Gepubliseer in Joernaal,Reisjoernaal

Karwas in Upington

Valentynsnaweek 2021 het ons die kar gepak en vir die naweek na die Augrabiese waterval anderkant Upington gegaan. Want dit het vir weke gereën en die waterval, wat eintlik selde baie water oor sy afgrond stoot, het in sy volle glorie oor die rotse gestort.

Ek moes dit net eenvoudig sien, beleef, op die rand van die afgrond in die vakansiehuisie bly om dit te ervaar. So terloops, toe was ek effens skrikkerig om op die uitkykpos na aan die bokant van die waterval te staan. Daardie een wat so oor die afgrond uitstaan …

Vanjaar val die water met veel meer krag daar af!

Op pad daarheen, moes manlief kar was. Hy is soms vreemd oor die ding. As ek weer sien, moet ons kar dadelim gewas word.

In Upington soek hy ‘n karwasplek. En kom ons af op die een in die hoofstraat. Behoort aan die gaafste kleurlingman, wat die mooiste Afrikaans praat. Die Noord-Kapenaars kry dit reg om my sleg te laat voel oor my taal wat ek soms so vermeng.

Toe ek weer sien, dra die man hierdie bank (hooffoto) uit sy kantoor dat ek en manlief daarop kan sit. En ons het geen ander keuse gehad as om te sit en te geniet nie.

Eerste foto wys die Oranjerivier wat rustig deur Upington gestoorm het, geen teken dat hy kilometers verder teen ‘n spoed oor die Augrabiese watervalle gaan val nie. Tweede foto: Die karwas, met manlief wat soos koning op die bank sit terwyl ‘n jong vrou op die grond sit. Sy wou nie op die stoel sit wat hy haar aangebied het nie. Derde foto: Die eienaar van die karwas (maroen hemp en swart kortbroek) staan en seker maak dat die werk se bakkie mooi gewas word.

Ons was baie lank daar, elke hoekie van die bakkie is gewas. En ek was vies vir manlief, want ek wou by die waterval uitkom.

***

Vandag se rede vir dankbaarheid is dat daar mense soos hierdie man is wat hulle besighede ernstig opneem. So ernstig, dat hulle klante se behoeftes bo hul eie stel. En hulle bank met twee vreemdelinge op pad na ‘n waterval deel. As jy in daardie omtes is, besoek gerus sy karwas, hy is ‘n mens-mens en ek sal hom nie maklik vergeet nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Karwas in Upington

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.