Kyk, wat ek nou gaan vertel, is seker nie mooi om oor te vertel nie. Maar ek gaan dit tog doen, want ek wil mos eendag as ek oud is, weer hier kom lees en lag. Terwyl ek onthou.
So is dit wasdag toe kleinkind by my kuier. En dit is ‘n hele gedoente hoor.
Hy geniet dit om knoppies te draai en druk terwyl die masjiene werk. Dan kla die masjiene. Nou druk ouma die twee knoppies wat mens saamdruk, dan sluit die masjien haar knoppies. En kan hy draai soveel hy lus het, die masjien was rustig voort terwyl hy was. En hy is gelukkig, want hy dink hy laat die masjien werk.
So “help” hy nou die dag toe ouma wasgoed ophang.
Haal die stukkies klere uit die wasgoedmandjie op die grond en gee aan. Dat ek kan ophang.
Maar, toe trek twee stukkies klere sy aandag. Een van ouma se onderkleertjies en een van oupa s’n.
Toe ek weer sien, hang myne soos een van daardie ronde nekserpe om sy nekkie. Strikkies voor. Koppie so mooi deur een van die gate gedruk. Ek weet ek kan nie dadelik afhaal nie, dit gaan die derde wêreldoorlog veroorsaak.
Dus kyk ek rond of iemand sien, want dit is aan die voorkant van die huis, langs die huis in ‘n gangetjie. En slaak ‘n sug van verligting, ons is alleen.
Hoe sal die ou dingetjie ook nou weet hoe skaam sy ouma is? En dat dit absoluut onaangenaam is om te sien waar my onderklere pryk.
Hy is egter doodgelukkig, hy het beter plek daarvoor gekry as wat dit is om op die draad opgehang te word.
Oupa s’n – ‘n rooie – word met ‘n “oupa” tot by die hekkie gedra wat op die straatjie uitloop. En woeps, deur die hekkie gedruk en gegooi.
En daar staan ouma.
Ek en hy moet by die voordeur uit en omloop om oupa s’n – wat soos ‘n rooi vlag in die straatjie lê – te gaan optel. Maar eers moet ouma s’n om die nekkie verwyder word. Sonder dat die aarde ophou bestaan.
Gelukkig loop ons deur die kombuis en kan hy vir hom ‘n suiglekkertjie uit die spenskas haal. Terwyl ouma die dingetjie afhaal en buite gaan ophang.
Natuurlik maak ek nou doodseker dat geen onderklere opgehang moet word as hy hier kuier nie.
***
Rede vir dankbaarheid vandag: Juis hierdie ou klein mensie wat my die lewe deur die van ‘n baba-kind laat sien. Ek moet eerlik wees, ek het nog nie aan een van sy twee planne gedink nie. En ek het al geleef!!!
Klein kinders sien ons omgewing deur ‘n ander oog. Toe ons ‘n ma was kon ons dit erken, maar ons was besig met die lewe; as ouma kan ons die tyd neem om te wonder oor wat die kleintjies sien en dink.
LikeLiked by 2 people
Net so, Anne, ek los alles wat ek moet doen as hy by my is.
LikeLiked by 1 person
😅 … Ek het nou heerlik gelag (sien sommer die prentjie voor my soos jy die storie beskryf)! O ja, die onskuld van ‘n kindjie!
LikeLiked by 2 people
Ag dankie. Net so, die onskuld. Ek loop met rooi ore en hy dink hy het nuwe serpie ontdek.
LikeLiked by 1 person
Dis hoekom die Here hulle op hierdie tydstip in ons lewens vir ons gee….sodat ons weer soos kindertjies kan glo en doen.
LikeLiked by 3 people
Net so Woordnoot, mens dink selde so daaraan.
LikeLiked by 1 person
Wat is Word Note?
LikeLiked by 1 person
OK, that one woordnoot has to explain. I am not sure, I kind of remember than it is actually woord en noot (woordennoot) to refer to words (woord) and music (noot). I have to ask her to explain, but it is a word she created for herself.
LikeLiked by 1 person
Yes she did and it’s derivation is interesting.
LikeLiked by 1 person
I am so glad.
LikeLike
Hi Andrew…it all started when I was broadcasting a program on an internet radio station. The name was Met Woord en Noot…translated meaning with word and notes. The program was reading of poems and music. So when I started blogging I combined the two words that came to Woordnoot…..Wordnote😂
LikeLiked by 3 people
How long ago was that ? Makes sense now, I did get the Word Note from the dictionary,however the translator translated verbatum.
Some Afrikaans is very easy, from my German, I also notice English,I must learn verbs nouns and adverbs. The syntax is not too complex.
LikeLiked by 1 person
It was in 2017. I broadcasted for nearly three years. I am glad that it makes sense now.
LikeLiked by 1 person
So recently. Yes it makes sense.
LikeLiked by 1 person
Dankie Woordnoot.
LikeLike
Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie.
LikeLiked by 1 person
Jip.
LikeLiked by 1 person
Hi Woordnoot, sal jy asb vir Andrew verduidelik wat woordnoot is? Ek het probeer, dink ek is halfpad reg …
LikeLike
Ok het verduidelik…hoop dit maak sin😂
LikeLiked by 1 person
Hy verstaan, oulik, dankie.
LikeLike
Presies net so. En as ons geloof maar soos die van ‘n kind was …
LikeLike
Ons sou nie die angs hê wat ons wel het nie.
LikeLiked by 2 people
Inderdaad, ons sou verstaan dat ons veilig is by ons Pa.
LikeLike
Dit is so mooi gesê en maak so sin
LikeLiked by 1 person
Jip ek beleef dit nou al 14 jaar
LikeLiked by 1 person
Goeie idee. vriendin.
LikeLike
Ek stem saam, mooi.
LikeLike
Giggel ek nou heerlik vir jou penarie
LikeLiked by 2 people
Dankie vir die saamlag, ek het ook maar net gelag vir die mannetjie. Sal maar nie eendag vir hom vertel nie
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik om mens se kleinkinders sien grootword.
LikeLiked by 2 people
Ag dit is, ons speel te lekker
LikeLike
Ja, as jy kan is jy baie geseënd. Ons het nie die plesier gehad nie. Dom familie-roeiery en vooroordeel het ons verhinder om hulle te sien.
LikeLiked by 1 person
roeiery? stryery? onmin in familie. Ai Andy, dit is sleg as ek reg verstaan.
LikeLike
Ja, vir 22 jaar.
LikeLiked by 1 person
Kan jy dus nie jou kleinlkinders sien nie? Dit is baie sleg, want dan is hulle al grootmense.
LikeLiked by 1 person
Nee ek kan hulle nie sien nie, die oudste is in haar vroeë 20’s en die jongste so 16. Daar is nog 2 meisies.
Toe ek geskei en toe met Jessica getrou het, het hulle opgehou om met my te praat.
Net onlangs het Dawid die Ouderling op Facebook gekommunikeer.
My jongste, Simon is gay en is al 23 jaar saam met sy maat – hy kuier nou en dan baie en bel soms.
Ek het sulke groot veranderinge in my lewe gemaak en om een of ander rede het die seuns gedink dit het hulle geraak. Dawid was bang hy sou sy werk verloor.
Ek weet nie of jy my bio by
https://brandrewmuses.wordpress.com/2017/08/30/one-of-my-transgender-journeys-30-august-2017/
Ook by https://efo8.wordpress.com/about-2/
LikeLiked by 1 person
Ek gaan bietjie lees. Dankie, Andrew.
LikeLiked by 1 person
my rede vir dankbaarheid vandag is hierdie wonderlike storie wat jy spin.
Ek kan net dink hoe die nuwe ontwerp in nekklere en oupa se vlag oor die muur wapper. ’n Noodsein, ongetwyfeld uit Ouma se onderklere gestuur, wat te verleentheid was om in die openbaar gesien te word.
The last line would not translate properly
LikeLiked by 2 people
Dit is baie oulik, Andrew. It is quite good, the last one.
LikeLiked by 1 person
Just laughing again.
LikeLiked by 1 person
He is so cute. How are you, Andrew? And your wife?
LikeLike
Christ , I left a Post on your blog,in Africaans to let you know how I am. May have escaped into the ether.
Not too well, waiting for a hip replacement, there is something amiss with my knee on the same side. And three lots of stenosis in my spine.
Jessica is really not the best. She had surgery on her waterworks which was botched. The Dr has run off to his lawyer and abandoned Jessica to the Public Clinic. Without even an apology.
I’m having to use Jessica’s spare wheelchair to get around. On 10th May I go to the Independent Living Specialists for my own chair.
LikeLiked by 1 person
Andrew, I am so sorry to hear that. I have read your comment, and I am so sorry if I did not reply. I seldom come to WP as I get hooked, and need to use all my spare time to complete at least one more academic paper to be published this year. Time is catching up as I am looking three days per week full time after my grandson, and I do nothing else those days. How horrible, that doctors can run away when they mess up the lifes of their patients. Or even being responsible for their death! I can’t understand it as teachers are held accountable for the success of their students, and are in major trouble when their students do not perform – or fail – even if they interrupt classes, they are not in the worng. We are. Please keep me up to date, I am missing our conversations.
LikeLike
Christa I’ll keep you up to date.🙏
LikeLiked by 1 person
Please, I have send an email as well if that would help to keep in touch.
LikeLike
Yes. I have the email. That will help.
Thank you.
LikeLiked by 1 person