Soos ek in die vorige inskrywing vertel het, het ons die afgelope week uit ons stadshuis getrek. Wat ek nie vertel het nie, is dat ons die huis in die mark gesit het omdat ons na ons plasie wil trek wanneer ons na Suid-Afrika terugkeer.
Skrywer: Dr Christa van Staden
As kleinkinders ouma help huis oppak
Ek het my drie kleinkinders so gemis toe ons in Qazaqstan was. En hulle vir ouma ook. Daarom het hulle vir vier dae en twee oorslapies by ons gekuier, terwyl oupa en ouma huis oppak. Na amper veertien jaar in een huis. En dit was pret!
‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie
Ek het nie fitterig oor kos grootgeword nie. Ek kon self opskep, maar, die kos wat ek opgeskep het, moes ek opeet. Dit het, as ek reg onthou, met my pa se grootwordjare te doen gehad.
Lees voort “‘n Geëerde gas wil ek nie in Qazaqstan wees nie”
Siriliese alfabet se ware vriende is allesbehalwe vriende …
Ek het, toe ons Qazaqstan toe getrek het, baie opgewonde besluit dat ek Russies gaan leer praat. Daai opgewondenheid het sommer binne die eerste twee maande soos mis voor die son verdwyn. Tans is dit ‘n langsame proses.
Lees voort “Siriliese alfabet se ware vriende is allesbehalwe vriende …”Ongemaklike oomblikke op ‘n Qazaq-troue se dansbaan
Ek het eergister vertel dat ons na ‘n Kazakh-troue genooi is. En dat ek ‘n mooi rok vir die troue kon koop, in ‘n land waar valletjies en kantjies en plooitjies hoogty vier. Hou van die foto wat van ons maatskappy se gaste geneem is.
Lees voort “Ongemaklike oomblikke op ‘n Qazaq-troue se dansbaan”Rok vir ‘n Kazakh-troue (2)
Ek het gister van die gesoek na ‘n rok vir die troue vertel. En sommiges van julle het gevra dat ek vertel of manlief toe die Aspoestertjie rok vir my gekoop het. Ek vertel verder.