan enige tyd stop as jy nie meer wil nie. As ek reg is, is daar elke maand boeke vir kinders ook
LikeLike
Dankie, ek is seker maar sissie.
LikeLike
Nee ek glo nie…
LikeLike
Dankie.
LikeLike