Gepubliseer in Joernaal

Jakkalsvlei wynplaasbesoek

My kleinsus uit Australië het Desember/Januarie na Suid-Afrika gekom, en so het ons hulle in Mosselbaai gaan ontmoet. Eers om lekker saam te eet, ek en manlief en al ons kinders en kleinkinders. En sy en haar manlief en haar drie kinders, met twee aanstaande skoondogters.

Die kinders en hulle gesinne of verloofdes of nefies het daarna ander planne in Mosselbaai-omgewing gehad. En ons twee en ons mans het die geleentheid aangegryp om Jakkalsvlei wynplaas vir ‘n wynproe te besoek.

Goed, ek wonder hoeveel mense Jakkalsvlei se wyne ken. Ons het nie, het dit per ongeluk in Riversdal by ‘n piepklein plekkie by Bali Trading ontdek, en van daar af hou ons van die wyn. nou sien ons dat ons dit selfs by Makro se drankwinkel kan koop.

Een van manlief se universiteit pêlle het ons aan pienk Mercato van Jakkalsvlei bekend gestel. En ons het lank voor dit self ander soorte by die klein winkeltjie gekoop.

Mens koop by Jakkalsvlei ‘n kaart met ‘n klomp soort op waaruit jy ses soorte kan toets, of een met net vyf van die duurste wyne, vir duurder.

Ek, wat nie wyn drink nie, het sowaar besluit ek wil die duurstes ook toets.

Dus het ons twee kaarte met ses gekoop, en een met vyf. Twee en nie drie nie, want ekke drink mos nie wyn nie. Dit maak my bene lam en dan wil ek net slaap. Gevaarlik blykbaar omdat dit my suikervlak blykbaar laat opskiet en dan te laag laat val!

Altesaam 17 wyne om te toets! Dit is nou as ons mekaar s’n ook toets. Wat ons natuurlik daarna gedoen het.

Die mans is in om vier soorte te kies, dan stuur ons om en proe van elkeen. Ons het darem pizza gedeel om met die wyn te meng. En ek het patatskyfies gekry omdat ek nie pizza kan eet nie.

Dan weer en weer tot die 17 getoets is.

Ek het dit net aan my lippe laat raak en dan besluit of ek daarvan hou of nie. Die ander drie het die glase leeggemaak, ons het niks gemors nie.

Ek hou van die Mercato’s – al drie: wit, pienk en rooi. Manlief van die Merlot. En … en hou van een van die duurste wyne, ‘n baie soet ene, ek het die naam vergeet.

Die wynplaas se eetgeriewe is regtig baie oulik, ek kan dit nogal aanbeveel.

Hier is ‘n foto van ons vier by die wynplaas, swaerie het ‘n ouerige man van kleur gevra om die foto’s vir ons te neem. Hy het toe geweier, maar sy seun aangebied. En toe … kom kompeteer hy met die seun om vir ons te vertel sy foto’s was beter as seuna s’n.

Ons het dit so geniet, die speelsheid tussen pa en seun oor foto’s.

‘n Genotvolle dag vol van vrede, liefde, familie, susterskap.

Ons is vyf susse, vier het getrou en net twee is steeds met hulle eerste liefdes getroud. Dus is swaerie my enigste swaerie. Oudste en jongste en hulle mans en Jakkalsvlei se wyne …

Ek mis haar. Maar, ons gesels darem gereeld en weet van mekaar se lief en min van mekaar se leed.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Jakkalsvlei wynplaasbesoek

  1. Dit lyk na ‘n heerlike kuier … op ‘n baie lekker plek! Ek gaan beslis die wynrakke na stap en Jakkalsvlei se pienk Mercato soek – dit klink soos ‘n wyntjie wat ek ook sal geniet! Mooi foto’s van julle 🌸.

    Liked by 1 person

  2. Christa, I read the word “Australia ” and said to myself ‘ what have we done now’. So glad you had fun, 17 wines! I don’t drink either it is not good for blood pressure or diabetes. Ciao Andrew Australie

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.