Gepubliseer in Reisjoernaal

Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik

Mia vertel my al so lankal van Wildberries. ‘n Baie groot aanlynwinkel in Qazaqstan. Waar jy enige iets kan koop – van sekere kos tot klere tot toestelle. Ek gaan juis vandag my hidrometer afhaal. Om hierdie droë lug te toets.

Dit werk baie anders as ander aanlynwinkels, hulle het in die meeste stede klein winkeltjies. Amper eerder ‘n groterige hokkie, met ‘n toonbank en drie of vier aanpaskamertjies. Ek vertel ondertoe hoe dit werk.

In al die tyd wat Mia naby my was om te verduidelik hoe om dit te doen, het ek nie ‘n behoefte aan koop gehad nie. En toe kom my verjaarsdag, so in die grendeltyd. En ek laai die toep af, want ek wil ‘n rok koop, maar ek verstaan niks. Alles is in Russies.

Prentjies help eers na baie moeite. As jy op ‘n afdeling op die kieslys lukraak kliek omdat jy nie weet wat dit is nie, gaan nog ‘n kieslys oop en kies jy weer, dan gaan nog een oop. Eers so teen die vierde kliek sien jy prentjies en weet jy wat jy gekies het. Om uit te vind dat dit nie is wat jy soek nie.

Dit is egter nie ‘n probleem nie omdat Wildberries op my rekenaar gebruik kan word. Ek gebruik die Chrome webblaaier, want Chrome vertaal die webblad en sy inhoud vir my. Sommer so vanself. Die adres is wildberries.kz.

Dan kan ek in Engels lees en sien wat ek koop. Anders gaan dit mos dae lank vat om iets te kry. As ek eers moet vertaal. En kophou soos ‘n weeluis om te weet waar ek al gekliek het.

Dit werk so. Jy gebruik die toep op jou selfoon om aan te sluit. Hy is mos Russies. En jy moet jou naam in Russies kan spel. Myne sommer gechristina omdat hulle кристина ken. Ek kan help as jy nie jou naam in Russies kan skryf nie. Jy kies ook die Wildberries tak naby jou om jou goed te gaan afhaal wanneer jy registreer. Dit gee ‘n kaart, maar jy kan ook op 2GIS wildberries intik en so kyk watter een naby aan jou is. Dan kies jy sy adres op die toep. En jou goed word daarheen gestuur.

Groot foto onder: Sien, mens kan in Engels lees op die webblad.

Jy gaan dan deur die katalogus, bestel wat jy wil hê, betaal en dan wys die toep vir jou wanneer jou goed in die winkeltjie naby jou beskikbaar gaan wees. Dan gaan haal jy dit daar af. Dit kan gekoerier word ook. Maar daarvoor sien ek nie weer kans nie.

Met ons pakkie van Suid-Afrika af, het ons die oggend 8 uur boodskap van DHL gekry dat hulle op pad is met pakkie van SA – en toe kry ons dit eers 18:00 die aand. Nadat ek ‘n paar keer gebel het om te probeer uitvind. Want ons wou uitgaan.

Nee wat, ek gaan haal dit maklik by die winkeltjie af.

Jy kan die aankoms van die goedjies die hele tyd op die toep dophou. Sodra dit daar is, kry jy boodskap op jou foon. Dan gaan jy na die winkeltjie, pas aan en as iets nie mooi pas nie, kry jy jou geld terug.

Aanvanklik kon mens bestel, aanpas en net betaal vir die goed wat jy neem. Maar ek vermoed mense het die stelsel bietjie onder druk geplaas. Drie groottes van ‘n rok of broek of hemp bestel, waarvan ‘n klomp by die betrokke aanpashokkies moes agterbly. Nou betaal jy vir alles wat jy bestel. Maar, as dit nie pas nie, kry jy wel jou geld terug.

So volg ek die toep die week om te weet wanneer my goed daar gaan wees. En was dit nie lekker om die plekkie te gaan soek nie! In te gaan en die proses deur te loop nie. My goedjies was sommer so oop en bloot, elkeen in ‘n sakkie. Ek het die rok so gekyk en besluit hy pas, wou nie daar aanpas nie. Maar daar is aanpaskamers met spieëls, jy kan rustig kyk en pas voor jy uitstap met dit wat jy wil hou.

Nog ‘n lekkerte is dat dit aankom soos dit beskikbaar is. En nie wag tot alles beskikbaar is voordat dit gestuur word nie. Ek moet nou wel meer as een keer gaan, maar ek hou van die proses.

Het klaar weer bestel. Swemhanddoeke uit Kazakhstan vir my kleinkinders. En ‘n verrassing vir manlief. En ietsies vir my, wat natuurlik tee insluit. Ek kon ‘n pakkie Curtis bestel, kry dit nog nie hier nie.

Die pryse is goed. En vir my vriendinne wat groter groottes soek, gaan kyk gerus. Daar is mooi goed vir julle. Groottes is bietjie moeilik, maar daar is ‘n skakel waarop jy kliek om te kyk hoe die groottes werk.

Moenie skrik as jy jou grootte moet kies nie. Want dit begin by nommer 42. Hierdie nommer 32 of small dra ‘n Russiese 44! My hart het gesukkel om te glo dat dit gaan pas. Maar dit doen. Ek is gek oor die rok wat ek gekry het. Dit pas volmaak. En is van goeie materiaal gemaak.

‘n Ander lekkerte is dat ek gereeld sien dat ek baie afslag gekry het op die produkte wat ek gekoop het. In winkels gebeur dit selde omdat my grootte altyd uitverkoop is. Met baie te klein of baie te groot volop op die hangers.

Ek hou nogal daarvan dat regte vrouens die rokke aan het en dat jy die rok van alle kante so aan haar kan beskou. Ek het nogal geweet dit gaan pas toe ek sien hoe dit aan ‘n mens pas.

Ek dink ek is bietjie verslaaf. Het tweede keer bestel al wag ek nog vir dele van die eerste bestelling. Dit is net so lekker om iets te bestel. Rustig vanuit my huis. En te mag omruil as dit nie pas nie.

Hier word nie maklik omgeruil nie … Vra maar vir Mia, sy is ‘n paar keer deur die omruilproses.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Wildberries se aanlyninkopies in Qazaqstan is maklik

          1. Richard Wurmbrand, also known as Nicolai Ionescu (March 24, 1909 – February 17, 2001) was a Romanian evangelical Christian minister of Jewish descent. In 1948, having become a Christian 10 years before, he publicly said Communism and Christianity were incompatible. As a result, he experienced imprisonment and torture by the then Communist regime of Romania, for his beliefs. After serving a total of fourteen years, he was ransomed for $10,000. His colleagues in Romania urged him to leave the country and work for religious freedom from a location less personally dangerous. After spending time in Norway and England, he and his wife Sabina, who had also been imprisoned, emigrated to America and dedicated the rest of their lives to publicizing and helping Christians who are persecuted for their beliefs. He wrote more than 18 books, the most widely known being Tortured for Christ. Variations of his works have been translated into more than 65 languages. He founded the international organization Voice of the Martyrs, which continues to aid Christians around the world who are persecuted for their faith.

            Like

    1. Laat ek bietjie kyk? Ek dink Magdalena kan werk – магдалена. gou die vertaling getoets, dit is reg. Hou Google Translate se kamera oor die naam dan sien jy self. Wens jy kon, dit vat net telefoonnommers van hierdie land af.

      Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.