Ek loer vandag na Bushboy se foto’s wat hy vir Cee se “tree or part of tree” uitdaging ingeskryf het. En raai wat sien ek? Die stam van ‘n boom wat lyk asof iemand daarop gekrap het. Die foto is swart en wit, maar die gekrabbel trek my.
Ek het dit al in kleur gesien. Persoonlik. Dit lyk asof iemand pragtige patroontjies op die stamme getrek het – met ‘n geroeste pen. En ek weet dadelik dat ek het ‘n foto van so ‘n boom in my foon se fototeek van bykans 80 000 foto’s het. Dus vra ek of hy weet wat die naam van die boom is. En kry die antwoord, dit is ‘n scribbly gum tree – hoe sou mens dit vertaal?
Ek dink krabbelbloekom gaan werk. Nuuskierig Google ek en kry ek meer inligting oor hierdie boom, wat ek in Australië raakgeskiet het (kamera) toe ek by my suster gaan kuier het. Die boom het my so beïndruk dat ek nie net baie foto’s geneem het nie, maar ook dadelik geweet het waar om te gaan soek vir die foto’s – al het ek hierdie foto’s in Januarie 2010 geneem.
Die krabbelbloekom is ‘n Australiese bloekom bekend in die suidelike dele van die land. Die bome is die gasheer van krabbelmotte en die larwes van hierdie motte maak hierdie pragtige patrone waaraan die bome hulle naam te danke het. Die botaniese naam van hierdie boom is eucalyptus haemastoma, maar die krabbelmotte hou ook van ander bloekoms, soos die sclerophylla, rossii, racemosa en signata. Die boom het pragtige gedraaide takke en hou van arm, sanderige grond, maar kan in ander omstandighede aanpas. Dit is inheems aan Suidoos-Australië, waar ons was, en word 40-50 m hoog. Hulle hou van direkte sonskyn.
Dus deel ek my foto hier vir Bushboy in besonder, maar ook vir Cee om aan haar uitdaging deel te neem.

Anne, Aletta, Appeltjie, Jez en al die ander wat daarvan hou om bome of die bas van bome af te neem, sal dalk ook daarvan hou. Ek het die foto’s by Lake Boomanjin op Fraser eiland geneem. Die bas is ‘n tipe van beige kleur met skakerings van room daarin. En dan lyk die krabbelpatroontjies roesbruin – mooi genoeg vir ‘n foto teen die muur.
En hier is ‘n boomklimmer reptiel teen ‘n stam. Ek het aanvanklik gedink dat hulle naels die merke maak. Seker maar omdatr daar so min merke op hierdie boom is, en dit by sy naels is.

Ek het die foto’s met my Pentax K20D kamera geneem, met ‘n teleskopiese lens – myne trek nader tot 250 meter. Hier deel ek net skermfoto’s van my foto’s, die foto’s gebruik te veel data.

Ek was verkeerd, die bome in Kazakhstan waarvan ek ook gereeld foto’s van die bas geneem het, is nie scribbly’s nie, hulle stam lyk so.

En nou gaan ek moet vra of iemand weet watter soort bome hulle is. As ek moet raai, is dit ‘n tipe van populier, waarskynlik trilpopulier. Want die wind maak musiek in die bome wanneer dit waai.
Dis n interessante skrywe. En ek hou van die woord fototeek.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Appeltjie, ek geniet die woord, dalk is daar reeds so een? Maar ek dink almal sal eerder album gebruik. Album wil nie vir my werk nie, want ek het in my fototeek baie albums geskep.
LikeLike
Biblioteek, fototeek, dit klink net reg
LikeLike
Ek dink ook so …
LikeLike
Slim woord: fototeek. Ook krabbel, want dis presies hoe dit lyk.
LikeLiked by 1 person
Dankie Seegogga, ek dink ook die twee woorde pas. Mooi boombas, dit is gewis. Hoe sou mens kon raai dat ‘n larwe dit veroorsaak?
LikeLike
Ja sowaar
LikeLiked by 1 person
Ek het ń groot voorliefde vir mooi boombasse, daar lê vir my iets pre-histories in.
LikeLiked by 1 person
Dit is waar, Una, dit vertel ook ‘n geskiedenis. Ek verkyk my aan boombas, kan nooit verby stap nie.
LikeLike
Baie interessante verskynsel. Dit was so lekker om hiervan te lees. Die natuur sal nooit ophou om ons te verstom nie!
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, San, daar is nog soveel om te ontdek.
LikeLike
Dankie vir die vermelding van dr Christa. Ek is bly dat dit ‘n geheue teruggekoop het. Die reptiel wat deur die boom klim, is ‘n Goanna. Ek hoop my vertaling is reg
LikeLiked by 1 person
It is almost perfect, thank you Bushboy. Goanna, now I can read more about them, thanks. I saw a lot of them in the trees.
LikeLiked by 1 person
I have a few photos on my blog but not much information as they are common around here 🙂
LikeLiked by 1 person
Dis ongelooflike mooi stamme…asof elke krabbel sy eie storie het om te vertel
LikeLiked by 1 person
Kunstige larwes, is dit nie? Ek kon sweer die reptiele se toonnaels krap die bas so. Dankie, Woordnoot.
LikeLike
Google Lens suggests the Tree may be Quaking Aspen.
LikeLiked by 1 person
Thank you! Let me check … I love those trees.
LikeLike
O my word, and yes, they love snow, avalances … I found them in Kazakhstan, with similar conditions as North America.
LikeLike
Ek dink Krabbelbloekoms is ‘n goeie beskrywing van hierdie bome. En jy is reg, ek hou baie van hierdie fotos.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Anne, ek waardeer dit baie.
LikeLike
Dis ‘n besonderse boom en ek het dit nog nooit gesien nie! Hou van jou nuwe woordskeppings Christa!
LikeLiked by 1 person
Baie dankie, Aletta, ek het my verkyk aan die stamme.
LikeLike
👍
LikeLiked by 1 person