Ek wou die storie al so lankal vertel, maar dan laat ek dit weer staan. Want seun dink nie regtig ek is snaaks as ek vertel dat baba sy eie krukke gemaak het nie.
Wel, ek het foto’s om daarvan te getuig.
Hy was vyftien maande oud toe hy uiteindelik besluit het hy kan dit maar op sy twee bene waag. Hy wou nie ons hande vashou nie, hy wou alleen stap.
Maar vir alleen stap het hy ook nie heeltemal kans gesien nie.
Toe maak hy ‘n plan, soos wat ek eergister ook vertel het oor die een-beentjie-staan.
Vat ‘n ou besem van my en ‘n verlepte mop en gebruik die twee baie moeilik-beheerbare stokke om vir hom as krukke te dien.
En so stap hy saam met ouma deur die tuin van die huis wat ons na 16 jaar gegroet het. En waar hy op sewe maande eers vir ons gesien het. Stok in elke babahandjie, en met moeite word die een swaar besem vorentoe beweeg. En dan die ligter mop. En stap hy so met die onewe, selfgemaakte krukke.
En net om te wys dat hy in beheer is, het hy met sy krukke tot by plekke gestap en daar gebuk en met klippies gespeel.

Net soos wat sy pappa maak as hy agter die skiboot ski. Hy buk mos ook laag af en vat aan die water. Net om te wys: Ek kan!
Ek wil nie foto’s van my kleinkinders deel nie, dus deel ek gedeelte van foto sonder om sy gesiggie te wys.
Dit is sulke kosbare oomblikke met die kleinkinders wat sin aan my lewe gee!
Ag, dis te kostelik! Ek dink nou so … as jy hom dalk deur die huis laat loop, dan vee en mop hy sommer ook so terwyl hy lekker op sy eie stap 😉.
LikeLiked by 1 person
Daai is waar, maar hierdie ouma is heeltemal teen huiswerk vir die baba. Sy mamma moedig my ook gereeld aan dat hy moet help, hy hou blykbaar daarvan. Vir my voel dit soos misbruik van baba, maar ek neem aan dat ek dit moet doen omdat hy belangrike vaardighede so kan ontwikkel. Soos byvoorbeeld om in spanverband saam te werk, iets wat my nagraadse studente (en sommige kollegas in skole) steeds nie kon doen nie. Dus hoor ek jou, hoor.
LikeLiked by 1 person
Ek was nog klein (te klein om by die wasbak by te kom), maar wou met alle mag skottelgoed was. Dan het my ma vir my ‘n plastiek bak met seepwater gegee en (plastiek) bakkies om te was. My broer het dan langs my kom sit en afgedroog. En vandag geniet ek en my broer dit nog om hierdie takie saam te doen wanneer ons die geleentheid kry … maar ek’s darem bly my ma het my nie laat vee of mop nie, want daarvan hou ek niks 😅.
LikeLiked by 1 person
Lag ek nou lekker, hoor. Dalk moet ek hom leer om te vee en mop dat hy sy geliefde eendag help? Ons het skottelgoed gewas toe ek klein was, het beurte gemaak. Ek haat dit vandag toe steeds omdat ek dit moes doen wanneer ek vertel is om dit te doen.
LikeLiked by 1 person
Hierdie is ‘n wonderlike storie! Ek wys ook nie die gesigte van my kleinkinders nie.
LikeLiked by 1 person
Anne, ekis bly jy stem saam met my daaroor. Hulle moet maar beskerm word tot hulle eendag self daaroor kan besluit.
LikeLiked by 2 people
Never show our children’s faces on line. One never knows what pervert may find them.
LikeLiked by 1 person
Totally agreed, but also because the net learn to identify them everywhere, which can cause safety issues.
LikeLike
Yes,precisely.
LikeLike
Kosbare tydjies so saam met hulle, Christa.🤗 Jou kleinseun dink klaar ‘wyd.’
LikeLiked by 1 person
Genugtig, Una, ek wens hy kon gesels dat ek verstaan hoe daardie breintjie dit uitgewerk het. Niemand het hom blykbaar geleer nie.
LikeLike
Dierbaar! Babas en kleuters hou van help rn voel waardevol as julle kan en so leer hulle! Piaget
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, vriendin. En so leer mens hulle seker om te help. Maar ek verkies regtig dat hy by my speel en gesels eerder as werk.
LikeLike
Ek hou van die inisiatief, probleemoplossing.
LikeLiked by 1 person
Dit beïndruk my verskrik baie dat sy brein die planne maak en uitvoer.
LikeLike
Dis so dierbaar as hul sulke plannetjies uitdink om iets te doen. Geniet elke oomblik ouma hul word so gou groot.
LikeLiked by 1 person
Dankie, vriendin, ek geniet dit gate uit.
LikeLiked by 1 person