Vandag herinner my iPad my aan ‘n paar foto’s wat ek in Sydney geneem het toe ons hierdie tyd 12 jaar gelede daar was. Alhoewel ek Australië na die Novac Djokovic episode nie weer sal besoek nie, wil ek die foto’s tog deel. Veral omdat dit op Andrew – my vriend in Australië – se voorstoep is.
Voor die inperkings kon hy en sy Jessica gereeld hier stap. Het hy haar hierheen gestoot om die natuur te bewonder, die seelug te geniet. Mens te wees. Dit is lekker om te weet dat ek ook daar spore getrap het. Sonder om te weet dat iemand uit hierdie gebied eendag my vriend sou word.
Die eerste foto is van die gebou op Bondi strand, wat die kleedkamers insluit. Ons het daar aandenkings gekoop.

Ons het ‘n draai ook geloop, maar nie tussen die mense nie. Want op daardie betrokke strand loop vrouens kaalbors. Ek verbeel my dat dit ‘n tipe van ‘n nudiste strand is, maar ek dink ek is verkeerd. Dit is eerder ‘n kaalborsstrand. Andrew sal my kan reghelp.
Die ding is dat die vrouens sommer so oop en bloot daar lê. Jonk en oud, piepklein en goedbedeeld, gladde vel en verrimpeld. Sommiges die ene tatoes. Hulle lê daar oop en bloot. Sonder ‘n geringe teken van skaamte. Ek en manlief was die skaam mense as ons per ongeluk iemand raakgekyk het.
So van tatoes gepraat, ek het die vermoede dat die Australiaanse vrouens die mees getatoeëerde vrouens in die wêreld is. Hulle dra nie jeans en kortbroeke nie, hulle dra bandjiesrokkies. Met die tatoes wat oral uitsteek. Veral op die Sonskynkus. Ek besef ek is baie subjektief, maar ek sukkel om tatoes met fyn rokkies te vereenselwig.
Ons het veel eerder strandlangs op die rotste gestap. En ons verwonder aan die pragtige golwe in die baai.

En die sandsteenrotse wat oor die eeue heen deur die golwe uitgekalf is. Hier staan ek en mooi lyk vir manlief op een van die rotse.

En ek is seker Andrew sal presies weet waar dit is. Hy bly al so lank in daardie deel van Australië. Elf jaar. Dit is nou twaalf jaar gelede dat ons daar was.
Andrew, dit is ‘n pragtige deel van Aus. Was jy in Januarie 2010 al daar? Ons was op 17 Januarie 2010 op die strand. Ek kan verstaan waarom jy juis daar wou gaan woon. So terloops, dit herinner my aan pragtige dele in my eie land. Soos die kuslyn by Mosselbaai.
***
Rede vir dankbaarheid vandag is dat ek en manlief die skoonheid van hierdie strand al beleef het. Ons is bevoorreg om dit te kon doen. En dan is ek dankbaar dat ek iemand uit daardie geweste in die blogwêreld raakgeloop het. Mooi loop, Andrew. Die swaar tye gaan verbygaan. Soos ek by my familie in Aus verstaan, volg julle Europa. En daarmee word seker Engeland bedoel. Wel, hulle neem nou die voortou, julle gaan seker binnekort volg …
Hi Christa
thank you for the special😇 Jessica and I had a good laugh at your take on the near naked and tattooed.
We feel exactly the same way. Bondi Beach is not a full blown nudist beach but it is top-less. Lady Jane Beach is an official Naturist beach and can be seen from the ferry. There is another at a beach in La Perouse. However many young women now cook themselves topless at Maroubra.
Yes we were more than likely near the beach on both those occasions as we moved here in June or July 2008. I have photos of the Sunrise taken on 9th of February 2009.
We are so lucky to be living here.
China Town,yes there are many Chinese there and out here we have the whole United Nations. Another thing is the variety of Religions and denominations. Since I first lived here in 1972 Maroubra has become so cosmopolitan.
I should recognise your Rock and have most likely walked it many times. But I am ashamed I don’t. Maybe the computer will allow me to see what is over your right shoulder.
I, too love to watch the ocean sometimes will sit just watching. Counting the Cargo boats going to and from Port Botany
Trying to guess where they are from.
Now it is the young ladies wearing thongs making them appear bottomless from behind.
Jessica has gone to bed so I had better put on my earphones and turn the sound off on the T.V.
Night everyone.
LikeLiked by 2 people
Loved this comment. I have many more photos, will try to share some more.
LikeLiked by 1 person
Looking forward to them.
LikeLiked by 1 person
I found a few, will share sometime next week.
LikeLiked by 1 person
O goody.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, kyk daardie mooi brander wat inkom! Ek is ook maar half skamerig vir die kaalbors vrouens … in Europa het ek later my sonbril opgesit sodat hulle nie my verwilderde oe kon sien nie 😉.
LikeLiked by 1 person
Ek kan net glo dat ek dit ook sal wil doen. En hulle gee glad nie om nie …
LikeLiked by 1 person