Sedert ons vir Dusty in Junie aangeskaf het, soek ons ‘n garage waarin sy kan staan.
Dit was aanvanklik nie noodsaaklik nie, want hier word karre nie oopgebreek nie. Ook nie gesteel nie. Soos die winter nader kom, het die behoefte aan ‘n garage gegroei. Want die temperature daal hier na -40 grade Celsius.
Hier is nie iets soos Gumtree om te adverteer nie, ook nie webwerwe van agente nie. Dus kan jy nie net Google om ‘n garage te kry nie. Sou my ook nie veel gehelp het nie, als maar alles is in Russies.
Laat ek egter eers meer oor garages vertel. Ons het aanvanklik net van die bogrondse garages geweet (sien regs op foto).
Ons was aanvanklik baie nuuskierig oor hierdie lelike sementblokke met torinkies wat agter sommige woonstelblokke ingebou, so 0,5 m bo die grond. Met ingeboude toringtjies. Lelik.
Toe die somer kom en die deur aan die een kant oopgemaak word, was ons verras oor die doel daarvan. Garages!
En ons het ‘n garage nodig gehad. Wou van die bogrondse garage hê. Kon die spesifiekes van ons huis af dophou.
Intussen het manlief se tolk ‘n ondergrondse een te koop gekry, duurder as ons kar. Ver van ons woonstel. Met ‘n dronk oom en ‘n kwaai hond wat die ingang bewaak. Ek sou nooit alleen daarheen gaan nie.
Ruik soos ‘n dungeon, met water wat deur mure sypel. Of dalk ‘n myn? Ons het toe nie gekoop nie, kan nie op eie naam koop nie.
Kon op landlord van woonstel se naam koop. Toe wil hy nie kontrak teken dat dit ons s’n is en dat ons verkoop sodra ons weggaan nie. ‘n Vertaalde WhatsApp gestuur dat dit dan sy property is. Toe kanselleer ons maar die koop. Dit was Julie.
Intussen het ek agent gevra om te help soek, maar sy het vergeet. Ons het steeds een van die garages regs op die foto in die oog gehad.
Manlief het een van sy kantoordames gevra om die eienaar op te spoor. Sy kon nie veel regkry nie, toe vra ek met vreeslike moeite vir die ontvangsdames van ons woonstel om ons asseblief te help soek. Garage? Masjiena? Spasieba het die ding gedoen
Toe ek weer sien, staan een van hulle voor ons deur. Met ‘n tolk. Om te verduidelik dat sy vir ons twee garages gekry het. Een van die ondergrondses op die foto, maar dit was net ‘n parkering.
En een ‘n entjie verder weg. So blok se stap, maar naby ons woonstel. Ons het die eienaar die volgende dag gaan sien, kontrak geteken en nou staan Dusty ewe groot mejuffrou in haar garage.

Foto: Dusty in haar ondergrondse nes, 11 September 2019.
So laat ek vertel wat ons by die eienaar geleer het. Hier kry karre baie koud in die bogrondse garages. Aangesien die aarde tot 1,9m vries, word die garages ondergronds gebou, met die dakke dieper as 1,9m. Daarom die steil afdraendes om in te gaan.
Ons garage-kompleks het drie rye garages met 10 in ‘n ry wat rug teen rug staan, dus 60 garages.
Die garages is groot, het aan die agterkant stoorplek waar mens jou somer of winterbande en ander goed kan stoor. Onder die kar is een van daai gate waarin motorwerktuigkundiges staan.
Nuuskierig of manlief hier ‘n mechanic gaan word .. En of die garage so vol soos altyd gaan word. Want sien, dit mag nie. Ons moet nog huis toe kan gaan met 4 groot tasse en 4 kleintjies. En dit is klaar ‘n probleem …
Foto’s van hoe dit lyk kan hier gesien word cvanstaden
En daar staan sy, baie trots en ewe ‘cozy.’🌺
LikeLike
Sy doen nê! Lyk skoon soos baie groot kar!
LikeLike
Ek sien my kommentaar wys nie by jou nie. Gaan loer bietjie in jou spam boks, Christa.
LikeLike
Ek het al geslaap, dink ek het dit nou-net deur laat gaan. Dankie Una
LikeLike
Baie interessant…daardie sneeu van die Winter wat stadigaan naderkruip gaan dinge interessant maak…seker julle gaan mooi fotos ook kan neem.
Dis interessant…geniet elke oomblik.
LikeLike
Dankie Philip, sien nogal uit
LikeLike
Bly ou Dusty kan nou warm slaap. Daardie opgaar van goed in die garage is n euwel wat net nie maklik opgelos kan word nie. Mooi bly.
LikeLike
Dit is, ek wag nog daarvoor ….
LikeLiked by 1 person
Ek is seker as ‘n voertuig in daardie temperature buite slaap, sal dit vreeslik verniel.Ek is bly vir Dusty se lekker warm huisie.
LikeLike
Dankie perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Sjoe dis darem vreeslik koud as die grond so diep vries. Weet darem nie of ek dit sal maak nie koue en ek is nie pasmaats nie. So bly julle het reggekom!!
LikeLike
Dankie Bondels, die mense is goed ingerig. Vir die woeste koue
LikeLike
So bly Dusty het ‘n huis gekry
LikeLike
Ons ook, die arme ou dingetjie sou gevries het. Het ek al sulke foto’s gedeel?
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie onthou dat ek sulke fotos gesien het nie. Wanneer begin julle winter daar?
LikeLike
Rk sal netnou opsit. Blykbaar val eerste sneeu volgende maand Positief
LikeLike
Ek het link in die blog gesit aan die einde. Nou-net. Ek beloof en dan vergeet ek weer. Jammer.
LikeLiked by 1 person
Ek het gaan kyk, daai garages is lelik ne? Maar funksioneel. Jy sê van hulle kos meer as die motor? Joh
LikeLike
Dit doen, as jy koop. Nogal lelik, werk goed
LikeLiked by 1 person