Verskeie bloggers vra die week dat foto’s gedeel word waarin wit die oorheersende kleur is. En elke keer trek die uitdagings my, want ek het, nadat ek 18 maande in Kazakhstan gebly het, duisende foto’s waarin wit die oorheersende kleur is.
Lees voort “Wit, witter, witste sneeu …”Kategorie: Foto-stories & uitdagings
Seegroen-blou is my spesiale kleur
Tourmaline vra in verlede week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. Ek het toe my een gedeel oor die seegroen-blou kleurfront in Valsbaai wat ek uit die lug kon afneem. Dit is egter ‘n spesiale kleur wat uitstaan as ek deur my foto’s blaai.
Lees voort “Seegroen-blou is my spesiale kleur”Elke dag by die see is vir my slegte haardag
Ek blaai so deur my foto’s en kyk in hierdie ene vas, wat my eers laat dink dat elke dag by die see ‘n slegte haardag is. Want, daar is baie soortgelykes … my hare krul ontembaar by die see.
Lees voort “Elke dag by die see is vir my slegte haardag”Duiwe se voetspoortjies in die sand …
Ek het op die laaste dag van Mei teen skemer uitgegaan om hierdie foto te neem, glad nie om aan enige uitdaging deel te neem nie. Bloot omdat ek so graag wil weet wat die duiwe in die rooi sand maak.
Lees voort “Duiwe se voetspoortjies in die sand …”Weerkaatsings op die Vaalrivier …
Jez Braithwaite’s se Water Water Everywhere foto-uitdagings trek my elke keer na my eie foto’s toe om een te gaan soek wat kan pas. Hierdie keer plaas ek weer ‘n foto van die rivier by ons huis – veral omdat die tema weerkaatsings is.
Lees voort “Weerkaatsings op die Vaalrivier …”’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai
Tourmaline vra die week dat mens “turkuoise-blue” foto’s deel. En dit het my onmiddellik aan ‘n foto of twee herinner. ‘n See wat nie kan besluit of hy blou, groen, seegroen (turkuoise) of seeblou wil wees nie.
Lees voort “’n Seegroen-blou (turkuoise) kleurfront oor Valsbaai”