Gepubliseer in Joernaal

100 000 kyke

Ek kry gisteraand hierdie boodskap op WordPress, my webwerf het 100 000 kyke gekry.

Sjoe, dit is nogal baie, het jare geduur om daar te kom. Nie dat ek daarin belangstel nie, maar dit is lekker om te weet dat jy gehelp het dat ek die mylpaal kan bereik.

Dankie vir die saamlees.

Dankie vir die troos as ek nodig het.

Dankie vir die bemoediging en aanmoediging wanneer ek dit nodig het.

Jy is vir my baie spesiaal (behalwe natuurlik as jy in Griekeland bly)

Ek is dankbaar.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “100 000 kyke

    1. Ag Anne, skuus, ek gaan ophou om na die stats te kyk. Dan weet ek nie hulle lees steeds nie. Ek het al alles probeer, selfs ‘n nuwe site. Maar, hulle agtervolg my en as ek weer sien, is hulle daar. Ophou na stats kyk?

      Like

    1. Jong, ek kon nie anders as om dit te skryf nie. Daar is twee mense wat my erg te na gekom het wat in Griekeland bly. En om een of ander rede kom kyk hulle byna daagliks wat ek op my blof skryf. Ek HAAT dit, het al soveel skimpe gegooi, maar hulle is soos ‘n kat, kom altyd weer terug. Ek kon nie daardie sin laat lees dat ek dankbaar oor hulle is nie …

      Liked by 1 person

  1. Baie geluk Christa! En moet jou nie steur aan daai 2 “grieke” nie. Dalk moet jy maar ‘n blog skryf oor hulle…die name and shame effek!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.