Gepubliseer in Joernaal,Woefkinders

Shilo kry wiele

Kyk, Shilo se siekte het my verstand oortyd laat werk. Die man wil by my wees, maar die been kry swaar. Toe sien ek iets in ons landgoed wat my die internet laat fynkam het.

‘n Foksteriër wat heerlik oral heen stap, aan sy leiband, net met twee voorpootjies en die lyfie op ‘n plankagtige iets, met wieletjies.

Ek het op die internet gesoek, maar geen idee gehad hoe om die vraag te stel om dit te kry nie. Net toe ek onder ‘n boom wou gaan sit totdat ek die hondjie weer sien, besluit ek om die veearts te kontak en te vra waar ek dit kan kry.

Sy verwys my toe na twee webbladsye en daar sien ek waarom ek nie geweet het waarna om te soek nie. Hulle noem dit rolstoele vir woewe!

By die een kan ek huur (R1000 deposito en R650 per maand), by die ander een word dit vir Shilo gemaak. Aangesien ek nie glo dat Shilo binne ‘n maand of twee nie meer hy my gaan wees nie, het ek op laasgenoemde besluit. Veral omdat die prys vir sy grootte op die webwerf as R2700 aangedui is.

Na al die afmetings gedoen is, kry ek ‘n R3 850 rekening vir die rolstoel. Steeds beter as om te huur, maar sjoe! Ek was egter in die knyp en het besluit om – net voor ek die deposito betaal – te hoor of ek nie maar liewer moet huur nie, veral omdat dit ‘n maand sou neem om sy wiele te kry. Die maatskappy verhuur egter nie meer nie, dus het ek maar betaal en mooi gevra dat dit vinniger gemaak word.

Om te hoor dat dit onmoontlik is, dalk twee weke, maar beslis maand.

Shilo wil loop, dus wend ek my Donderdag na Amazon om te kyk of daar is. En sowaar, daar is verskillende soort, mooi en lelik, goedkoop en duur. Ek besluit toe op ‘n goedkoper een wat ek met spoedpos kan laat aflewer. Met invoerkostes en spoedpos R3400.

En so is die rolstoel Sondag reeds in Suid-Afrika, ek verwag om dit vandag (Dinsdag) te kry.

En gister (Maandag) kry ek die WhatsApp op my ou foon – ek gebruik dit mos nie op my foon in my hande nie.

Betaal asseblief die finale bedrag, die stoel sal vandag of môre by jou afgelewer word.

Wat my in verstomming laat.

Ek vertrou nie Suid-Afrikaanse besighede nie, hulle verstaan nie as ‘n saak doodnoodsaaklik is nie.

En nou sit ek dalkies later vandag met twee rolstoele in die hande.

Shilo sal kan kies en keur!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Shilo kry wiele

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.