Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.

Ons het die heel eerste aand in die werk se Landcruiser vanaf die stad gery, kwart om die sirkel met die dansende poppies, en toe oor die brug oor die Irtysh rivier. By die eerste robot daarna het die bytjies op die blommetjie gestaan – baie, baie groot. Kyk hoe klein lyk die vragmotor in die straat.
Daar het ons links gedraai om na die woonstel te ry waar ons aanvanklik gebly het. Toe het ons nog nie vir Dusty gehad nie, dus het ons per taxi of die werk se bakkie die pad van en na die woonstel aangedurf.
Later het ons in die stad gebly, vir Dusty gekoop en met haar die wêreld om Oskemen verken. En so het ons gereeld verby hierdie mooi baken gery. Soms was dit in die sneeu, soos op die foto. Ander kere was die sneeu gesmelt en het ek ook my kamera uitgehaal om foto’s te neem.
Ons het baie keer by die robot reguit aangery om by ons gunsteling plekke vir inkopies te kom. Metro vir kos, die mark vir vleis en heuning en kaas, Technodom vir elektriese ware. Die ou deel van die stad is werklik baie oud.
En ons het ‘n paar keer ook verder gery om na die vyf mere te gaan. Plekke waarvan die plaaslike mense nie eens geweet het toe ons hulle daarvan vertel nie. Maar mens moet onthou dat baie mense nie motor het nie – dit is onnodig weens die goeie bus-, trein en taxi dienste. Ook omdat daar nie garages vir almal se motors is nie.
As jy by die robot regs draai, vat jy die pad na Almaty die vorige hoofstad van Kazakhstan. En ook na ‘n ander gunsteling winkel – ek het die naam sowaar amper vergeet – Arzan. Ook vir kos en huisgoed.
Die mense van Kazakhstan hou van mooi. Van kleur. Miskien omdat alles sewe maande lank onder die sneeu is? Dalk omdat dit lank vaal is voor die kleur uitkom na die sneeu gesmelt het.
Ek geniet dit steeds as jy oor Kazakstan skryf. Jy het ons van daardie mooi land geleer.
LikeLiked by 1 person
Dankie, daar is nog baie wat ek oor die plek kan skryf.
LikeLiked by 1 person
Jy mag maar! 😁
LikeLike
Dit klink na ‘n baie interessante plek waar julle gebly het! Die bye is groot! 😀
LikeLiked by 1 person
Hulle is beslis baie groot. Was interessant, sommer baie.
LikeLike
😃
LikeLike
Nou wonder ek, is dit sommer net vir mooi of is daar ‘n rede hoekom dit blomme en bye is?
LikeLiked by 1 person
Haai Positief, dit is goeie vraag waaraan ek nie gedink het nie. Wat ek wel weet, is dat daar waarskynlik ‘n baie goeie rede vir die blommetjies en die bye is. Kazakhstan, maar veral die deel waar ons gewoon het, is bekend vir heuning. Hulle hou selfs ‘n heuningfees waartydens mens die verskillende soorte heuning kan toets en koop. As ek reg onthou, kon ons 35 verskillende soorte heuning in Ust koop. Ons het maar altyd na die kleur gekyk – ons verkies ligte heuning. Maar daar is soorte wat baie, baie donker is. Die soorte word veroorsaak deur die verskeidenheid blomme wat die bye besoek. En die sonneblomme herinner mens aan die sonneblom landskap wat jou in die somer begroet as jy die platteland invaar. Ek wens so ek het geweet daar kom ‘n pandemie, dan sou ek waarskynlik baie meer probeer ontdek het.
LikeLiked by 1 person