Ek en my dollatjie het vir jare lank elke jaar aan die Sisters with Blisters geleentheid deelgeneem. Ek neem aan my lesers in die Kaap en oorsee het geen idee wat dit is nie, so laat ek sommer ook verduidelik.
Dit is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid wat vrouens nooi om 5km op hulle hoogste hakskoene te stap om protes aan te teken teen geweld teen vroue. Ek vertaal hier sommer rofweg na Susters Met Blase. Want blase is daar beslis na die 5 km in hoë hakke vir diegene wat nie die hakke eers ingeloop het nie.
En die heel lekkerste vir my – wat nie daarvan hou om vir geleenthede vreemd aan te trek nie – was juis dit. Om vreemd aan te trek. Op te dollie. En nie net my hoogste hakke aan te trek om die pad te stap nie.
Want mans en transvestiete het saam met ons gestap. Ook op hulle hoogste hakke. Die mans het koddig gelyk in hulle vroumensklere.

Die transvestiete het aangetrek asof dit ‘n modeskou is. Hulle het veral daarvan gehou om vreeslik op te tof. Vals naels, ooghare, hare en die toetie. Sykouse, Swaar gegrimeer. Naels langer as myne en mooi versorg – ek wonder of hulle ook skottelgoed doen en wasgoed was?
Beter aangetrek as die meeste vrouens, soort van aanddrag. En beter as wat ek ooit vir so ‘n geleentheid sal aantrek. Ons soek gemak, dankie, is gewoond aan rokkies dra.
Rokkies so kort dat ek nie graag agter hulle wou stap nie, vir in geval die wind die rokkies lig … Maar daar was ‘n ander rede ook. ‘n Mens word sommer jaloers as jy die mans se mooi bene sien – kan verstaan dat hulle rokkies wil dra.
Sommige van die mans het die hakke gaar geloop. Hulle weet nie regtig dat dit ‘n kuns is om die een voet mooi voor die ander ene te sit nie.
Hier is ‘n foto van ‘n man wat sy vrou of iemand se hakke geleen het, en ons was verras oor hoe goed hy op die hakke gestap het … Sy vriend het die maklike weg gekies.

So anders as ons dollas wat gewoonweg aangetrek het – soos wat ons elke dag lyk. Hulle klere was die ene kleur, blinkertjies en goud en silwer en wel, anders as wat ons aangetrek het.
Daarom was dit lekker om anders aan te trek om anders te lyk as wat ek elke dag lyk. Maar nie soos een van die transvertiete nie. Is dit die regte term?
Aanvanklik het ek en dollatjie alleen opgetof, soos op hierdie foto te siene is. Oudste kleisnseun was toe ‘n babatjie.

Engeltjies met swart vlerkies, maar ons het die vlerkies sowaar verkeerd om gedra. Eers toe ons die foto’s sien het ons gekliek, maar toe was dit natuurlik te laat.
Later het sy haar vriendinne saamgenooi. En ek moet net vertel – omdat ek elke dag hoë hakke gedra het, selfs by die huis, kon hulle nie vir my dollatjie se mamma wegloop nie. Dit is die voordeel van geoefen wees om op hoge hakke te stap.
Hier is ‘n foto van my en dollatjie saam met ‘n paar van haar vriendinne, waarvan een of twee ook myne was omdat ons saam skool gehou het, of die spesifieke vriendin meer as die ander by dollatjie was as ek ook daar was …
Vir hierdie geleentheid, wat in Bryanston was, het ons op ‘n Hollandse trema besluit omdatr een van die meisies (4630) Hollands was. Ons het die tema ook na Hollands vertaal – Zusters met Blaren – soos op ons Hollandse hoedjies staan.

Manlief het ook saamgestap, maar totaal geweier om op te tof. Hy het eerder foto’s van ons geneem. Daardie hakke van my was baie hoog, maar gemaklik omdat dit voor ook platforms gehad het, iets wat die jonger dames nie verstaan het nie. My voete het nie so hard soos hulle s’n met die aarde kennis gemaak nie, en die platform voor verlaag eintlik die hoek van die voet omdat dit nie teen so ‘n skerp hoek buig soos sonder die platform nie. Dollatjie het met haar trouskoene gestap.
Dit was ‘n hele lekker storie om deel te neem. Mens het ingeskryf en dan moes jy op ‘n spesifieke dag jou pakkie iewers gaan afhaal, met jou nommer en so aan. Gewoonlik was daar verrassings in die pakkie, soos ‘n tydskrif en skyfies en ‘n sjokolade.
Langs die pad het ons water by punte gekry.
Hier is nog ‘n paar foto’s wat oor die jare heen geneem is.

Kyk daai bene … en hakke!

Ek en my dollatjie is superhelde …. Ons oë was ook gegrimeer om daarby te pas. En regtig? Ek wat vlermuise verpes het juis ‘n vlermuis gekies …

Prefessionele foto van 2015 se stap. En en dollatjie en twee van haar vriendinne, wat ook baie saam met ons gekuier het. En kyk maar, my wange was nie rooier as hulle s’n na die stap nie. Ek was heel fiks daarvoor.
Die een jaar het dit gesous, toe kry ons almal pienk sambreeltjies om ons droog te hou. Ons hakke was egter die ene modder.
En toe het ons nie meer ingeskryf nie. Ek kan nie onthou waarom nie, maar ek glo dat dollatjie te besig geraak het en dat dit met ander verantwoordelikhede gebots het.
Skoondogter, haar ma, suster, broer en ons seun het ook deelgeneem, maar nie saam met ons gestap nie. Hulle het met honde gestap. En nnie opgetof nie. En glo my, hoe graag ek dit ookal sou wou doen, met my Siberiese Husky kon ek nie, want hy sou my omtrek as hy iets sien wat hy soek. En my Schnauzers is baie, baie luidrugtig… ek stap in die kompleks moeilik met hulle, waar ander woewe agter mure en hekkies is. Hoop dit gaan beter by die nuwe huis gaan, want hulle moet oefen.
Ek neem aan die jarelange inperkings het Sisters with Blister se spoed gebreek, ek het lanklaas van hulle gehoor. Ek wonder of ek weer sal deelneem, dit voel soos te lank gelede.
***
Vandag is ek sommer net dankbaar dat ek nie ‘n man het wat my of my kinders mishandel nie. Ek sou nie met so ‘n man getroud gebly het nie.
Ek het al gehoor van die feestelikheid en dink dis ‘n wonderlike idee! En sjoe, jy’s reg … daar is mans met MOOI bene (kyk net daai ene met die pienk/oranje hakke … ek sal nie omgee om agter hom te stap nie 😉).
LikeLiked by 1 person
Ek kon nie help om die foto te neem nie, memse sal my nie glo dat ‘n man so goed in hakke lyk nie. Dankie vir die saamgesels.
LikeLiked by 1 person
Ek qqs getroud met n man wat my verbaal “abuse” het. Slegs 3 jaar het dit hom geneem om my totaal te breek. Ek kon opstaan en vandag het ek die liefste man in my lewe.
LikeLiked by 1 person
Ek is so dankbaar dat jy kon wegstap, Adri. Baie vrouens kan nie. En dit is sommer nog ‘n rede om vandag dankbaar te wees. Dat ek vriendinne het wat kon wegstap en nie met hulle lewens boet as hulle boelie-mans getrou het nie. Geniet die man sommer baie.
LikeLike
Jy lyk so gelukkig in hierdie fotos!
LikeLike
Dankie, Anne, ek was. Is steeds het net so bietjie vergeet om te lag. Daaraan gaan ek vanjaar werk.
LikeLiked by 1 person
Hierdie is nou heerlike herinneringe, Christa!
LikeLiked by 1 person
Dankie, Una, dit is. Ek hoop dit het nie verlore geraak nie.
LikeLike
Dit lyk na lekker pret Christa!
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis baie pret. Die voorbereiding, keuse van tema, saamwees, alles was groot pret.
LikeLike
Kan dit sien
LikeLiked by 1 person
You do look very happy all dolled up and made up.
The word is Transvestite, and some of them do have lovely legs. Sometimes, as they get older they choose to live as women,somewhere anonymous, for a time. They are known as Sea Horses then. I knew one who was a taxi driver,another who used to be a submariner. If anyone was short of shoes they always had very tasteful arrays to borrow.
LikeLiked by 1 person
Andrew, thank you. I always enjoy the discussion with you. Interesting word – sea horses. I love sea horses.
LikeLike