Ek en manlief is vreeslike gehoorsame passassiers. As daar staan dat ons drie ure voor die tyd op die lughawe moet wees, dan is ons daar. As ons twee ure voor die tyd daar moet wees, dan is ons twee ure voor die tyd daar. Dus sit ons dikwels en wag dat die hokkies oopmaak sodat ons kan inboek. En ons gee nie om nie, dit maak ons rustig om ons vlug te geniet.
Lees voort “So amper is ons laat vir ons vlug”Dag: 2 September 2019
Vierde keer eers geluk met Yandex taxi
Ons het altyd Aparu gebruik, maar toe sukkel ons in Astana, daar vier Yandex hoogty. En toe laai ons Yandex af …
Lees voort “Vierde keer eers geluk met Yandex taxi”Toe bad mens nie daarmee nie …
Manlief hou van die netagtige goedjies om homself mee te was. Daardie soort wat so saamgefrommel is om ‘n badsponsie te vorm. En so by die bad of stort opgehang kan word.
Lees voort “Toe bad mens nie daarmee nie …”