Gepubliseer in Joernaal

Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …

Ek het vroeër geskryf dat ons die Vaal se vlakke dophou. Met ‘n houtoog, want ons huis het in 2010 en 2011 so meter hoog in die rivier gestaan. Toe die water vertikaal met ongeveer agt meter gestyg het om in ons huis in te gaan.

Die vlak van die Vaal het einde Desember by ons 3 m gestyg, dus was die rivier wyd, maar steeds onder die wal wat ons huis en grasperk van die rivier skei.

Intussen het die rivier gestyg en die ou vinknessies wat laag gehang het, verdrink.

Ongelukkig die wat nuut gebou was, ook. Kyk hoe hang die sopnat nessie op die voorgrond soos ‘n stuk nat lap aan die doringboomtak wat soos ‘n visstok buig om die swaar las te dra. Is dit nie wonderlik dat die nessie nie meegesleur is nie, maar steeds aan die tak vasgeheg is? Hoe kry die vinkies dit reg?

Anne, die vinkies was weereens vir die hoër watervlak gereed, het weereens nuwe nessies gebou. Weereens in ‘n rekordtyd.

Die keer het hulle egter ‘n hoër boom langs die oorspoelde nessies gekies. Die vlak van die rivier het oor die naweek sigbaar gedaal om die nessies te ontbloot. Ek kon die onderste enetjie ook sien, wat op die foto steeds onder die water is.

Die opvangsgebied van die Valsrivier, wat so kilometer of ses van ons af in die Vaal inloop, het egter baie reën gekry. So baie dat die vlak van die Valsrivier, wat daar eintlik meestal net ‘n stroom is, bykans 9 m gestyg het.

Die bestuur van die Vaaldam het drie sluise toegemaak om die skade langs die Vaal te beperk. En ek was bekommerd, want dit reën steeds baie. Indien hulle dit nie gedoen het nie, sou die Vals se water die Vaal s’n by ons ophoop en kon ons wel oorstroom het. Want die water het by ons tot bykans 5 m gestyg.

Volgens ons bure was dit op ons gras, maar dan moet dit nog baie styg om in die huis in te gaan, want die skuinste op na die huis is baie steil. Ons bure langs ons se rondawel staan egter onder die water, net sy toppie steek uit.

Ek bid regtig die keer dat die ou vinkies se derde probeerslag suksesvol was. Dat hierdie nessie nie ook oorstroom het nie. Hierdie een is waarskynlik veilig, hy is bokant die wal.

Kan jy hom sien? Hy is soort van in die middel van die foto, effens na links. Nog grasgroen van nuwigheid.

Ons huis het in 2010 en 2011 einde Januarie oorstroom toe die bestuur van die Vaal die dam toegelaat het om 118% vol te raak. En toe paniekbevange al 14 sluise gelyk oopgemaak het. Dit het ‘n tsunami water rivier af gestuur om die vlak van die Vaal met 9 m te laat styg.

Ek sien hulle beheer veel beter, maak reeds op 110% 5 sluise oop. Dit is genoeg om die las op die wal te verlig sonder om almal ondertoe onder die water toe te gooi. Daar is wel huise wat tans water het, maar hulle is onder die eeu vloedvlak gebou. Ons s’n nie, hy oorstroom slegs as daar menslike foute met die bestuur van die dam gemaak word.

Ek glo dat ons vanjaar weer nie gaan oorstroom nie, maar ek kan nie help om die vlak van die Vaal gereeld dop te hou nie. En ons wonder tog of ons nie maar die onderste vloer moet gaan uittrek nie. Die Vaaldam word goed bestuur, maar daar val baie reën in die opvangsgebied onder die dam. Ons het Saterdag in Parys deur die rivier gery, met ‘n waentjie vol meubels wat nou in ons nuwe huisie pas.

Ek was goed benoud, want ek kyk hoeveel keer na mense wat dit doen en dan van die brug afgespoel word. Ek het drie Schnauzers in die kar wat ook gered moet word. Maar ons is veilig daardeur, met die genade van die Here.

Ons weet die water neem drie dae van die Vaaldam tot by ons. Dus het ons genoeg tyd om deur te gaan en uit te trek as ons moet. Vir nou wil ek nie, ek sal later vertel waarom nie. Ek wil die plek geniet.

***

Rede vir dankbaarheid vandag is die goeie reën wat oor die land val. Ek wens ek kon dit Oos-Kaap toe stuur, nie om my huis te beskerm nie, maar omdat hulle die water so nodig het. En ek wil die Here sommer ook vra of so bietjie van die water daarheen gestuur kan word. Die mense het dit nodig. Hierdie water jaag reguit see toe.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

17 gedagtes oor “Ons hou die Vaal se vlakke steeds dop …

  1. Ai, die arme ou vinkies word behoorlik beproef met hulle nes bouery! Dit was ‘n lus vir die oog om met ons terugkeer van ons onlangse “road trip” deur dele van die Noord-Kaap te kon ry waar daar heelwat reen geval het – die veld was groen en damme water het oral langs die pad gele. Ja, ons is altyd dankbaar vir die reen en ek hoop saam met jou dat julle onder die Vaaldam sal veilig wees van enige oorstromings.

    Liked by 1 person

  2. Dankie Christa vir die fotos van die nessies 🙂 Elke keer as ek op RSG van die Vaaldam hoor, dink ek aan julle huis en hoop dat alles sal reg gaan as hulle nog ‘n sluis oopmaak.

    Liked by 1 person

  3. This is a tale and a half. We lived in a flood prone area when I was a teen
    The homes down by the the were up on stilts about 2metres off the ground. There used to be 2 floods a year before they built a sea wall 13 km down stream, since then just every so often. Those brave little birds obviously had inside informatiabove seaon.
    We haven’t any worries about the dams, since we no longer lives close by but we are only 20 metres above sea level and must watch the ocean. They evacuated Bondi Beach due to the tsami.

    Liked by 1 person

      1. Apparently Bondi was open the next day. There has been 1 warning for Maroubra in 11 years. If there is another and it is significant we can head for the mountain Ridge half way to town. Our biggest problem is local flooding. There is Mitigation and there hasn’t yet been one during our 11 years. Believe it or not there are homes down the road from us below sea level . Their basements flood after heavy rain so there are pumps in the basements.

        Liked by 1 person

        1. Andrew, it feels hard to believe. Why would people do that? I will not be able to sleep at night during rain season if that is my house. Interesting news, I do not believe any body in South Africa has done such a thing.

          Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.