Nou die dag gesels ek en ‘n onderwyservriend – Philip – op my blog oor somer, son en see en die stede waarvan ek hou, of eerder kusdorpe. En noem hy Simonstad as een van die mooi plekke aan die voet van Tafelberg.
Vanoggend herinner my iPad my aan ‘n uitstappie na Simonstad. En staan ek in verwondering sowel as ontevredenheid. Bewondering omdat my iPad die groep foto’s saamgestel het. Ontevredenheid omdat daar dan geen twyfel is dat Big Brother wel inluister op ons gesprekke nie. Hoe anders kon my iPad weet om die foto’s saam te stel? Ek is nie gemaklik daarmee nie. Waarna word nog ingeluister?
Iedergeval.
Ek kon eers nie presies onthou waar een van die foto’s geneem is nie. Het gedink dat dit by die Waterfront in Kaapstad kon wees.
Toe sien ek die geel kar.
En weet ek presies waar dit was.
Simonstad!
Ons het in Simonstad gestop, geëet en op die hawe gestap, so tussen die bote.
En toe staan die oranje kar net daar, so op die loopweg in die see in. Asof dit daar hoort.
Is ek reg as ek skryf dat dit ‘n Ferrari is?
Dit is ‘n duursportmotor, maar ek dink nie die skerper rondings pas by ‘n Porche se rondings nie. Ook nie die uitdagende kleur nie. Soos ek na Porsche’s kyk, het hulle statige kleure. Wit, swart, silwer.
Nie uitbundige kleure soos oranje of geel nie.
So van geel gepraat. Ek lees in die nuutste Sarie dat Jak de Priester, een van my gunsteling sangers, swaar gekry het tydens die inperkings. En toe hy hom weer kry, staan hy in sy garage en ontdek hy ‘n blik geel verf. En verf alles om hom geel, ek kan nou nie onthou wat alles nie. Hy en sy vrou was bekommerd en lees toe op oor geel.
En geel is die kleur van hoop! Sonder dat hy daarvan bewus was, het hy gehoop dat die toekoms sal verander, dat daar weer rede vir hoop sal wees.
Dit is spesiaal en een van die redes waarom ek die Sarie koop. Hulle dra stories van hoop, geluk en liefde oor. Nie soos die Huisgenoot nie. Die armsalige skrywer van een van die artikels grawe redes uit waarom Novac Djokovich ‘n skandvlek is. Sonder om eens te besef dat sy/hy so gebreinspoel is dat hy/sy sowaar glo die man het skande gemaak toe hy weier om sy gesonde status te verruil vir ‘n ingespuite status wat deur ‘n regering afgedwing word. Dat dit ‘n skande is om daarop aan te dring om gesond te bly omdat jy gesond is …
Iedergeval, daar gaan ‘n tyd kom dat die mense met rooi gesigte staan. Vir my is dit ‘n skande om te erken dat ek weereens hierdie tydskrif, wat net die sleg in almal sien en probeer verkoop, oopgemaak het om te kyk watter twak verkondig is. Teleurstellend soos altyd. Swak joernalistiek deur negatiewe joernaliste wat geen idee het dat lesers kritiese lesers is nie.
Terug by die foto.
Manlief maak my toe staan by die standbeeld van ‘n man in ‘n duikpak vir ‘n foto, die man baie groter as ekke. Ek kon net by sy knie bykom vir ‘n vasvatplek.

Min dat manlief ‘n mooi foto van my neem. Altans ene waarvan ek ook hou. Ek hou van die foto.
***
My rede vir dankbaarheid vandag is dat ek in ‘n pragtige land bly. Suid-Afrika. My vaderland, en dit is presies hier waar ek gaan bly. Ek kyk so na die probleme wat gesonde mense op die oomblik in ander lande ondervind. Australië is beslis nie ‘n plek waar ek sal gaan woon nie. Behalwe vir Florida in Amerika, is daar op die oomblik geen land in die wêreld waar ek wil bly nie. Hier is my tuisland. Hier aan die suidpunt van Afrika gaan die malligheid van die wêreld verby.
Die is regtig ‘n mooi foto van jou
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Positief, ek hou nogal daarvan. Voel of ek die afgelope tyd so bietjie vergeet het om so maklik te lag.
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n pragtige foto van jou Christa!
LikeLiked by 2 people
Baie dankie, Aletta, ek waardeer.
LikeLiked by 1 person
Ons het al so baie daardie “Big Brother” oomblikke gehad … dit laat my partykeer dink wat ek se en lig slaap 😉. Ek’s mal oor jou foto – dit lyk asof jy die oomblik vreeslik geniet. Die oranje motor … ek weet darem nie of ek in so ‘n helder kleur wil rondry nie (maar dit behoort dalk aan iemand wat nie omgee om raak gesien te word nie)! O ja, my man se dit kan dalk ‘n Lotus Elise wees … kan jy nou meer dat ‘n motor so ‘n naam kan he 😁.
LikeLiked by 2 people
Sjoe, dit is mooi naam vir ‘n motor. Hmmm, ek gaan moet opsoek wat dit is, laat my nou kopkrap. Dankie, ek het dit baie geniet. Veral omdat my vashouplek darem op beskaafde plek was.
LikeLiked by 2 people
😉 … ja, inderdaad op ‘n beskaafde plek!
LikeLiked by 1 person
Pragtige foto. En jaaaaaaaaaaaa vir geel. Ek skielik so geel- koors. Een van alternatiewe ouens gesê begin weer oor lyf chakras lees, baie te doen met jou Solar Plexus wat gaan oor begin oopmaak wat in jou hart is, jou waarhede leef, verantwoordelikheid vat vir jou lewe, besluite neem oor jou lewe, ‘clarity’. Dit is eintlik ongelooflik hoe die inperking so baie dinge in ons wakker gemaak het, ons weer dinge laat besef het.
LikeLiked by 1 person
Presies net so vriendin, ons moet ons waarhede leef.
LikeLike