Die ontleding van sosiogramme om die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid op klasvlak te ondersoek

Daar is elke keer ‘n groot opgewondenheid in my as LitNet Akademies my werk publiseer. Dit is ‘n vinnige, professionele proses en ek is met albei kante van die proses vertroud.

As eweknie-evalueerder kry ek gereeld werk om te evalueer vir publikasie-doeleindes. Die grootste lekker daaraan verbonde is om so te weet wat tans brandpunte in die Suid-Afrikaanse navorsingsveld is. En om met ander navorsers se werk vertroud te raak, al weet hulle nie ek het dit gekeur nie. Want die proses word ‘n blinde proses genoem, die keurder en die skrywer word nie aan mekaar voorgestel nie. Dit is ‘n spanningsvolle proses, want mens moet mooi lees om seker te maak daar gaan nie onnodige foute deur nie. En ‘n ander evalueerder kan dalk glad nie met jou oordeel saamstem nie. Maar, dit is die spanning werd.

Die skrywersafdeling is ook spanningsvol. Nie van LitNet se kant af nie, daardie kant is professioneel.

Ek wik en weeg altyd dae lank of die artikel goed genoeg is dat ek dit vir keuring kan instuur. Dan stres ek goed wanneer ek die knoppie druk om die artikel in te stuur. Sodra die redakteur laat weet dat dit na die volgende afdelings van die proses gaan (naamlik evaluering) ontspan ek so klein bietjie. Want soms kry ek terug om goed reg te maak wat ek mis gekyk het. Later ontspan ek sommer heeltemal tot die e-pos met die resultate so maand of twee daarna in my e-posbus land.

Dan kan ek myself nie kry om dadelik oop te maak nie. Ek maak eers seker ek is OK daarmee as dit nie aanvaar word nie. En datek alleen is as die uitslag negatief sou wees. Dus slaap ek dikwels eers voordat ek die e-pos oopmaak.

Die heel eerste keer was dit ‘n nee, maar die kommentaar het my gehelp om te verstaan waarom. Toe maak ek reg en stuur weer in en dit word geskik verklaar. Ek stres elke keer vir ‘n negatiewe uitslag want ek werk in ‘n veld wat nie so bekend is nie – naamlik sosiale-netwerk-analise. Of die ontleding van netwerke van verhoudings om die impak van verhoudings op menslike gedrag te verstaan.

Ek het gelukkig met my PhD, of nee wag, eintlik met my Meesters, geleer om die evalueerders se oordeel te vertrou. Die prof van my meestersgraad het nie teruggegaan nie, as ‘n hoofstuk klaar is, is hy klaar. Al het ek beter inligting ontdek. My PhD prof was ‘n geskikte kandidaat vir die werk omdat hy my toegelaat het om hoofstukke te redigeer, selfs nadat hy dit die derde keer goedgekeur het.

Want sien, mens kan so getroud met jou skryfstuk raak dat jy nie die kommentaar van evalueerders waardeer nie. Eintlik vir hulle verkeerd wil bewys. Dit is my werk, dit is hoe ek dit wil skryf. Daarom sukkel ek nogal om ander skrywers met hulle werk te help. Hulle dink gewoonlik ek dink hulle is nie goed nie as ek foute regmaak en sinne verander. Hulle verstaan nog nie dat dit ‘n evalueerder se werk is nie. Behalwe my suster. Sy stuur weer en weer omdat sy my oordeer vertrou. Ek weet ten minste wat goed genoeg is. En wat nie. So aanvaar ek my evalueerders se kommentaar, hulle sien goed raak wat ek nie gesien het nie, en vra vrae wat die lesers sou vra as hulle dit nie gevra het nie. Enkele kere moes ek laat weet dat ek nie saamstem nie. Meestal het hulle belangrike vrae gevra.

Dus waardeer ek die terugvoer, gebruik ek dit om die artikel nog beter te maak en stuur ek dit weer in as ek tevrede is met die veranderinge. Die eerste keer was my moed gebreek, het ek dit net so in die inboks gelaat. Toe kontak die redaktrise my so na ‘n maand, het sy dit al teruggekry? Toe is ek weer gereed om die taak aan te pak. Nou doen ek dit dadelik. Ek wil nie ander mense se tyd mors nie.

Gewoonlik word dit dan aanvaar, dan moet ek ‘n lang Engelse abstract skryf.

Ek wens elke liewe keer ek doen dit in elk geval nadat die artikel ingestuur is, maar nee, ek wag. En dan moet die Engels vinnig en maklik kom. En moet ek my taalversorger druk om die Engels vir my deur te gaan. Sy is al gewoond daaraan. Dit help ook dat sy my eie dogter is. Sy is ‘n gesoute taalversorger, doen baie werk vir AOSIS wat verskeie Afrikaans vaktydskrifte publiseer.

Gelukkig lyk dit nie soos bloedrivier nie, my Engelse akademiese taal kom al gemakliker. Voel altyd so effens simpel as my dolla foute kry, maar ek besef dit is haar werk. Sy moet, sy heg haar naam aan die werk. Eintlik dink ek taalversorgers se name behoort by artikels gepubliseer te word. Hulle is lewensredders.

Ek sal altyd in Afrikaans op my gemak wees. Altyd help om die taal as akademiese taal te help uitbou. En dit kan ek met die hulp van LitNet Akademies doen. ‘n Pluspunt is dat ek nie bladgeld hoef te betaal soos by baie van die ander Afrikaanse vaktydskrifte nie. Ek werk nie, my navorsing kom uit my eie sak. Ek kry wel by die universiteit waaraan ek as navorser verbonde is betaling as artikels gepubliseer word, maar dit geskied eers in die Desember van die daaropvolgende jaar. Dus kan ek nie regtig bekostig om te betaal dat my werk gepubliseer word nie. Dit voel buitendien verkeerd om te betaal om werk gepubliseer te kry, maar dit dek die bladgeld vir gedrukte plasings.

***

Kliek gerus op hierdie skakel. Dit is my nuutste artikel, het so pas aanlyn verskyn.

En ek is nogal trots op hom. Ek verduidelik hoe ek sosiale netwerk analise gebruik het om te kyk na die verhoudings wat in klasverband gebou is terwyl my afstandstudente mekaar gehelp, ondersteun en gemotiveer het om aan te gaan.

17 gedagtes oor “Die ontleding van sosiogramme om die ontwikkeling van positiewe interafhanklikheid op klasvlak te ondersoek

  1. Dit was geweldig interessant. Nou het ons ‘n kykie gekry in jou werk. Die deel wat my verbly het, is dat jy steeds Afrikaans as akademiese taal wil bevorder. Dankie!
    Dit is ook lekker om te lees kwaliteit is vir die meeste akademici steeds baie belangrik!
    Doet zo voort!

    Liked by 1 person

  2. Dis vir my baie interessant uit meer as een hoek. Ek gee self aanlyn lesings vir studente en toevallig skryf ek op die oomblik ‘n blog artikel oor my eie geneigdheid om nie in groepe te werk nie. Sal jou opinie wil hoor as ek dit op die blog sit

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.