Gepubliseer in Reisjoernaal

Forest – heerlike restaurant oorkant die straat

Woensdagaand neem ons twee Dusty vir ‘n was. Sy moet staan vir foto’s want ons moet haar verkoop. Ons gaan huis toe. Permanent. En sy kan nie saam gaan nie. Dit sal nie die moeite werd wees om haar in te voer nie.

Terwyl sy by die karwas onder in Ramstore gewas word, eet ons twee sommer by Forest, wat eintlik oorkant die straat is, maar ons moes nou vir die was ry.

Die kelner is oulik, help ons in gebroke Engels en probeer ons help vertaal. Die spyskaart is in Russies. Maar, ons twee is gekonfyt, kom maklik reg met ons toeps. Sien, dit is waarom ons nou nog nie Russies kan praat nie. En nou gaan ons al weer huis toe.

Ek het borscht gekies en hy was baie tevrede met my keuse:

“Traditional soup” laat hy hoor.

Ek knik dat ek die kommentaar waardeer, ek ken van borscht en hou baie daarvan. Veilige keuse as ek nie baie wil eet nie.

Manlief vat ‘n steak, nogal tevrede met sy keuse wat mielie ingesluit het en waarvoor hy slap skyfies ekstra gevra het.

Toe ek foto’s neem, vra die kelner my foon en neem foto’s van ons twee. Hoe oulik is dit nie?

Dit is nie die eerste keer wat ons daar eet nie.

Ons tweetjies het ook daar geëet toe ons pas oorgetrek het na Almaty toe. En nog nie kos vir die kaste gekoop het nie. Toe het ek nog nie foto’s geneem as ons uiteet nie.

Saam met vriende was ons nog nie daar nie.

Dalkies kan ons Forest doen as Mia kom kuier voor ons weggaan. Anders was dit die laaste keer daar. Twyfel of ons weer daar gaan eeet. Daar is restaurante om te verken voor ons huis toe gaan.

Dit was vandag die eerste keer wat ek daaraan gedink het dat mens ook so in Suid-Afrika kan eet. En dit is een bevrydende gevoel. Ons twee sien verskriklik baie daarna uit om weer in ons eie land te wees. Tussen ons eie mense.

En natuurlik goedkoper. Almaty is baie duur! Maar, ek weet nou al, ons gaan daar min uiteet.

Want manlief kan nie wag vir ‘n braai op die stoep van een van ons twee blyplekke nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Forest – heerlike restaurant oorkant die straat

    1. Dit is alles maklik vir ons. Ons HR reël alles. Ons moet net ‘n paar goedjies verkoop. Dusty het ‘n baas gekry, sy gaan al Dinsdag na hom toe. Dit was ons grootste kopseer. En toe stuur di =e Here die regte man op die regte tyd. Ons is verskriklik opgewonde. Min dae … hoop ek onrmoet jou een dag.

      Liked by 1 person

  1. By my woonstel mag ons nie oop vuur maak nie. Die geliefde was siek omdat hy nie iets kon aansteek nie. Toe laat bou hy vir hom ‘n alamintige braaibak, pak bakstene in en maak vuur met brickets. Kole sonder vuur. Nou is hy weer gelukkig. Gasbraai is nie regtig dieselfde nie, nê.

    Liked by 2 people

        1. Ek stem saam, maar ek sien nie die liggies as vuurvliegies nie. Eerder as verskietende sterre. Hulle lok my altyd om te kyk, en op te pas. Om nie te naby te staan nie. Vir ingeval ene lus is om ‘n gaatjie te brand. Jy beskryf dit mooi.

          Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.