Gepubliseer in Reisjoernaal

As dit soos melkskommel lyk in Almaty

Vanmiddag is ons bank toe. Oorkant die straat by Ramstore. Om na ‘n jaar uiteindelik die toep op my foon in te stel. Dan hoef ek nie teller toe te gaan om te kyk hoeveel geld ek in die bank het nie. Dit gaan toe vinniger as wat ons gedink het. Al het ons en die bankbestuurder mekaar skaars verstaan.

Lees voort “As dit soos melkskommel lyk in Almaty”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders

Ag my aarde, van die eerste keer wat ek in Ust’-Kamenogorsk, of Öskemen, in die noord-oostelike hoek van Qazaqstan aangekom het, het die voetgangers se ongeërgheid my gefassineer. Hier word nie op skool geleer om links, regs en dan weer links te kyk voordat jy oor die pad stap nie.

Lees voort “Voetgangers in Öskemen – algehele vertroue in bestuurders”