Nou die dag gesels ek en ‘n onderwyservriend – Philip – op my blog oor somer, son en see en die stede waarvan ek hou, of eerder kusdorpe. En noem hy Simonstad as een van die mooi plekke aan die voet van Tafelberg.
Lees voort “Simonstad, Wes-Kaap”Maand: Januarie 2022
Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië
Vandag herinner my iPad my aan ‘n paar foto’s wat ek in Sydney geneem het toe ons hierdie tyd 12 jaar gelede daar was. Alhoewel ek Australië na die Novac Djokovic episode nie weer sal besoek nie, wil ek die foto’s tog deel. Veral omdat dit op Andrew – my vriend in Australië – se voorstoep is.
Lees voort “Spesiaal vir my vriend Andrew in Australië”Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …
Ek het vroeër geskryf dat ons die Vaal se vlakke dophou. Met ‘n houtoog, want ons huis het in 2010 en 2011 so meter hoog in die rivier gestaan. Toe die water vertikaal met ongeveer agt meter gestyg het om in ons huis in te gaan.
Lees voort “Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …”So, Griekeland lees weer my blog …
So maand gelede klik WordPress by my. Iemand uit Kazakhstan het my nuwe webwerf ontdek. Ek het mos my joernaal na ‘n ander adres geskuif om van die iemand en sy/haar maatjie ontslae te raak. En ek het net geweet dit is ‘n kwessie van tyd voor die maatjies van Griekeland ook hier gaan wees.
Lees voort “So, Griekeland lees weer my blog …”Ek sukkel in swaar verkeer …
Ons ry op die oomblik op die N1, rigting Vrystaat. Ons was skaars uit Centurion toe ons in erge verkeer vassit. Nog voor ons by Midrand was.
Lees voort “Ek sukkel in swaar verkeer …”Karwas in Upington
Valentynsnaweek 2021 het ons die kar gepak en vir die naweek na die Augrabiese waterval anderkant Upington gegaan. Want dit het vir weke gereën en die waterval, wat eintlik selde baie water oor sy afgrond stoot, het in sy volle glorie oor die rotse gestort.
Lees voort “Karwas in Upington”