Gedigte Wat Dink, een van my vriendinne in die bloggemeenskap vra gister vir my om ietsie te skryf oor wat manlief in Qazaqstan maak.
Lees voort “So, wat doen manlief in Qazaqstan?”Maand: Julie 2019
Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan
Na vier maande in Qazaqstan is daar reeds ‘n paar goed wat ek baie gaan mis wanneer ons teruggaan. ‘n Paar daarvan sal ek so stuk-stuk terugneem, om daar te geniet tot dit klaar is. Ander sal net in my herinneringe wees.
Lees voort “Na vier maande in Qazaqstan gaan ek baie goed mis as ek huis toe gaan”Thermie se groen breinkrag
Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou ‘n Cookkey aan my verkoop.
Uitsig vanuit ons woonstel in Ust-Kamenogorsk
Ons het aanvanklik in ‘n baie moderne woonstel ingetrek. Ruim en mooi. Met een toegeboude stoep, by die hoofslaapkamer.
Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding
ABSA en Nedbank vra my ‘n plaas se prys as hulle my Rande in Tenges omsit. Iets soos R78 op R398. En dit is belaglik. Dus vra ek manlief om vir my ‘n rekening oop te maak en my geld daarin te sit. Dat ek nie so beroof word nie. Hier kan ek baie met R78 doen.
Lees voort “Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding”As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …
Vir die eerste keer in ons lewe het ons ‘n landlord. Ons het woonstelle gehuur toe ons studente was, maar ek is nie seker hoe dit toe gewerk het nie. Het mens deur ‘n agent gewerk? Want die term was vir my tot baie onlangs onbekend. En nou het ons sommer binne ‘n kort tydperkie twee gehad.
Lees voort “As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …”