So maand gelede klik WordPress by my. Iemand uit Kazakhstan het my nuwe webwerf ontdek. Ek het mos my joernaal na ‘n ander adres geskuif om van die iemand en sy/haar maatjie ontslae te raak. En ek het net geweet dit is ‘n kwessie van tyd voor die maatjies van Griekeland ook hier gaan wees.
Ek het voorheen geskryf dat hulle nie welkom is nie omdat hulle ‘n brug tussen ons verbrand het.
Dit het nie gehelp nie, en daarom het ek my webwerf na ‘n nuwe adres gestuur om van hulle ontslae te raak. Ek gaan nie weer skuif nie, daarom het ek in die week ‘n boodskap hier geskryf om hulle mooi te vra om my in vrede te laat.
Maar dit in die konseplêer gelos.
En vanoggend besef waarom ek dit nie moes publiseer nie.
Dag 3 van YouVersion se Leesplan “Die Wapenrusting – Klere vir die okkasie (klik op die skakel om dit ook te lees) wat ek tans lees, praat direk met my (en hulle) oor die aangeleentheid. En toe vee ek die boodskap uit. Is dit nie ‘n spesiale boodskap nie?

Dalk is dit dan juis die rede waarom hulle hierheen getrek word? Na my toe? Dat hulle die boodskap vandag deur my moet kry …
***
My rede vir dankbaarheid vandag is dat ons heel deur hierdie onaangename lewenservaring gekom het. Ons het ‘n groot kans gevat toe ons die dag ons huis opgepak en na Kazakhstan gegaan het. En ons het so amper verbrand. Maar ons het nie terugbaklei nie. Ons het ons geloof in die Here geplaas. Uitkoms sou daar wees. En Hy het die pad vir ons gelyk gemaak. Die meetsnoere het vir ons op lieflike plekke geval. Daar is nie rede vir bitterheid nie, eerder vir onuitspreeklike dankbaarheid dat ons God aan die stuur van ons lewens is.
Hooffoto: Vir my sal die vlag van Kazakhstan altyd een van die mooiste vlae wees. Die krulwerk (links op die vlag) word oral in Kazakhstan uitgestal. Op brûe, teen lamppale, op geboue. As jy in die platteland gaan kuier, sien jy die arende wat net soos die een op die foto oor die aarde sweef. Maar die son sien mens relatief min – dit is seker hulle hoop vir ‘n son na ses, sewe maande van sneeu? As die son sy kop die dag wel uitsteek, is dit warm. Die kleur is egter die ding wat my die meeste trek. Die mooiste seegroen, of is dit eerder seeblou?
Ja, dit is ‘n pragtige vlag en jy hét ‘n spesiale verbintenis met hom wat niemand van jou kan wegnerm nie. Dankie vir hierdie besonderse les van vandag. Dit is gied om soms daaraan herinner te word, want sonder dat ons dit besef, kry daardie slegte gevoelens wat ons jerns mense koester soms wortels en raak groot bome van bitterheud in ons harte. Dankie, ek het ook ‘n bietjje skoffekwerk te doen in my eie hart sodat al sulke gedagtes met wortel en tak uitgeroei kan word.
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die mooi woorde, Toortsie, jy weet hoe swaar dit vir my was om nie oorlog te verklaar nie, maar eerder in God se wil te berus.
LikeLiked by 2 people
Ek het in 2020 ‘n bybelstudie “The Armor of God” deur Priscilla Shirer gedoen … en jou boodskap sluit vanoggend so mooi aan by haar gedagte oor die skoene van vrede. Sy’t gese die pad waarop ons reis, sal soms klipperig en glad wees – dit kan maklik wees om te gly en te val – maar wanneer ons vrede het (wat net afkomstig van God is), help dit ons om staande te bly.
So my vriendin, marsjeer aan met jou skoene van vrede!
En ek hou ook van die vlag, die krulwerk is uniek.
LikeLiked by 3 people
Dankie vriendin, dit is wat ek beplan om meer te doen. Ek sal hare bietjie lees, klink soos iets waaraan ek gereeld herinner moet word.
LikeLiked by 2 people
Christa, don’t respond to hurtful comments. You can permanently delete unwanted comments – just as you can delete spam.
LikeLiked by 2 people
Hi Anne, dit is baie waar. Hulle het nie kommentaar op my blog gelewer nie, hulle was deel van my fisiese lewe. En ek wil graag vergeet dat my lewenspaaie ooit met hulle s’n gekruis het. Omdat dit ‘n baie onaangename ervaring was. Vandag besef ek dat ek dit moet laat gaan, om vrede in my hart te kry. En dalk lees hulle juis vandag dat die vrede van die Here ook oor hulle kan spoel.
LikeLiked by 2 people
Hmm, dis nou uitstekende raad..VREDE SKOENE! Ek gaan nou vir my ook ‘n paar soek.
LikeLiked by 3 people
En dan moet jy my sommer gereeld daaraan herinner as ek kwaai raak oor goed wat na aan my hart is. Sal jy?
LikeLiked by 1 person
Pragtige skrywe Christa! Dis die Skoene van Vrede wat mens aan die gang sal hou!
LikeLiked by 3 people
Dit is, Aletta, ek moes daarop fokus. Dankie vir die mooi woorde.
LikeLiked by 2 people
pragtig geskryf. Jou prosa dra deur. in die skuiling van die Allerhoogste, of opgewek op vlerke van arende. Griekeland moet lees.
LikeLiked by 2 people
Dankie Andrew, ek het besluit dat ek presies net dit gaan doen. By die Allerhoogste skuil.
LikeLiked by 1 person