ABSA en Nedbank vra my ‘n plaas se prys as hulle my Rande in Tenges omsit. Iets soos R78 op R398. En dit is belaglik. Dus vra ek manlief om vir my ‘n rekening oop te maak en my geld daarin te sit. Dat ek nie so beroof word nie. Hier kan ek baie met R78 doen.
Lees voort “Om ‘n bankrekening in Qazaqstan oop te maak, is ‘n ander ding”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …
Vir die eerste keer in ons lewe het ons ‘n landlord. Ons het woonstelle gehuur toe ons studente was, maar ek is nie seker hoe dit toe gewerk het nie. Het mens deur ‘n agent gewerk? Want die term was vir my tot baie onlangs onbekend. En nou het ons sommer binne ‘n kort tydperkie twee gehad.
Lees voort “As ek en die landlord mekaar nie verstaan nie …”Ons eie wors in Qazaqstan
Ek het al vertel dat my pa eers ‘n blokman was en later sy eie slaghuise besit het. Ek het ook vertel dat ons basies in slaghuise grootgeword het. Want ons kinders is nooit alleen gelos nie. Waar my ouers was, daar was ons.
Lees voort “Ons eie wors in Qazaqstan”Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!
Ek het al vertel dat ons probleme met die polisie kry. Omdat ons ‘n geel nommerplaat het. En dit moet ons hê, omdat ons expats is. En daar is min geel nommerplate in Ust. Daarom staan ons soos ‘n seer oog uit.
Lees voort “Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!”
Die Russe (Qazaqs) sal ek nie verstaan nie
Na vier maande in Ust-Kamenogorsk, Qazaqstan. is daar ‘n paar goed van die Russe/Qazaqs wat ek nie verstaan nie. Sommiges frustreer my, ander pla my en nog ander sou ek net wou verstaan. Hier is ‘n paar.
‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie
Ek het nie fitterig oor kos grootgeword nie. Ek kon self opskep, maar, die kos wat ek opgeskep het, moes ek opeet. Dit het, as ek reg onthou, met my pa se grootwordjare te doen gehad.
Lees voort “‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie”