Gepubliseer in Joernaal

Naweek van stilte op my blog

Ek groet tot Maandag, want ek mag my iPad nie die naweek saamvat nie.

Weet nie presies wat op my wag nie, maar ons gaan blykbaar iewers heen om ons 40ste huweliksherdenking te vier. Mag niks meer weet nie, behalwe dat ‘n mooi rokkie ingepak moet word. Ons slaap oor.

Ek het idees daaroor, maar gaan liewerste nie raai nie. Het solank gesê waarvan ek nie sal hou nie, soos spa en massering, maar hy het te vertelle dit is nie dit nie. Hy ken sy vrou en sy dink nie dit is bederf nie …

Geniet die naweek, ek sien na die verrassing weggaan uit.

***

Rede vir dankbaarheid vir die hele naweek is my man wat al 40 jaar lank aan my sy is. Foto is in 2019 in Istanboel geneem. Ek het gister van die plek vertel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

14 gedagtes oor “Naweek van stilte op my blog

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.