Ek glimlag lekker toe ek hierdie foto sien. Want dit herinner my aan ‘n verlange wat ek gehad het. Om na ‘n vakansie-oord in die Drakensberge te gaan vir my verjaarsdag. Manlief het by Boesmansnek in die Natalse Drakensberge bespreek en ons het die kinders saam genooi.
In die week voordat ons berge toe is, het dit gesneeu. En ek wou die week sommer aanjaag, want die sneeu gaan smelt. Ek mos die sneeu net sien. Soveel het in die afgelope 10 jaar gebeur. Toe het ek nog nie geweet hoe koud dit regtig kan word wanneer dit sneeu nie. In Suid-Afrika het die kwik na skaars sub-zero gedaal. In Kazakhstan het ek maande lank net sneeu gesien. En die kwik het na -38 grade Celsius gedaal. As dit hier so koud geword het, sou ons gedooi het.
Ons het mekaar by dollatjie se huis ontmoet en saam die pad gevat. Natal toe. Saam oral gestop en die rit net soveel soos die vakansie geniet.
Daar was soveel om te doen, maar die gestappery het my die meeste getrek. Veral omdat ek mooi foto’s kon gaan neem van die natuur. Soos hierdie ene. Ek sal nog oor die plek skryf. Vandag wil ek net die foto deel.

Dit was heerlik om in die ongerepte natuur rond te stap. Beslis ‘n moet as mens Drakensberge toe gaan.
Die foto herinner my ook aan ‘n onlangse verlies. Ek het tussen Kazakhstan en Suid-Afrika die string pêrels verloor wat manlief vir my vior die betrokke verjaarsdag gekoop het. Hoe weet ek nie. Dat dit my drie weke lank slapelose nagte gegee het, is gewis. Dit het egter niks gehelp nie. Ek het geen idee hoe ek dit kon verloor nie. Hulle was in ‘n vuilpienk pelshouer wat net skoonveld is.
Ek is so ontevrede met myself daaroor.
As jy mooi kyk, sal jy die sneeu op die bergspitse ver agter op foto kan sien. Dit was vreemd, om sneeu in Augustus in Suid-Afrika te kry.
Mooi herinnerunge. Ai tog vir die perels. Ej het ook my perels verloor! Nee, dis gesteel. Maar dis verlore en sal nooit weer gevind kan word nie.
LikeLiked by 1 person
Ai Seegogga, weet nie wat die ergste is nie. Gesteel of verloor. Ek voel so skuldig daaroor.
LikeLike
Ja ek glo dit!
LikeLiked by 1 person
Jammer om te hoor joune is gesteel. Dit is baie erg.
LikeLike
So is dit, ne. Maar die herinneringe bly.
LikeLiked by 1 person
Wat ‘n verlies.Die pêrels!
LikeLiked by 1 person
Vreeslik, ek het nagte nie geslaap nie.
LikeLike
Ai. Dit is erg. Ek haat dit as so iets gebeur en dit bly net so onverklaarbaar. En die vrae bly deur jou gedagtes stroom!
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan Sa. Dit hou nie op nie. As ek self gekoop het, is dit anders.
LikeLike