Ek is skielik weer lus om aan ‘n foto-uitdaging deel te neem. Maar ek kan mos nie net foto’s neersit nie, ek moet daaroor skryf ook. En hierdie ene waaraan twee van my blogvriende, naamlik Bushboy en Nowathome, deelgeneem het, trek my sedert ek na Aletta en Bushboy se foto’s gekyk het.
Die Desember-uitdaging gee vyf woorde wat gebruik kan word om ‘n foto te kies wat daarby pas. Ek weet nie of mens een of meer moet gebruik nie, my blogvriende het almal gebruik, daarom gaan ek ook. Ek doen dit egter in Afrikaans. Ek gaan die woorde dalk ook rondskommel om ‘n storie te vertel.
Verskoon die gehalte van sommige van die foto’s, ek het die onvergeeflike gedoen en eers ingesoem voordat ek geneem het.
Dit reën die afgelope ruk baie, soos in 2010 en 2011 toe ons plek op die wal van die Vaalrivier halflyf in die rivier gestaan het toe die bestuur van die Vaaldam te veel sluise gelyk oopgemaak het. Die rivier het reg rondom ons huis gegaan, maar daar was geen vinnige water nie, hierdie water het so sentimenter per dag gestyg in die huis.

Hulle het gewag tot die dam 118% vol was en toe al die sluise gelyk oopgemaak om die druk op die damwal te verlig. Hier wys manlief hoe hoog die rivier bokant sy walle gestroom het om ons huis deel van die rivier te maak.

Soos jy kan sien, is die opdrifsels ver bokant sy hand. En hy is so 1,72 m lank. Die rivier het vertikaal 8 meter bokant sy normale vlak gestyg om in ons huis te kom, en toe nog ‘n meter meer om ‘n meter hoog deur die huis te stroom.
Ons was vanjaar die week tussen kersfees en nuwe jaar daar, het die vlak van die rivier fyn dopgehou in afwagting (anticipation) dat die bestuur van die dam vanjaar nie weer so ‘n fout gaan maak nie.

Ons meet die styging van die water aan die boer aan die oorkant van die rivier se piekniekplek. Ek was nie die enigste een wat die vlak van die rivier in afwagting dopgehou het nie.
Twee vinkmannetjies het introspeksie (introspection) gedoen oor die wysheid van hulle besluit om die nessies te bou waar dit is …

Toe hulle genou het, was dit ‘n goeie besluit omdat die nessies oor die rivier gehang het. Heel veilig om te keer dat slange en landdiertjies hulle eiers kom steel. Die probleem is dat die nessies nou in gevaar was, want die rivier moet skaars meer as een meter verder gestyg het om die nessies te laat oorstroom.

Daardie laagste nessies is so 30 cm bokant die hiasinte, dit is moeilik om dit met die foto reg te wys. Hulle het na my mening skielik heeltemal te na aan die water gehang wat steeds bly styg het. ‘n Week gelede was daar droë grond onder die nessies, was hulle meer as een meter bo die vlak van die water. Nou het die hiasinte, wat stroomop losgeraak het, heeltemal te naby aan die onderste nessie onderdeur verbybeweeg.
Ek het gestaan en wonder of ek nie op ‘n manier die nessies kan red nie, maar ook geweet dat dit fataal gaan wees. Hulle gaan nie die nuwe plek waar die nessies vasgemaak is vertrou nie. En dan kom mevrou vinkwyfie die nessie uitmekaar skop, soos ek al soveel kere tevore gesien het.
Ek het vir myself gelag. Dit is mos onmoontlik dat die twee mannetjies weet dat hulle sluise oopgemaak het. Dat groot water op pad is? En dat die rivier waarskynlik oor die nessies gaan stroom?
Dus het ek bly wens (wish) dat die water nie die nessies, wat ‘n week gelede buite gevaar was, gaan oorstroom nie. Hulle het mos nie soos ons keuses – choices gehad nie.

Ons kan – soos in 2010 en 11 die huis ontruim en later terugkeer – as die sluise weer soos in 2010 en 11 gelyk oopgetrek word. Ons het wel nie in 2010 keuses gehad nie, was in Singapore toe ons huis oorstroom het. Toe het die vinknessies hoog in bome ook oorstroom om vol slik gemaak te word. Kyk net hoe vol modder is die nessies. Ons huis het net so gelyk …

Daarna is ons altyd naby as die waters die Vaaldam te vol maak. Ons dra al die goed na die boonste vlak, en die swaar goed word met die waentjie stoor toe gery. Ons het keuses, watter keuses het hierdie vinke, wat reeds die kwaaiste wyfies het waarvan ek bewus is?
En toe word ek verras. Die mannetjies het teen die spoed van weerlig nuwe nessies gebou. Hoër in die bome, maar steeds oor die rivier.

En toe word daar weer geroep om die wyfies nader te lok. Om vriende te maak – befriending – om saam ‘n gesinnetjie te begin. Toe ek weer sien, kom die wyfies die nessies inspekteer, en dit is miskien wat vinkmannetjies meer moet doen. Weens die beperkte tyd, het hulle nie die nessies uitmejaar gepuk nie, al was sommiges nogal slordig aan die buitekant afgewerk. Lang stukke gras het verbygesteek.
***
Vandag wil ek sommer net dankbaar wees dat die tegnologie beskikbaar is dat ons die vlak van die Vaal van hier af kan bestudeer. Om te weet wanneer ons moet gaan om uit te trek. Tans is daar vir ons geen gevaar nie, maar ek vermoed dat die vinknessies gaan oorstroom. Ek bid egter saam met daardie mannetjies dat die rivier nie hulle huisies en toekoms gaan vernietig nie.
Mooi geskryf en baie interessant. Ek onthou toe ek klein was het van die boere vertel dat as die nessies van die vinke hoog in die takke gebou word sal die rivier seker later oorstroom. Jy wys hier dat daardie stories maar net stories was 🙂
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamgesels, Anne. Dalk was die boere reg ook? Dit het lanklaas gevloed.
LikeLiked by 1 person
Dis maar ‘n stresvolle tyd as die water so vreeslik styg. Mooi beskryf Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Aletta, ek waardeer die saamgesels. Dit is hoor, veral omdat ons tans besig is om na ‘n nuwe huis te trek. Sien op na uit en in die rivierhuis trek ook.
LikeLiked by 1 person
Jy is omtrent besig! Sterkte met die trekkery!
LikeLiked by 1 person
Aletta, ons hou duime styf vas dat die laaste keer in ‘n baie lang tyd sal wees.
LikeLiked by 2 people
Hoop so vir jou part
LikeLiked by 1 person
As ons oorstroom, moet ek maar net weer uit en in trek. Gaan moeite wees, maar dit is iets waarmee ons saamleef. Die rivier is maar 2.5 m by ons, hy moet nog baie styg om ons te intimideer. En met 5 sluise oop, is die kande skraal dat ons sal oorstroom. Daar is te veel mense wat help bestuur.
LikeLike
Hou duim vas dit gebeur nie
LikeLiked by 1 person
Ek hou van hoe jy die woorde (en foto’s) in jou storie ingewerk het! Ek wonder altyd hoekom die vink wyfies so kwaai is … is hulle maar net kwaai van nature of gee die mannetjies hulle goeie rede?
LikeLiked by 1 person
Die wyfie moet besluit of die nes sterk genoeg is voor sy haar eiers daarin lê. As dit haar nie geval nie, pluk sy dit uitmekaar uit.
LikeLiked by 2 people
Goeie idee, want as die hoek binne ook nie reg is nie, gly die eiertjies seker uit? Ek het egter nogal ‘n gly in die wyfies in die werklike lewe wat hulle nessies so uitmekaar pluk …
LikeLike
So, die wyfies is dus eintlik kwaai omdat die mannetjies partykeer net halwe werk doen … hmm, ek verstaan dit 😉.
LikeLiked by 1 person
Geniet ek hierdie gesprek nou sommer baie.
LikeLike
Lag ek nou lekker vir jou vraag. Hmmm, as ek so vaal was en my mannetjie so pragtig geel, sou ek seker ookm kwaai gewees het? Ek dink die mannetjies gee hulle dalk rede?
LikeLiked by 1 person
Dit was een van die lekkerste leesstukke. Die voëltjies is kosbaar. Ek wonder net, raak jy nie angstig as die water so afkom nie? En hoe hou die huis se mure en vloere al die water en modder?
LikeLiked by 1 person
Ons het die eerste keer geen benul gehad van wat kom nie. Die water het Desember tot 6 m gestyg en op ons gras gaan speel. En toe is ons oorsee en word die huis oorstroom. Ons het dus ‘n ernstige vuurdoop gehad, die water was al ‘n week in ons huis toe ons land. Die boot en quads het in die garage gedryf en al ons meubels is verwoes. Die tweede keer het ons geweet, uitgetrek en bo in die huis gebly en gekyk hoe die water nader kom, en sentimeter vir sentimeter styg. Ek het dit teen die bakstene in die huis gemeet. Die water het geen spoed by ons nie, dit het soos badwater meer en meer en meer geword. Ons het bakens waarmee ons werk. As die water 6 m hoog is, moet ons uittrek vir ingeval hulle al die sluise oopmaak. En hulle waarsku ons nie. Maar, die water vat so twee tot drie dae om by ons hoog te wees. Dit gee ons genoeg tyd om uit te trek, die traliedeure te sluit en die vensters oop te los dat die water met gemak in en uit kan gaan. Die slik is sleg, mens sukkel om dit skoon te maak. Maar die gras is mal daaroor, groei sommer dikker na die tyd. Ons het ondergrondse vloerverhitting en dit het niks oorgekom nie. Ons moet net alles mooi skoonmaak. Ek twyfel of dit weer gaan gebeur, maar dit reën steeds baie. En baie water is van Ermelo se kant op pad na die Vaal. As dit gebeur, terk ons uit en weer terug, ons ken die dril.
LikeLiked by 1 person
😟
LikeLiked by 1 person
Ongelooflike krag van die natuur ne.
LikeLiked by 1 person
Dit is so, mens skrik vir water wat so skadeloos voel.
LikeLike
Christa, hierdie ‘storie’ van jou huis en die vinknessies het ek nou so geniet. Geniet is eintlik die verkeerde woord, want die heeltyd kyk ek na julle mooi huis en dink hoe aaklig dit moet wees om elke keer die meubels te moet skuif. Te moet trek. Op Sans Souci waar ons vir baie lank gebly het, het die huis graag oorstroom as dit hard gereën het. Darem nie so erg soos julle s’n nie. Tog was dit telkens ‘n groot gemors.
LikeLiked by 1 person
Jy kan die storie maar geniet, Toortsie, dit hou ons op ons tone. En lyk my so een keer per dekade word daar baie mooi skoongemaak. Ek spot sommer, ek maak altyd skoon. En dit is nie lekker as dit oorstroom nie, maar eerder dit as wat die dam se wal bars. Dan sal daar massiewe skade oral langs die rivier wees.
LikeLike
Ja ek hoop regtig nie die dam bars ooit nie.
LikeLiked by 1 person
Dink darem nie gaan in ons leeftyd gebeur nie.
LikeLiked by 1 person
❤
LikeLike
Ek vertrou dat dit sterk gebou is en mooi daarna gekyk word.
LikeLiked by 1 person
Ek ook, daar is goeie bestuur sedert 2010.
LikeLiked by 1 person
Damme is ‘n baie noodsaaklike euwel. Ons is die droogste vasteland, drinkbare water, en al ons drinkwater is in damme of reënwaterbekkens. Wanneer hulle wel oorloop, toon hulle geen genade nie. Dit is goed as dit onder die dam oorstroom, maar wanneer dit bo die dam is, loop al die vloedwater oor die dam. een van die grootstes het ‘n kraak in.
LikeLiked by 1 person
O jitte, dit is juis waarvoor ons maar bang is. In Suid-Afrika is soveel korrupsie, mens weet nie of hulle die geld gebruik om die damme op te pas en reg te maak of vir hulle eie sakke nie.
LikeLike
Dit is ook nie so ‘n eerlike plek hier nie, ons moet net hoop gesonde verstand seëvier en hulle besef ‘n skoonmaak word duurder as om ‘n dam te herstel
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, Andrew.
LikeLiked by 1 person
👌
LikeLike
Christa, jy hou jou dam dop net soos ons die bos doen, vir brande. Ek dink ek verkies water bo vuur, net solank almal op hul hoede is vir die vloed.
LikeLiked by 1 person
The word was “dam” and ought to have translated as such.
LikeLiked by 1 person
Dit is net so in Afrikaans. We pronounce it different. It is a short a, like in apple.
LikeLike
-Ons spreek dit op dieselfde manier uit, dis net dat die simpel vertaler vir my die woord ‘dam’ gegee het – ek het nagegaan en dit moes my dam aanvaar het. Dit blyk dat hulle uitruilbaar is.
LikeLiked by 1 person
The word ‘pond’ I intended
LikeLiked by 1 person
Okay, dit is dammetjie in Afrikaans. Klein dam.
LikeLiked by 1 person
Goed, dit is dammetjie in Afrikaans. Klein dam. – “A ha! Ek sien die lig – nie te nat nie, maar lig,” het dit gisteraand hier gegiet maar al die reënwater het in die sand weggeloop en ons tuin droog gelaat. Die weerlig was aaklig en dit het die TV-sein uitgeslaan.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, I did not realise that you also get lightning, it was quite bad the past few days here as well.
LikeLike
Yes. We get some terrible storms,sometimes dry storms with thunder and lightning ⛈
LikeLiked by 1 person
We too, but less where I am living now. Lightning is quite scary when it is close by, I love to watch lightning from a distance. Wish I could take nice photos of lightning.
LikeLike
Genugtig, Andrew, ek is geneig om met jou saam te stem. Vuur is erger. Gee ook baie minder tyd.
LikeLike
Agreed. Dit is verby 02:40 so ek moet gaan slaap, ek het in die rekenaarkamer ingekom met die bedoeling om af te sluit en jou antwoorde gesien. Goeiemôre van my
LikeLiked by 1 person
Oe ja, Andrew, ek vergeet dat julle so ver voor ons is. As ek reg onthou, is julle 8 ure voor, maar kan anders wees omdat my sus in Queensland is.
LikeLike
Ons is 9 ure voor, want Queensland het nie Day-light-Saving nie.
Ek het nooit vermoed jy het familie hier nie. My suster woon aan die Goudkus
LikeLiked by 1 person
Hi Andrew, my suster en haar gesin woon aan die Sunshine Coast. Hulle is nou seker so 13 jaar is Australië. Ons het in 2010 gaan kuier en toe vloed ons huis terwyl ons weg is.
LikeLiked by 1 person
I arrived in Sydney on 1st Jan 1967 from England. It took 6 weeks.
LikeLiked by 1 person
Wow, Andrew, that is awesome. I asume by ship? Why did you choose Australia?
LikeLike
It was by default, there were three children in the family and New Zealand would only take families with 2. So we came to Australia. My mother had a job to come to.
We ran a small General Store in England which,due to a Coal Miners’ strike was gradually f
LikeLiked by 1 person
Interesting, Andrew, it must have been an amazing journey.
LikeLike
It was. We did have to go to school, which was mainly Geography and a Journal. I received a prize,- Madame Tussaud for coming top of the school. We were one of the last ships through Suez before it was closed.
LikeLiked by 1 person
O my word, Andrew that is interesting times. Why did you not look at South Africa as alternative? and did you leave a sweetheart behind? I am curious, my 5-year old grand child left one behind when they moved to another province.
LikeLike
As I said before the phone closed itself, our Grocery shop was failing. Harold Wilson had become PM,which incensed my father and Dada decided we were leaving. It was a longish process to be accepted but we were and left England by boat. I was almost 13.
LikeLiked by 1 person
It is interesting, I was seven in 1967, went to school that year.
LikeLike
I began school in 1959
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor hierdie foto’s en hul stories. Miskien moet ek kommentaar by my eie plasings voeg?
LikeLiked by 1 person
Jy moet, dit is nogal lekker.
LikeLike