Vandag wil ek sommer net gesels oor die vreugdes en verdriet van sosiale media. Ek begin met die groepe mense wat ek nie kan verstaan nie.
Lees voort “Die vreugdes en verdriet van sosiale media”Skrywer: Dr Christa van Staden
Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!
Ek het al vertel dat ons probleme met die polisie kry. Omdat ons ‘n geel nommerplaat het. En dit moet ons hê, omdat ons expats is. En daar is min geel nommerplate in Ust. Daarom staan ons soos ‘n seer oog uit.
Lees voort “Ust-polisie kan nie ‘n geel nommerplaat uitlos nie!”
Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop
Ek het ‘n Bernina tuis. En ek lief haar. Was altyd Elna-aanhanger, maar toe bied Bernina beter diens in Roodepoort. Maar my omkapmasjien is steeds ‘n Elna. Die twee moes tuis bly toe ons na Qazaqstan toe kom. Omdat die twee make nie hier te koop is nie.
Lees voort “Om ‘n naaimasjien in Qazaqstan te koop”Die Russe (Qazaqs) sal ek nie verstaan nie
Na vier maande in Ust-Kamenogorsk, Qazaqstan. is daar ‘n paar goed van die Russe/Qazaqs wat ek nie verstaan nie. Sommiges frustreer my, ander pla my en nog ander sou ek net wou verstaan. Hier is ‘n paar.
Afrikaans, my taal, my passie
Ek kry die idee dat ek moet verduidelik waarom ek so pro-Afrikaans is. En vasskop teen die boikot van Steve Hofmeyr se musiek.
Lees voort “Afrikaans, my taal, my passie”Beperking op gewig van tasse na Qazaqstan
Ons is mos op 2 Maart 2019 met ons vier groot tasse (32 kg elk, Lufthansa besigheidsklas), vier klein tasse (8 kg elk) en my handsak na Qazaqstan om vir drie jaar hier te kom woon en werk.