Gepubliseer in Reisjoernaal

Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan

Vanaand is manlief lus om ver te stap om iets te gaan eet. Dan kry ons mos sommer ons suurstofvlakke op, so sê hy. Dit sal 100% wees as ons fiks is. Ons is nie fiks nie, maar 97% is goed genoeg vir my as dit onfiks beteken. Hy is sommer lus om 6 km te stap. Ocean Basket toe en terug.

Waarom ons ‘n Dusty het, weet ek nie. Ons stap oral, behalwe na Metro toe. Dit is te ver, jippie, en ons kan die swaar goed mos nie huis toe dra nie. Verder stap ons. Oral. Nie net ons nie. Almal stap.

Ewenwel, ons besluit toe ons stap nie so ver nie, ons eet iewers nader aan ons. En glo my, as ons ‘n jaar hier is, gaan daar steeds restaurante wees waar ons nog nie geëet het nie.

Dus stap ons na Colibri toe. Ek het gehoor dat daar lekker eetplekkie is, Local is sy naam.

Die keer het ek besluit ek gaan net soppe bestel as ek uiteet. Die borde kos is net te groot om lekker te voel as ons klaar geëet is. En die 2 km terug huis toe is nie genoeg om op te maak vir die te veel eet nie. Ek het dus Borscht bestel.

Borscht is ‘n sop wat van gerasperde kool, beet, en aartappels gemaak word. Dit kan selfs baie pienk wees. Ek het al my borscht resep vir Thermomix gedeel. Dink ekke. Sal weer moet gaan kyk. Dit is lekker verby. Soms sit hulle vleis in. Myne het piepklein blokkies vleis ingehad. Vier sou op my pinkienael pas.

O ja, iets waaraan ek gewoond raak is Almaty is dat hier grasperke is. Kyk die mooi gras agter my. Ons sit mos buite op die stoepe, mag mie in die restaurante eet nie. Hier word dit blykbaar nie so koud nie, dus kan grasperke oorleef. Met nie so koud nie, bedoel ek Ust se -38 grade Celsius. Dit word hier wel baie koud. Sneeukoud.

Dit is die ongelooflikste vakansie gevoel in hierdie stad. Die berg is hier, die bome is hier, ek soek net na die see. Maar daar is geen see nie, wel mere in die berge. Wat ons nog beslis gaan besoek. As ons mag?

Hooffoto: Ligte by Colibri sentrum, nogal boutique sentrum. Ek verstaan dit is duur sentrum, die ete was nie te duur nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Local is lekker … in Almaty, Qazaqstan

    1. Daai is waar, dit is hoekom die naam bekend gevoel het. En toe gaan soek ek dit. Hummingbird ….
      In Native American culture, hummingbirds are seen as healers and bringers of love, good luck, and joy. In Central America, they are a sign of love and will bring love to the person who spots them. The hummingbird generally symbolizes joy and playfulness, as well as adaptability.

      Like

  1. Christa,noudat jy praat van die borscht…my ma se laaste reis was Rusland toe en terug in Suid-Afrika het sy by geleentheid vir ons borcht en Vodka voorgesit. Dis fantasties om te hoor van jou ervarings daar in die verte.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.