Scrapy het ons uitgedaag om meer oor ons huidige blyplek te vertel. Hier is myne.
Lees voort “Ust-Kamenogorsk, woonplek van die werkers”Maand: Julie 2019
Ons eie wors in Qazaqstan
Ek het al vertel dat my pa eers ‘n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons.
Lees voort “Ons eie wors in Qazaqstan”Die vreugdes en verdriet van sosiale media
Vandag wil ek sommer net gesels oor die vreugdes en verdriet van sosiale media. Ek begin met die groepe mense wat ek nie kan verstaan nie.
Lees voort “Die vreugdes en verdriet van sosiale media”Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!
Ek het al vertel dat ons probleme met die polisie kry. Omdat ons ‘n geel nommerplaat het. En dit moet ons hê, omdat ons expats is. En daar is min geel nommerplate in Ust. Daarom staan ons soos ‘n seer oog uit.
Lees voort “Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!”
Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop
Ek het ‘n Bernina tuis. En ek lief haar. Was altyd Elna-aanhanger, maar toe bied Bernina beter diens in Roodepoort. Maar my omkapmasjien is steeds ‘n Elna. Die twee moes tuis bly toe ons na Qazaqstan toe kom. Omdat die twee make nie hier te koop is nie.
Lees voort “Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop”Die Russe (Qazaqs) sal ek nie verstaan nie
Na vier maande in Ust-Kamenogorsk, Qazaqstan. is daar ‘n paar goed van die Russe/Qazaqs wat ek nie verstaan nie. Sommiges frustreer my, ander pla my en nog ander sou ek net wou verstaan. Hier is ‘n paar.