Ek het, toe ons Qazaqstan toe getrek het, baie opgewonde besluit dat ek Russies gaan leer praat. Daai opgewondenheid het sommer binne die eerste twee maande soos mis voor die son verdwyn. Tans is dit ‘n langsame proses.
Lees voort “Siriliese alfabet se ware vriende is allesbehalwe vriende …”Etiket: Ust’-Kamenogorsk
Rok vir ‘n Kazakh-troue (2)
Ek het gister van die gesoek na ‘n rok vir die troue vertel. En sommiges van julle het gevra dat ek vertel of manlief toe die Aspoestertjie rok vir my gekoop het. Ek vertel verder.
‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …
Eergister kom manlief tuis met ‘n raai wat? Ek is besig om kos te maak en nie lus om te raai nie, dus antwoord ek met: Vertel maar, ek dink nie ek sal kan raai nie. En toe wys hy die pragtige kaartjie, ons is na ‘n Kazakh-troue genooi, die bruidegomgedeelte van die troue. En ek is baie gek oor die meisie wat gaan trou, sy werk vir my man.
Lees voort “‘n Paar minute in Aspoestertjie se skoene …”Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld
Ek dreig lankal om mooi foto’s van Öskemen dam te deel. Dit voel soos Harties se dam, maar die water is skoon. Ruik nie soos daardie groen plante nie, kan selfs na vis ruik. Ons was skaars hier toe ons daarheen geneem is vir ‘n spanbouoefening.
Lees voort “Öskemendam: ‘n Stukkie geskiedenis in beeld”‘n Nuwe vriendin in Qazaqstan
Ek het so ruk terug vertel dat ek die dag op pad was om ‘n jong vrou in Qazaqstan te ontmoet. Ek het ook vertel hoe dit gebeur het dat ons ‘n koffie afspraak gehad het. En dat ek oorweeg het om nie te gaan nie, omdat ek nie maklik vriendinne maak nie. Dankie aan almal wat my aangemoedig het om deur te gaan, ek en Mia het maklik gekliek, al is sy so oud soos my kinders as ek moet raai. Mia, raai ek reg?
Lees voort “‘n Nuwe vriendin in Qazaqstan”‘n Uitstappie na Shemonaigha in die somer
Vrydag toe manlief op pad terug van die myn af by Shemonaigha oor die brug ry, besluit hy dat ons twee Sondag daar gaan braai. En teedrink by die Afrikaanse man op die myn.
Lees voort “‘n Uitstappie na Shemonaigha in die somer”