Mieliepap in Almaty, Qazaqstan

Ons soek al van ons na Qazaqstan getrek het mieliemeel om mieliepap te maak. Manlief is ‘n vreemde spesie, tuis het ek selde pap gemaak. Selfs as ons braai. Hier sal hy sy voortande gee vir mieliepap. Miskien omdat dit eg Suid-Afrikaans is.

Hier is ‘n pap wat vir my soos mieliepap proe. Mannah. Geen en wit mannah. Ek is nie seker waarvan dit gemaak word nie, maar manlief is oortuig dit proe nie soos pap nie. Ek geniet dit om dit te maak, drie minute en ek het pap op die tafel.

Hier is grof gemaalde geel mielies. Voel en lyk nie soos meel vir pap nie.

Vir my grof genoeg om vir kuikens te voer. En o my gits, nou weet ek presies waarom ek nie daarvan hou nie. Eintlik sommer glad nie daarvan hou nie.

Dit is in my gedagtes hoenderkos. Kuikenkos.

Ek kry noudat ek tik en oor die saak dink terwyl ek tik die idees in my kop. Herinneringe? Gedagtes? Ek kan dit selfs ruik. Teruggevoer na die 1960’s en vroeg 70’s. Na ons plasie by Modderfontein. ‘n Opstal. Klein, met ‘n stoep by die kombuis. En op die stoep het my ma kuikens grootgemaak. Of het hulle net saans op die stoep in ‘n hok geslaap?

Maar dit is die reuk van mielies in ‘n honderhok vir geel kuikens wat ek kry as die meel gaar word. En om een of ander rede maak dit my naar. Nie naar soos siek word nie. Eerder naar soos dit is vir kuikens. En omdat ek amper die reuk van kuikentjies in my neusgate kry terwyl en die mielies in die water gooi.

Ewenwel, ek gaan met my pa moet praat om seker te maak. Ek verbeel my daar was ‘n arm tyd in Suid-Afrika toe mens nie wit meel kon koop nie. En toe het ons ook geel mieliepap gehad. Dit was toe vir my lekker, ek dink dit was seker omdat dit nie so grof soos kuikenkos gelyk het nie.

So koop en Saterdag ‘n pak ontbytpap by Metro.

Koekoeroeznaja, so word die woord uitgespreek. Growwe meel, maar anderste manier om gaar te maak. Lyk heel eenvoudig om gaar te maak. Haal die sakkie uit, sit dit in ‘n pot met kookwater en laat gaar stoom. So in die sakkie. Die sakkie is vol gaatjies dat die mielies gaar kan word.

Dit word so maklik gaar. Niks brand aan nie, die pot maak ook maklik skoon daarna.

Dit lyk egter nie soos op die prentjies op die boks nie. Gooi nie soos suiker uit nie. Inteendeel, dit pof die hele sakkie vol en skep moeilik uit as dit warm is. Koud gaan mens dit ook nie wil eet nie, skat ekke.

Ek is teleurgestel, ek dog dit gaan iets soos koes-koes wees. Toe is dit meer iets soos stywe pap.

Manlief dink egter dit is nie lekker nie. Ek kan nie proe nie, dan is ek siek vir week. Snaaks hoe mens aanleer om melk, mielies, meel en eiers uit jou dieet te haal. As dit jou siek maak.

Ek gaan egter met die pap speel. Dalk korter stoom? Dalk uithaal as dit gaar is en botter inroer om die idee van plaaspap te gee?

Maar ek dink nie ek gaan manlief hier kan oortuig nie. Want – hy het klaar gesien wat ek met my Thermomix kan doen.

Mens kry die growwe mielies ook in klein pakkies, amper so groot soos klein pakkies Basmati rys in Suid-Afrika. Dan gooi ek ‘n deel in die maatbeter en turbo dit so paar keer op 2 sekondes. Om fyn gemaalde geel meel te maak om pap te maak.

Ek hou van die geel kleur, sal waarskynlik geel meel gaan soek in Suid-Afrika. Kry mens dit nog? Ek het net wit meel gekoop toe ons daar gebly het. Dalk kry mens te koop?

Ek vermoed egter dat manlief sal aandring op wit mieliemeel. Die geur en reuk en smaak waaraan ons gewoond is. Dit wat hy eintlik soek as ek pap maak.

Want – hierdie pap ruik so bietjie soos nat hoenderkos …

Hooffoto: Ek het die soet kastanjes saam met die meel gekook. Dalk moes ek nie?

13 gedagtes oor “Mieliepap in Almaty, Qazaqstan

      1. Net soos ons gewone slap pap gaar maak. Die smaak – soos ek onthou – was ‘voller’ (soos sonskyn). Nou lag ek want ek het dit lank …. laas geproe!

        Like

  1. Op n stadium gedurende die droogte in tagtigs was daar geen wit mieliemeel beskikbaar. Dit het begin dat dit gemeng is met wi en later was dit suiwer geel mieliemeel. Dis maar selfde gaargemaak as die wit mieliemeel. Slappap of stywe pap, hang af. Ons was pap eters soggens en met braaivleis daardie tyd.

    Like

  2. Ek onthou ook die streepsak met mieliepitte vir die hoenders. Dit was my taak om die goed kos te gee. Daai stof wat uit die sak uit gekom het sodra jy die maatemmertjie volgeskep het, het my altyd laat nies. En daar was ‘n kwaai hoender wat haar bek (mes) ingehad het vir my.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.