My skoondogter kan ‘n lekker aartappelgereg maak. So lekker dat manlief gereeld hoop dat ek dit ook kan doen. Maar wat is nou lekker daaraan om dit so goed soos sy te kan doen? Dan geniet hy die kos mos nie so baie soos wanneer ons by seun en haar eet nie. Maar hy probeer gereeld.
Sy bestelling vir die braaivleis op my verjaarsdag (Maandag 17 Augustus) was eenvoudig. Hy soek aartappelgereg. Want vir die pap hier sien hy net nie meer kans nie. Siestog, ek sal moet probeer om ‘n beter taak daarvan te maak.
Bel vir raad met die aartappelgereg sou ek nie kon nie, want dit wat sy in Suid-Afrika gebruik, is doodeenvoudig nie hier beskikbaar nie. My suster in Ausieland is verstom, is daar nie ‘n SA winkel in Almaty nie? Ja, hoor, die mense weet nie eens waar Suid-Afrika is nie, hoe gaan hulle Suid-Afrikaans kos hier verkoop?
Wel, ook nie so min nie … hulle beskou Tall Horse as Suid-Afrika se lekkerste wyn. Ons gaan die mense nog moet leer van wyne, aan Suid-Afrika se beste wyne voorstel.
So is ons na Metro en verskillende winkels, en oral het ek iets te koop gekry wat dalk net in ‘n aartappelgereg kan kom. Om dalk tog aan skoondogter se gereg te herinner. Die ding is, ek kon dit darem nog eet voor ek besef het wat my maag so lelik omkrap. Die laktose daarin!
Nou moes ek maar hoop dat die smaak reg is. Toe ek weer sien, proe ek maar aan die rou bestanddele. En dit was hemels, al is ek nou weer ‘n paar dae lank siek as gevolg van die geproe aan laktose …
Manlief was gaande oor die gereg, het meer as een keer opgeskep. En toe hy weer kon opskep, het hy slegs die aartappelgereg gekies. Dus deel ek die resep as iemand in Qazaqstan dalkies ook die aartappelgereg wil maak. In Suid-Afrika kan die bestanddele aangepas word soos wat die produkte daar te koop is.
***
Bestanddele
- 8 groot aartappels
- 1 blik knopie sampioene (helfte as dit groot blik is)
- 2 bakkies room (sien 2 foto’s boonste ry)
- 1 bakkie roomkaas met sprietuie (sien twee foto’s laaste kolom)
- 1 Maggie pakkie vir aartappels
- 1 bottel herfsslaai (as dit nou reg vertaal het, by Metro te koop)
- cheddar kaas
- 1 medium grootte tertbak
Let wel, daar is 2 soorte van die bottels slaai. Kies die donkerste een, die ligte oranje een is meer kool en so aan. En smaak anders, maar dit is nie sleg nie. Dit is heerlik.

Die herfslaai is heerlik op sy eie, ek geniet dit saam met al my etes. Interessante smaak, laat mens aan Indies dink. Sonder die byt. Dalk aan samoesas?
Metode
- Sny 8 groot aartappels in dun skywe, sit in kastrol, bedek met water en kook tot gaar.
- Meng 2 bakkies room, 1 bakkie roomkaas met sprietuie en inhoud van Maggie pakkie vir aartappels goed.
- Pak ‘n laag aartappels
- Vul gapings met lagie sampioene,
- Smeer dun lagie herfsslaai bo-oor
- Smeer dan die mengsel van roomkaas, Maggi en room bo-oor.
- Pak die lae weer en weer indien nodig.
- Daar sal nog baie van die herfsslaai oorbly, ek geniet dit vir middagetes.
- Pak lae tot die bak amper vol is.
- Maak toe met foil.
- Sit in louerige oond om die kaasmengsel warm te maak en hou in die oond.
- Strooi die gerasperde kaas so uur voor die ete oor die gereg en sit weer in oond om te smelt.
- Bedien warm
Nota: Ander kos kan saam met die gereg in die oond warm gehou word, byvoorbeeld wors, pap en so aan.
Hoop jy geniet dit soveel soos wat my man het. Syne is in ‘n ander bak gemaak, sonder die lae sampioene. Hy is, volgens homself, allergies vir mushrooms …
Klink lekker,Christa.Wat kom alles in die herfsslaai?
LikeLike
Ek sal. oet probeer vertaal. Mens koop dit so in die bottel. Laat ek foto neem en kyk …
LikeLike
Ta
LikeLike
Ek het die vertaling gestuur. Tamatie, uie, soetrissie, wortel, knoffel, groente olie, suiker en sout. Die wortels is in repe, die res klein stukkies. Nie te sappig nie, mors nie as mens opskep nie.
LikeLike
Dankie,dankie!!
LikeLike
Dit gaan baie oor die smaak, ek is nie seker watse speserye in is nie, nmaar beslis die goed wat in samoesas is. Brand glad nie, maar is beslis ‘n Indiese idee as ek dit moer beskryf.
LikeLike
Dalk sal cumin of jeera werk.
LikeLike
Hmmm, laat weet my asb as jy die smaak kry daarmee.
LikeLike
OK.Ek het vir jou ‘n lekker poeding! Jan Braai se wortelkoek gebak soos potbrood in ‘n platboompot tussen die kole (ook kole op die deksel).
LikeLike
Jy gaan vir my moet stuur. Ek is gek daaroor, manlief nie. Maar ek gaan by die huis maak vir my kinders.
LikeLike
Ek sal.Dit smaak heerlik.
LikeLike
Dit klink baie lekker! Ek wonder ook wat alles in die herfsslaai is sodat ek kan na-aap! 💙
LikeLike
Ek weet net nie wat die smaak gee nie. Letty-Anne dink dit kan cumin wees. Ek gaan moet proe en soek. Dit het ‘n gelerige kelur, dus kan daar paprika ook in wees. O my word, ek dink ek weet. Laat ek gaan toets.
LikeLike
Baie, baie geluk met jou verjaarsdag hoor! Nou is jy in my liga. Kan ons foto’s van die rok kry? En ‘n lang vertelling van hoe jou verjaarsdag was? 💙
LikeLike
Ek gan dit moet doen, dink ek. Baie dankie Gedigte
LikeLike