Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
En dit was regtig erg.
Ons het soms betaal om in die hotel op die lughawe te slaap. ‘n Baie duur oorstaan, maar absoluut noodsaaklik. Want ons kon nie 16 ure wakker bly op die lughawe nie. en ons was besonder moeg na die lang vlugte – ons was bykans drie dae lank op vlugte of lughawens.
Die een keer het ons egter besluit om in die stad in te gaan en in ‘n hotel in die stad oor te slaap.
Wat ‘n fout was dit nie? Toe ons daar aankom, kan ons ure later eers inboek. Gevolglik het ons skaars 3 ure geslaap voordat ons weer na die lughawe terug moes keer. Ons was besonder moeg.
Ons het toe maar in die straat afgestap en oor ‘n brug oor die rivier. ‘n Restaurantbrug. Onder die pad was ‘n reeks restaurante. Die restaurante was rug teen rug, met ‘n loopvlak aan beide kante teen die rand van die brug.

Ons was verras toe ons bo oorstap en soveel vissermanne sien wat lyne in die water, ver onder hulle gooi. Maar toe ons met die trappies afgaan, was ons meer verbaas oor die restaurante onder die pad. Daar was ‘n wye verskeidenheid, van baie duur tot baie goedkoop. Veral aan hierdie kant van die brug, waar groot passasierskepe baie naby aan ons kom draai het. Die ander kant het egter ook restaurante gehad.

Vir my was die hoeke met vissies of daarsonder – wat styf teen die reëlings opgetrek is – ‘n relatiewe gevaar. Want die lyne het gewieg in die wind, na die voetgangers se kant wat onder restaurantlangs oor die brug gestap het.

Kyk daardie vissie so naby die dak van die brug in die blou lug. Piepklein ou goedjies was kos geword het.

Ek hou van hierdie foto met ‘n refleksie van die passassiersboot in die venster van die restaurant.
Ons het nogal lekker daar geëet, al moet ek die hele tyd bekommerd wees om nie melkprodukte in te kry nie. Was ook glad nie duur nie, as ek reg onthou.

***
My rede vir dankbaarheid vandag is dat ek dit wel kon beleef. Dat ons nie elke keer in Dubai gaan land het nie. En dat ek die aarde so kon verken. Want ek twyfel tans ernstig of ek ooit weer my land wil verlaat.
Julle twee het baie herinneringe opgebou.
LikeLiked by 2 people
And many delightful photos to look at and the stories they tell.
LikeLiked by 1 person
The reflection in the window – Ek ook. Soos ‘n parallelle wêreld
LikeLiked by 1 person
Net so Andy, asof dit nie werklik is nie, mens nie daarin kan gaan nie.
LikeLiked by 1 person
Presies, ek het altyd na treine gekyk wat anderpad verby ry en myself daarin sien sit. Dit was, goed amusant. Tweeling
LikeLiked by 1 person
Dit is beslis. Ons het ‘n Afrikaanse gedig – Repos Alleurs, wat juis daaroor gaan. Hy sien ‘n meisie wat in die veld langs ‘n klein tentjie sit en na die trein kyk wat verbygaan. En hy wens hy was liewer daar in die veld, as in die trein. En sy wens – volgens hom – dat sy in die trein was en nie in die veld langs ‘n klein tentjie nie. Repos Alleurs beteken – die rus is elders (of nie waar jy is nie). En die boodskap daaruit is dat mens nie net tevrede is waar jy is nie. Dit is ‘n pu gedig, Totius is een van ons eerste digters. Hier is ‘n skakel na die gedig https://maroelamedia.co.za/afrikaans/gedigte/gedig-repos-ailleurs-die-rus-is-elders/
LikeLike
Dit is ‘n pragtige gedig.
LikeLiked by 1 person
Dankie, ons taal het pragtige gedigte.
LikeLike
Indeed, I remember immediately, even when it was taken.
LikeLike
Ons het, meer as wat mens gewoonlik doen, dankie, Anne.
LikeLike
Sjoe, dis baie interessant. Dalk kon die restaurante sodoende gou ‘n vars vissie op ‘n klient se bord kry 😉. Ja, dis tog goeie herinneringe om so terug te kyk na mens se foto’s … al was die omstandighede nie altyd ideaal nie.
LikeLiked by 2 people
Asof, en wat ‘n punny byt!
LikeLiked by 2 people
Indeed.
LikeLike
Net so, dit was en is spesiale herinneringe. Ons rede gegee om te onthou wat ons beleef.
LikeLiked by 1 person
Dis die herinneringe wat mens se lewe inkleur!
LikeLiked by 1 person
Dit is, goeie dae.
LikeLike
Sjoe, …dit was nou lekker om te lees van die vissermanne.
Ek en Rina vlieg D.V. Woensdag 2 Februarie via Istanboel na Vietnam. Daar was nie veel keuses t.o.v. rederye nie, en die eer het toe “TurkishAirlines” te beurt geval. Oorstaantyd op Istanboel ‘n astronomiese 20 uur. Ongelukkig, vermoed ek, sal ons nie die lughawe kan verlaat nie. Ai, ek sou graag ‘n opgedateerde foto van die vissermanne op die brug wou aanstuur. Ons sien baie uit na die uitdaging en baie goeie geleentheid.
Vrede en seën vir almal.
LikeLiked by 1 person
Philip, hulle bied toere van die lughawe aan. Jy kan per bus geneem word om groot dele van die stad te sien. En dit bring jou weer terug by die lughawe, betyds vir die vlug. Ek kan nie dink dat hulle dit nou sal afskaal nie, hulle het die geld nodig. Anders kan jy taxi na stad vat en self teruggaan. Dit is ook goedkoop. Suid-Afrikaners het nie visums nodig om uit gebou en in stad in te gaan nie, maar kyk maar op die internet.
LikeLike
Kyk gerus hier. Die toere van die lughawe af is gratis. Ek het vergeet daarvan, ons het verkies om self te betaal en te gaan waar ons wil. https://www.turkishairlines.com/en-us/flights/fly-different/touristanbul/tour-schedule/
LikeLike
Wow! Baie baie dankie. Ewe skielik is ek bly ons “staantyd” is 20 ure in Istanboel. Die toere lyk baie interessant en ek glo dit gaan ‘n belewenis wees.
LikeLiked by 1 person
Dit is. Ons Kazakh vriende het ook sonder visums Turkeye ingevaar.
LikeLike
Ons het in die Nordstern Galata hotel geslaap. Dit is outyds mooi, so ‘n blokkie op die rand van die water en by hierdie brug.
LikeLike
As ek reg onthou, kan mens een op die lughawe kry. En hulle help vinnig en maklik. Ons het verkies om die e-visa te doen en nie in rye te staan nie.
LikeLike
Hallo vriende,
So het ons die reis aangepak na Vietnam. Turkish Airlines se vlug was betyds, blykbaar ‘n uitsondering, Vroeg Donderdagoggend het ons in ‘n ysige Istanboel geland. Sneeu het soos sandduine op hope gelê en wag om te smelt. Dit het gereën, en omdat dit onder vriespunt was, het die sneeu nie gesmelt nie. Na, wat soos ‘n ewigheid gevoel het, het ons ‘n e-visa gekry vir die tyd wat ons moes wag vir die volgende vlug. 20 ure is nie grappies nie. Van julle gereëlde reisigers sal weet.
Die bussie van die redery het ons ba Ever Hotel Europe in Istanboel geneem. Gawe mense. My baie laat dink aan my tyd in Saudi Arabië. Na ‘n lekker verfrissende stort het ek weer soos ‘n mens begin ruik. Die heerlike ontbyt en lekker koffie was net betyds. Nou is dit in die hotelkamer sit en wag vir die tyd om verby te gaan. Eers het ek my rekenaqr aangesit om te tik aan my navorsing, maar my gedagtes was ver weg.
Opslag besluit ons dat ons die stad gaan verken. Die gratis dagtoere van die redery is afgeskaf agv Covid. Dit sou ons nie terughou nie. Ek’t vooraf bietjie gelees en wou die stad ERVAAR. Die taxi het ons na die “Grand Bazaar” geneem. Ek’t geweet ons gaan ‘n paar dinge raaksien oppad daarheen, en nogals gehoop die bestuurder ry nie die kortste roete nie – sonder om dit vir hom te sê – anders het ons nou nog gery.
Was dit nou lekker om Istanboel te ervaar. Ons het seker uitgestaan soos puisies want daar is nie veel ander besoekers nie. Die eerste stalletjie se verkoper vra sommer dadelik: “Are you from South Africa?”, met ‘n sterk Turkse aksent. (Ek’t nie my Bok-trui aangehad nie. Hy pas nie meer nie.) So kry ons komplimentêre tee – ek drink nie sommer vreemde drankies nie, veral as dit gratis aangebied word nie. Ek het al my les geleer. Die persoon neem ons na sy vriend se winkel wat matte verkoop. Die mooiste matte. Bekostigbaar, maar ons kannie nog matte in ons handbagasie sit nie. Pos is ook nie ‘n opsie nie. A.g.v. Covid is ons effens platsak.
Dit begin saggies reën. Ons stap doelgerig na nêrens. Ek’t al geleer, as jy stadig stap en kort-kort na goed kyk, storm die entrepeneurs op jou af. Ons koop Turkish Delight. Daarna bestel ons ‘n wegneemete – baie goedkoper as in Kaaapstad. Ons kry weer ‘n taxi terug hotel toe. Die vissermanne wys hulle staal, of sê mens vis. Rye vissermanne op daardie einste brug wat spog met hul vangste.
Terug by die hotel, drink ons ‘n lekker koffie en begin gereedmaak vir ons vlug na Ho Chi Minh City. Dankie vir die raad Christa – anders kon ek dalk nou net vir julle beskryf het hoe die hotelkamer lyk.
Groete
Philip
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die lekker saamgesels. Het jy foto geneem? Sterkte met die reis. So terloops, Turkish Airlines is regtig goeie keuse. Lang oorstaantye is so effe problematies. Maar dan sien mens die stad. Heerlik.
LikeLike
Baie dankie vir die mooi wense. Nee, ek kon ongelukkig nie ‘n mooi foto neem nie. Op daardie stadium het dit begin reën en met die druk verkeer het ek eerder my oë op die pad gehou. Ja, ek moet sê hulle diens was goed. Die kos was ook smaaklik.
Groete
Philip
LikeLiked by 1 person
Inderdaad, en hulle gee die mooiste sakkies.
LikeLike
En net so het ek leser uit Viëtnam. Seënwense, julle is baie waaghalsiger as ek. Ek twyfel of ek ooit weer oorsee sal gaan …
LikeLike
Dankie Christa. Waardeer die goeie wense verskriklik baie.
Groete
Philip
LikeLiked by 1 person
Hou ons gereeld op hoogte. Sal lekker wees om van julle ervaring te hoor.
LikeLike
Ek sien mens het visum nodig. Ek het so bietjie vergeet. mens doen aanlyn aansoek, betaal en dan kan jy die stad ingaan. Maklik en eenvoudig. Hier is die skakel https://turkeyvisa.com.tr/turkey/?gclid=EAIaIQobChMI0O_B1ovb9QIVibHtCh0-WQJZEAAYASAAEgLFtfD_BwE
LikeLike