Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Reisjoernaal

Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen

My dogter gesels nou die dag so dat party mense van berge hou en ander van die see. Ek vermoed dat ek van water hou. Soos wat hierdie foto getuig.

Weetkaatsings op die Irtysh rivier in Ust’-Kamenogorsk, Kazakhstan

Ek skryf dit ook sommer vir Jez se Water, water everywhere uitdaging in. Onthou asseblief dat dit ‘n skermskoot van my oorspronklike foto is.

Die foto is in Öskemen – ook bekend as Ust’-Kamanogorsk in Kazakhstan geneem – in 2019, toe mens nog vrylik kon beweeg soos jy wou.

Ek het al oor die oggend geskryf toe ek die foto geneem het. Ek het gaan stap en besluit om in die bosse langs die rivier in te gaan om te kyk hoe die rivier lyk. En toe kry ek hierdie mooi prentjie voor my … En skielik besef ek dat ek in ‘n wildvreemde land is waar ek niemand ken nie, alleen in ‘n digte bos is. Sonder dat my man weet waar ek gaan stap het. Ek het teen ‘n spoed uitgehardloop en vir myself gelag toe ek weer veilig in die straat was.

Later het ek eers werklik besef hoe veilig ‘n vrou in Kazakhstan is. Hier is verkragtings aan die orde van die dag. Verkragters hoef niks te vrees nie. Daar word ‘n verkragter nie net in die tronk gegooi nie, hy word ook chemies gekastreer om nooit weer so iets te kan doen nie. Dit is hoe vrouens veilig te hou.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Weerkaatsings op die Irtish in Öskemen

  1. Pragtige weerkaatsing. Waarom hulle dit nie met alle verkragters en veral pedofiele doen nie, gaan my verstsnd te bowe. Ek weet dat verjragting nie oor seks gaan nie, maar magsvertoon maar as jy ontman is, sal jy ook minder aggressief wees.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.