Gepubliseer in Joernaal

En toe vra ek ‘n gasstoof

Manlief karring al jare lank dat ons ‘n gasstoof moet koop. Ek het tot so twee weke gelede botweg geweier.

Gas is gevaarlik, ek soek nie gas in my huis nie. En gasstowe het vlekvrye staal blaaie wat baie moeilik skoon maak. Ek soek nie een nie.

Maar, toe tref ons nie net beurtkrag nie, ons area word ook deur kabeldiewe geteiken, met die gevolg dat ons ten minste een keer per maand vir tien ure sonder krag is.

En dit het my oortuig om die sprong te waag, maar nie voor ek gaan kyk het hoe gasstowe lyk nie.

Ek is nogal ‘n Bosch aanhanger, maar die stowe is grof. Toe kyk ons na Defy en raak ek verlief en wil ek die stoof met alle mag besit om nie meer te sukkel as daar nie krag is nie.

Dit is ‘n 5-plaatstoof, met ‘n groot plaat in die middel. Fyn afgewerk, met ‘n glasblad, iets wat my aan ons huis in Ruimsig laat dink. Daardie stoof het maklik skoongemaak, al was dit nie ‘n gasstoof nie. Die vlekkelose staal een by die see is een nagmerrie. Ek het so pas skoongemaak, dan maak iemand kos en moet ek weer skuur. Nie my idee van ‘n grap nie.

Die glasstowe is sedert 2005 baie verbeter, die skrif is nou onder die glas en kan nie afgeskuur word as mens skoonmaak nie. Ek hou sommer baie van die stoof van my.

Terloops, ek kook nou ook sommer my koffiewater op die plate in ‘n bloedrooi Harry Potter ketel waarvan die fluitjie blaas as die water kook.

Soos in my kinderdae op my ma se AGA-stoof.

Die fluitjie herinner my ook daaraan dat daar water op die stoof is wat kook. En so raak die tee nie vergete terwyl ek met ‘n nuwe artikel stoei nie …

Oeps, ek sien die plaatjies was nie skoon toe ek die foto geneem het nie.

Hooffoto: Ek het al vertel dat manief daarvan hou om vir my potte te koop. Sy ander voorliefde is ketels. Hierdie ene het nou seker twee jaar in die kombuis gestaan en mooi lyk. En nou is sy vol in gebruik.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “En toe vra ek ‘n gasstoof

    1. Ek kan dit aanbeveel. Kos kook baie vinniger, dit is lekker met ‘n fluitende ketel in die huis, en ek kan kos kook en koffie drink as ek nie krag het nie. Maar, ons spaar die helte van die krag wat ons maandeliks aangekoop het. My man koop gewoonlik twee keer in die maand krag vir R1000. Dit is nou die helfte van die maand en ons het nog meer as die helfte van die krag op die meter. Lyk asof ons net een keer per maand gaan krag koop. Ons het klein gasnottel gekies wat in ‘m kas in die kombuis kan staan. Nie seker hoeveel dit kos nie en sal moet kyk hoe lank dit hou voor ons weer krag moet koop. Maar, die ou wat geïnstalleer het, het gesê dat dit drie maande kan hou,

      Liked by 1 person

  1. Ek hou sommer baie van my gasstoof, gebruik dit nou al seker 15 jaar en sal nie sommer weer elektries gaan nie. Ek wou gas ook vir die oond gehad het, wat nie baie volop is nie, so het ‘n Zero gekoop. Ons het die huis gekoop met ‘n Defy wat in was. Ek hou van die glasblad, dalk moet ons volgende keer na so een kyk

    Liked by 2 people

  2. Ek het net n 2 plaat gasstofie en kook ook in n rooi ketel wat fluit, my koffiewater. Die hoogtepunt is dat ons nog steeds kan eet al is daar nie krag nie.

    Liked by 1 person

  3. Ons het sommer ‘n goedkoop gasstofie gekoop vir ons tydelike huis hier in Oos-London gekoop … en hoera, ek maak heerlik kos as die krag af is (en hoef nie meer die warm flesse nader te sleep om kookwater in te gooi voor die krag afgaan nie)!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.