Ons twee stap verlede week van Dusty se garage af. Waar ons haar gaan bêre het. Agter om die woonstelblokke wat aan ons s’n grens. Om so bietjie uit die son te wees. Hier gaan die son mos nou eers tienuur saans onder. Sesuur skyn hy dus nog soos ‘n warm middagson in Suid-Afrika.
Lees voort “As Oupa en Ouma kinderspeelgoed “mechanic” in Qazaqstan speel …”Maand: Junie 2020
Qazaqs en baadjies met kappies
Ons het begin Maart 2019 na Öskemen verhuis. Toe was dit nog koud, maar die sneeu het reeds baie gesmelt. Ek het een jas met ‘n kappie gekoop om warm te bly. Op ‘n dag was ons twee in die stad en ver van ons huis toe dit ewe skielik baie koud was. En ons sonder warm goed by ons gevang is. Want hier kan die weer binne bestek van ure van warm na koud verander.
Lees voort “Qazaqs en baadjies met kappies”Reëlings om Dusty in Almaty te kry
Ons het Dusty mos in Almaty gekoop en die 1000 km hierheen met haar gery. Ons sien egter nie kans om die 1000 km terug ook te ry nie.
Lees voort “Reëlings om Dusty in Almaty te kry”Stel jou hart op papier en gooi dit dan weg.
Ek was op ‘n dag verby kwaad vir my skoolhoof. Onregverdigheid het my nog nooit aangestaan nie en sy onregverdigheid het alle perke van redelikheid oorskrei. So laat ek eers die storie vertel.
Lees voort “Stel jou hart op papier en gooi dit dan weg.”Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?
Kyk, in Qazaqstan is hier ‘n hele paar dinge wat anders as in Suid-Afrika. En ek ontdek na ‘n jaar en drie maande hier steeds interessante goed.
Lees voort “Ken jy dit? Piepklein pynappelringe?”Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier
Manlief is na Almaty verplaas. ‘n Verplasing waarna ek natuurlik begin uitsien, maar heelwat water moes nog in die see loop voor dit kan gebeur. Soos om ‘n woonstel te gaan soek in Almaty.
Lees voort “Om ‘n nuwe woonstel te gaan soek, 1000 km van hier”