Ek loer vandag na Bushboy se foto’s wat hy vir Cee se “tree or part of tree” uitdaging ingeskryf het. En raai wat sien ek? Die stam van ‘n boom wat lyk asof iemand daarop gekrap het. Die foto is swart en wit, maar die gekrabbel trek my.
Lees voort “Krabbelbloekoms se pragtige stamme”Kategorie: Foto-stories & uitdagings
Ysige nag langs die Vaal …
Ons het mos die naweek uit ons stadshuis getrek – sy is basies verkoop. Ek het gister daarvan vertel. Ons het Saterdagaand by dollatjie gaan slaap. En Sondagoggend die pad veel vroeër as gewoonlik gevat omdat hulle ander verpligtinge gehad het.
Lees voort “Ysige nag langs die Vaal …”Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen
My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.
Lees voort “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen”Ons kombuis in Almaty woonstel
Ek deel nooit sommer net foto’s oor my blyplek nie, eers as ons uitgetrek het sal ek deel. Waarom weet ek nie, miskien omdat ek nie almal op die internet vertrou nie. Of dalk om kritiek te vermy?
Lees voort “Ons kombuis in Almaty woonstel”Boesmansnek, Drakensberge
Ek glimlag lekker toe ek hierdie foto sien. Want dit herinner my aan ‘n verlange wat ek gehad het. Om na ‘n vakansie-oord in die Drakensberge te gaan vir my verjaarsdag. Manlief het by Boesmansnek in die Natalse Drakensberge bespreek en ons het die kinders saam genooi.
Lees voort “Boesmansnek, Drakensberge”Die bytjies en die blommetjies in Öskemen
Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.
Lees voort “Die bytjies en die blommetjies in Öskemen”