Ek het Saterdag vertel dat ons drie dae se sneeu kon verwag. Maar dat die lekkerte net op die berg om ons sigbaar was. In die stad het die sneeu in die reënwater op die grond gesmelt.
Terwyl ons vanmiddag met ons dollatjie gesels, sien ek hoe die wit gordyn eers oor die bergtoppe loer. Dan speels teen die hange afglip. En nader skuif. Stukkie vir stukkie. Tot die fyn vlokkies om ons woonstel val.
Maar dit het mos gister net so verdwyn. En die ou vlokkies was pieperig. Vier ure later is die aarde om ons wit!

Die ondergrondse garage se dak is wit. Die karre wat buite staan, het nou wit dakke en vensters. En, gemeet aan die spore in die sneeu, het mense in die sneeu na hulle woonstelle teruggestap!

Die laer woonstel langs ons se dak is wit.

En die speelparkie vir die kinders is ook nou wit. Die swart dak gebou het nou ook ‘n wit dak.
En die lug is snaaks wit, donserig wit. Met blou en pienk.

Soos ek die sneeu in 1996 in Welkom onthou.
Asof die son nog daar is. Maar hy is vyf ure gelede al onder.
Môre gaan manlief werk toe as die son nog lekker wegkruip en nog nie opgekom het nie. Met -11C wat vir hom wag.
Ek dink ek speel môre wegkruipertjie in die huis.
Maar ek dink ook ek gaan afgaan om foto’s te neem. Al vries ek so stukkie vir stukkie.
Ek sal net moet! Dit is die eerste keer wat alles so wit is. Dit is nou nadat ons dit in Januarie so gesien het. En toe teruggevlieg het.
Toe ons terugkom, het die groot smelt al begin.
Hierdie sneeulaag gaan die paadjies seepglad maak. Môre stap ons die oumens shuffle. As ons nie plat op ons boude op baie koue aarde wil sit nie!
So verskriklik mooi.
LikeLike
Dankie Toortsie
LikeLike
Geheimsinnig mooi!
LikeLike
Oe is dit nie ‘n raak beskrywing nie!
LikeLiked by 1 person
Dis so mooi….uitdagend verseker, maar ai! Jou memory boksie het die mooiste memories bygekry!
LikeLike
Dankie Woordnoot, dit is waar. Uitdagend maar iets om eendag oor te vertel. En te onthou. Ek kan. As ek wil.
LikeLiked by 1 person