ABSA en Nedbank vra my ‘n plaas se prys as hulle my Rande in Tenges omsit. Iets soos R78 op R398. En dit is belaglik. Dus vra ek manlief om vir my ‘n rekening oop te maak en my geld daarin te sit. Dat ek nie so beroof word nie. Hier kan ek baie met R78 doen.
Lees voort “Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding”Dag: 24 Julie 2019
As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …
Vir die eerste keer in ons lewe het ons ‘n landlord. Ons het woonstelle gehuur toe ons studente was, maar ek is nie seker hoe dit toe gewerk het nie. Het mens deur ‘n agent gewerk? Want die term was vir my tot baie onlangs onbekend. En nou het ons sommer binne ‘n kort tydperkie twee gehad.
Lees voort “As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …”