Gepubliseer in Resepte,Tegnologie

Thermie se groen breinkrag

Toe ek my Thermomix twee jaar gelede gekoop het, wou die baie irriterende verkoopsvrou ‘n Cookkey aan my verkoop.

Ek wou niks weet nie. Sy het my reeds R18 000 uit die sak gejaag, vir ‘n masjien wat op die oog as baie eenvoudig lyk. En die cookkey het R2000 gekos.

Resepteboeke word in ronde geheueskyfies gekoop. En sodra jy haar geheue aan die kant insit, verander sy in ‘n ware hulp in die kombuis.

Ek hoef nie meer elke nou en dan na my resepteboek terug te gaan nie. Die resep wys stap vir stap op haar skerm. Ek hoef nie meer te onthou hoeveel gram van wat ek moet insit nie, dit staan voor my op die skerm terwyl sy haar ingeboude skaal aanskakel sodat ek kan insit terwyl sy meet, die totale gewig van wat moet in, op die skerm. Dus is daar ook nie meer vuil maatemmers nie.

En my kombuis bly skoon. Geen roomspatsels as ek room klits nie. Geen meelstof wat oral gaan lê het om skoongemaak te word nie.

Sy verbreek alle reëls oor meng van bestanddele. Alles kan saam in die houer, wat soos ‘n staal maatbeker lyk, ingemeng word.

Sy kan ook sommige goed outomaties maak. Soos vla. Lipleklekker. Of rys.

Sy knie deeg vir vetkoek in 4 minute, elke keer perfek.

Sy crush ys in sekondes, gereed vir gebruik.

Sy maak smoothies en sy kan kos kook en stoom. Rys word elke keer perfek gestoom. Sodra dit gaar of geknie is, roep sy my. Wat ‘n lekker hulp. Geen kos brand nie.

Ek maak in haar die rys, sous en twee lae groente op een slag gaar (34 minute), die vleis word soms saamgestoom en ander kere apart gaargemaak.

My skottelgoed is Thermie en een pan of pot.

Sy is my Duitse presiese wonderwerk. Uit Vorwerk se stal.

Ek maak met haar grondboontjiebotter en konfyt. En die grondboontjiebotter word deel van smoothies vir ontbyt.

Hier koop mens – jy hoor reg – bevrore vrugte. Bessies en aarbeie.

En dit word deel van my smoothies. Het jy geweet dat jy piesangs in skyfies kan sny en net so kan vries vir latere gebruik?

Ek het nie. Nou maak ek met ‘n handjievol vrugte, een piesang, ‘n teelepel grondboontjiebotter en bietjie water die allerlekkerste snoothies.

In die winter gaan sy vir soppe ingespan word. Waarvoor daar baie resepte is.

Dit dan die agtergrond tot my kombuishulp.

So twee maande gelede het ek besluit om die Cookkey aan te skaf (die aanhegsel aan die kant van die Thermomix op die foto). Ek lief die groen neonliggie wat wys dat die Cookkey gereed is!

Die groen liggies op die masjien sê dat die silwer beker koud is, skyn rooi as dit mens kan brand.

Ek het ‘n heel nuwe hulp ontdek!

Die cookkey praat met die internet. En dan kan ek resepte van ‘n spesiale webwerf af kies. My eie lysies maak waaronder ek dit organiseer. En dan sinkroniseer die cookkey my keuses met Thermie.

As ek dan na haar kieslys gaan, is alles daar. Gereed dat ek kan begin bak en brou.

Jammer as ek jou nou vir Thermie lus gemaak het. Sy gaan Suid-Afrika verlaat. Die dames wat haar verkoop, word blykbaar is so mate aan misdaad blootgestel dat hierdie Duitse kombuishulp van Suid-Afrika onttrek word.

Gelukkig woon ek tans in Qazaqstan. En Thermomix het haar hier kom vestig.

Nou wel in die hoofstad, 1000 km van my af. Maar, dit is 9000 km nader as die RSA. Vir nou is dit dus nader.

Ek hoop maar sy gaan haar weer volledig in die RSA vestig. As die land sy probleme kan uitsorteer.

O ja, jy wil nou seker vra hoe sy hier gekom het? Die antwoord? Per vliegtuig, as handbagasie. Makliker as manlief met sy ysterknieg!

Voor ek vergeet. Die cookkey maak dit ook moontlik om jou Thermie te verpersoonlik. Die roepklanke kan verander en die knoppies kan ook verander!

Ek speel lekker …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “Thermie se groen breinkrag

  1. Nou dat ek sien hoe ongelooflik daai masjien is..nou onttrek hulle…dis so flippen jammer want dis n ongelooflike uitvinding. Een waarvan ek maar sal bly droom….

    Like

  2. Ek het gou op die internet gaan loer na jou beste kookvriendin en ek is baie beïndruk. Dis geen wonder jy kook, bak en brou so graag nie. Ek het toe sommer op ‘n resep afgekom wat ek móét probeer.

    Like

  3. Terug pieng: Sneeu96 – WhimSickle

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.