Gepubliseer in Reisjoernaal

Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …

Ek het toe die materiaal vir die romp en bloes gekry. En dit lyk my ek het te lanklaas klere gemaak. Want ek stap nooit uit ‘n materiaalwinkel sonder die regte kleur garing in my sakkie nie. Die keer het ek wel. Miskien omdat manlief saam was?

Lees voort “Om garing in Almaty te kry is soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek …”
Gepubliseer in Reisjoernaal

Lapwinkel in Almaty Qazaqstan

In Ust’-Kamenogorsk was dit ‘n stryd om materiaal te koop. Ek kon twee piepklein plekkies opspoor, elkeen met minder as twintig keuses van lap. Tog kan mens ‘n naaimasjien in elke liewe winkel koop, van Sulpak tot Mechta tot Technodom – die groot winkels wat toestelle en huisware en tegnologie verkoop.

Lees voort “Lapwinkel in Almaty Qazaqstan”