Ek lees nog so lekker toe ek op die een aflom wat sê dat ek baie meer verkeer as gewoonlik kry.

Natuurlik was ek eers opgewonde. Sjoe, dit is die eerste keer wat ek iets deel op my FB en almal dadelik begin lees. Dan tref dit my dat dit nie my artikels is wat soveel aandag kry nie, maar my profiel, my tuisbladsy.

En onmiddelik is ek in een groot “flat spin.” Spring speurder Christa na die voorgrond.
Wat kon ek geskryf het wat mense in hulle honderde na my tuisblad sou neem? Dit is baie, baie meer as gewoonlik. Waarom is hulle in my profiel geïnteresseerd? Van waar is hulle?
Mensig, toe is ek op paniekstasie. Waarom sou my profiel soveel kyke in Qazaqstan gekry het? Wie lees meer oor my? Waarom?

Toe fynkam ek die artikels wat al gelees is vir die dag. Laaste Vrydag? Waarom sal dit soveel mense in Qazaqstan beïnvloed om na my profiel te wil gaan?
Terwyl ek lees, kom ek agter dat ek die woord “coronamouna” gebruik het om na die pandemie en die nuwe inperkings te verwys. Ons is terug in erger ingeperk. Dadelik word alles vervang met die woord “pandemie” wat dit sagter op die oor maak. Nou sal dit seker ophou?
Ek skryf verder aan my artikel oor hoe ek towerin geword het, en gebruik Safari om op en af te blaai deur die artikels wat ek al geskryf het. Om my verhaal te verel, maar ook skakels te kry na van die towerin geskrywery.
Maar my hart pomp in my ore en elke nou en dan gaan loer ek na die statistiek. Staan dit darem al stil? Het ek enige wette oortree? Maar ek sien nie dat my plasing verder gedeel is nie. Dit is mos een manier waarop mense mense te na kom. Om hulle goed op sosiale media in ‘n negatiewe lig te gaan deel. Dus moet dit iets anders wees wat veroorsaak dat my tuisblad soveel aandag kry.
En as ek weer kyk, is dit nog meer besigtig.

Die Suid-Afrika se statistiek kan ek optel. Hulle lees my artikels. Die Qazaqstan is onverklaarbaar. Toe ek weer sien, is daar amper 800 kyke.
En ek besluit om nie paniekerig te raak nie. Daar moet ‘n logiese verklaring wees. Ek steek eerder my kop in die sand. Speel Volstruis. Anders kan my gedagtes my laat oppak en daarme bedoel ek glad nie die oppak om môre na Almaty te gaan nie.

My tuisblad het my CV in Engels en Afrikaans. Die persoon wat dit lees, sal dalkies net deur my akademiese skryfwerk beïndruk kan word. Wat kan help om die angel uit my gewone skryfwerk te trek. Maar sal dit geld in hierdie pandemie-getrefde wêreld waarin ek tans verkeer? Waar jy binne ‘n dag voorbladnuus kan word? Oor ons towerinne se “coronamouna” woord wat ek sommer in my eie artikel ook gebruik het.
Kan ek as verdediging gebruik dat ek erg getref word deur Rona-mouna-corouna? Sal iemand verstaan?
Ek is bevrees my brein sê, нет (nee!), jou laaste woorde het die grootste impak. Jy staan of val by jou laaste woorde.
Iets wat ek altyd vir my man gesê het toe hy nog soos ‘n maniak gejaag het. My laaste woorde op aarde kan nie ‘n vloekwoord wees nie. Ek het selfs skoktaktiek gebruik: My oog en neus en bloed moet nie soos in die gedig oor die busongeluk by Henley-on-klip van die gras en teerpad afgeskraap word nie. Ek wil nie so doodgaan nie.
Daai was vrees vir die woorde waarmee ek die aarde verlaat, om voor God se troon te staan en te probeer verduidelik dat dit nie my skuld is dat ek so gevloek het nie.
Regtig hoor, ek dink nie mens het in daardie oomblik kans vir enige iets anders as O f😊 … nie. Maar dit mag nie my laaste woorde op aarde wees nie. Manlief het intussen in so mate mooi begin ry dat ek boek kan lees sonder om sy oorywerige mededrywer te wees. Aan my kant was die matjie seker al stukkend getrap, soos ek probeer briek het namens hom. Nou is dit ‘n fees, ek kan selfs aan die slaap raak. Nou voel ek veilig by hom in die kar.
Ieder geval, ek was wit geskrik. Kan nie vir manlief sê nie, hy sê hoeka ek skryf twak op my blog. Al het hy nog nie een gelees nie. Ek wonder soms of van sy vrinne vir hom uitvra oor iets wat ek geskryf het. Baie mans geniet dit mos om te stook. Ek moet egter eers die oorsaak van die drama kry. Intussen skryf ek verder en bekyk die opganende stats. Ek is beslis ‘n onderwerp vir besigtiging. Maar waarom?
Toe besluit ek dat dit ‘n WordPress fout is.
Ek gaan my nie daaraan steur nie. Buitendien, die Bybel sê ek moet my nie oor die dag van môre kwel nie, wat kan ek daaraan doen?
My gedagtes sê ek kon baie doen. Ek kon coronamouna uit my gesprek gehou het. Maar nee, Christa kla oor die strenger inperkings. Ekke wat nie my woord in ‘n hof sal kan doen weens ‘n gebrek aan kennis van die taal nie. Spasieba (dankie) gaan my nie red nie.
Intussen gaan die stats op. En Qazaqstan is die bron van besigtiging van my tuisblad. Toe ek na die blog se statistiek op die web gaan kyk, het dit al met meer as 1000 gestyg van die vorige dag wat dit met enkelgetalle opgegaan het. Dit is dan so? My blog kry ongewoon baie kyke.

En dit het in die afgelope paar uur begin en bly opgaan. Soos die covid-statistiek wat bly opgaan al word mense gesond. En dit kom ooreen met die WP statistiek. Meer as 1 100 kyke na die tuisblad. Wat de ongeluk?

Toe besluit ek dat dit net een iemand in Qazaqstan kan wees. Ekke.
Nie duisende nie. Ek moes deur meer as 300 artikels op en af blaai om die artikel oor my begin as Towerin te kan skryf. En as ek drie keer van bo na onder geblaai het, kan dit maklik 1200 en meer wees. Want elkeen van die blogs laai soos ek op- en afblaai. Om skakels te kry om te deel. En om te verstaan hoe en waar alles begin het.
As mens so op- en afblaai, beskou WP seker elkeen van die artikels wat een na die ander oopmaak as ‘n nuwe kyk na die tuisblad? Want die tuisblad het al my artikels op.
En ek toets. Blaai bietjie af en kyk na die stats. Dit gaan meer op as wat ek gedink het ek gekyk het. En weer toets ek. En weer gebeur dit. Ek kan nie die moontlikheid uitskakel dat dit iemand anders ook lees nie.
Maar, ek skryf lekker aan die artikel oor my begin en ook oor die laaste Saterdag in Ust. Die getal styg stadiger, dit is na alles naweek en amper middernag. Ek gaan ontspan. Dit was heel waarskynlik ekke in Qazaqstan wat my eie tuisblad so bekyk het om ‘n artikel te kan skryf.
Vanoggend is dit weer laag. Net 9 en dit is al halftien. Nege gaan my nie pla nie, 33 mense het my blog besoek. Gister se duisend staan soos een groot, vet vinger uit.

Die kyke is volgens WP 97% minder as gister. En ek gee nie om nie. Dit kan 100% minder wees vir al wat ek omgee. Ek het my alie afgeskrik.
Ek dink ek kan begin ontspan.
Ek is heel waarskynlik die oorsaak van die onnodige skrik. Of liewer die artikel waaraan ekke so gewerk het om die bewolkte Saterdag om te kry, was die oorsaak van my skrik.
As jy egter ‘n kenner is, help my asseblief. Kan ek maar ontspan?
***
So van alie af skrik gepraat, ek het gister gewonder of Ust ons onder die alie skop omdat ons weggaan, maar nog nie die woord by die daad gevoeg het nie. Soos wanneer daar onweer is op die laaste dag by die see, om jou onder die alie te skop – reguit terug na jou huis toe. Of in hierdie geval – reguit na my nuwe huis toe.
Toe nie, die son skyn pragtig om my te herinner aan wat ek hier gaan agter laat. Ek is seker my heimwee gaan gou verdamp soos wat ek aan die nuwe stad gewoond raak. Maar veral as die temperatuur na subzero daal. En ek na Ust se super lae -38 kyk. Om te vergelyk! As dit baie minder subzero in Almaty is as in Ust. Ek weet van seer vingers as dit so koud word, dan sal ek dankbaar wees ek is 1000 km eg van Ust.
Hooffoto: Halfvyf Sondagoggend, 28 Junie 2020. Die dag voor ons Ust verlaat. Terloops, ek kan amper nie glo dat alles so mooi en groen om ons is nie.
Nouja lekker opwinding vir jou! Sterkte met d trek.
LikeLike
Dankie Seegogga, waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
‘n Teleurstelling in die begin, maar jy het die regte antwoord uitgewerk en jy kan nou gerus voel. Meskien sal jy hierdie artikel interessant vind: https://somethingovertea.wordpress.com/2020/01/06/virtual-validation/. Die kommentaar daarop het vir my baie geleer.
LikeLike
Ek gaan dadelik lees, baie dankie Anne. Jy help my altyd as ek vashaak, ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Dis spooky. Bly dit het nie met my gebeur nie. Hoop maar daar is goeie verduideliking.
LikeLike
Ek skat dit is ek self wat dit veroosaak het.
LikeLike
Dis nog erger as jy self dit veroorsaak het. Ooo as dit met my gebeur het en ek het my seun gevra om my te help met n oplossing sou hy net vir my sê wat kliek ma so waar ma nie moet nie.
LikeLike
Ek het nie. Ek dink die probleem het gekom omdat ek op twee webblaaiers gelyk gewerk het.
LikeLike
Is goed moontlik!
LikeLike
Ek het nooit gedink dat as jyself na jou blog gaan, dat dit tel as ‘n besoek nie. Sal in die toekoms bietjie oplet.
LikeLike
Ek oook nie Perdebytjie, dit is mos dom? Dan kan jy jou stats opjaag? En ek wil dit nie doen nie. Sql. ly wees as jy laat weet.
LikeLiked by 1 person
WordPress tel nie jou eie besoeke as ‘n view nie, tensy jy ‘n private blog het. Joune is public, dus dink ek nie jy was die sondebok nie.Daar is ‘n groot verskil tussen jou aantal visitors en die aantal views, wat beteken dat al die views van een IP adres af gekom het. Visitors is unieke persone wat jou blog kom besoek het – verskeie views kan geakkumuleer word deur een unieke besoeker wat meer as een bladsy besoek. My raaiskoot is dat ‘n search engine bot ‘n besondere key word of phrase raakgesien het en jou hele blog geïndeks het, want hulle kan dit in ‘n baie kort periode doen – ‘n persoon wat blogs lees, sal nie so vinnig views akkumuleer nie. Dit beteken nie jy is in die moeilikheid nie. Hou net jou oë oop vir ongewone baie spamboodskappe.
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, Hester, ek is sommer omgekrap daaroor.
LikeLiked by 1 person
Dit gebeur. Gelukkig het WordPress ‘n goeie spamfilter, maar so nou en dan sluip die viagra-spam deur.
LikeLike
Daai maak my regtig kwaad, veral omdat ek selde op my rekenaar kyk. En dan moet ek baie uitvee.
LikeLiked by 1 person
Jy kan die sleutelwoorde block op jou dashboard onder Settings – Discussion.
LikeLike
Ek het geweet Hester sal die regte antwoord hê.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou getoets, en dit gaan weer op. Ek sal op Whatsapp wys. Dit is mos nie reg nie?
LikeLike
Dankie vir jou vertroue Bytjie.
LikeLiked by 1 person