Vanaand wil ek sommer net iets korts skryf, iets oor dankbaarheid vir somer, son en see.
In Januarie 2020 – terwyl ons in Kazakhstan was – het ons beplan om die kinders en kleinkinders met ‘n vakansie in Mauritius te bederf vir Desember 2020. En toe val alles plat toe die aarde in beperkings ingegaan het.
Oktober 2020 toe ons huis toe gekom het, vir die eerste keer seedrt Maart 2020, het ons een begeerte gehad om ooit weer oorsee te gaan nie. Toe huur ons ‘n strandhuis op Umdloti strand en gaan met al die kinders en kleinkinders vir ‘n week na ‘n Suid-Afrikaanse strand toe.
Dit was hemels, al het ‘n aap my daar die skrik op die lyf gejaag. Dit was deel van die pret.
Vandag herinner my iPad my aan die foto, een wat ek net voor een die middag van die strand geneem het.

Met skepe wat op die horison wag om in Durban se hawe in te gaan.
En dit herinner my aan die pragtige land van my.
***
My dankbaarheid vir die dag is dus dat ek na my eie land kon terugkeer, die vakansie saam met die kinders kon geniet. Maar veral ook vir die drie goed wat my so lief vir my land maak:
Somer, son en see …
Ek sit op die oomblik juis tussen twee vure:
Vakansie aan die Natalse kus? Iewers net bokant Durban, nie so hoog soos Stanger nie. Dalk effens suid in die rigting van San Lameer? Ek is verlief op die warm see, wit strande. Maar die seesand kan in die somer onmenslik warm raak …
Of vakansie aan die Wes-Kaapse kus? Iewers tussen George en Stilbaai? Dalk Groot of Klein Brak? Selfs Hartenbos en Mosselbaai? Naby my dollatjie, maar die see is so koud dat dit my nie nooi om te swem nie.
Nie sommer die weskus nie, daardie water is onmenslik koud. Selfs in die somer raak jou voete gevoelloos as jy in die water gaan staan. Maar daar is pragtige plekke, soos Paternoster, Tietiesbaai, Muisbosskerm, Langebaan, Klub Mykanos. Tog sal ek nie daar wil gaan bly nie, die see roep te veel om te wil swem ook.
Suid-Afrika is seker een van die mooiste lande en daar is soveel plekke waar ‘n mens kan gaan wat heeltemal anders is. Lank, baie lank gelede was daar ‘n advertensie: South Africa – many countries in one.
LikeLiked by 1 person
Dit is presies net so, Anne, pragtige land. Ons het selfs sneeu.
LikeLiked by 1 person
Jy deel my liefde vir ń warm see!
LikeLiked by 1 person
Mozambiek s’n wen natuurlik, hoe praat ons twee nou?
LikeLike
Defnitief, Christa. Het julle reggekom met ń boothuis?
LikeLiked by 1 person
Gebel, maar nog nie verder gegaan nie. Dankie vir die omgee, Una, sal laat weet.
LikeLike
Dis lekker om my tuisdorp raak te lees in jou storie (Langebaan). Ja, die water is bitter koud … maar op ‘n warm dag (en ons het ‘n hele paar die afgelope paar dae gehad), is die Langebaan meer se water tog te lekker!
En ek stem … somer, son en see … dit spel Suid-Afrika!
LikeLiked by 2 people
Presies net so. So, jy bly ook in Langebaan. Ons het een nag daar oorgeslaap.
LikeLiked by 1 person
Ja, net so ‘n klipgooi van die meer af (waar die water effens warmer is as in die grote oseaan) 😉.
LikeLiked by 1 person
Klink heerlih verby.
LikeLiked by 1 person
Altwee rigtings het sy heerlikheid. Jy moet maar dit in n hied gooi en een uittrek.
LikeLiked by 1 person
Is so, ek hoop natuurlik die Wes-Kaap wen.
LikeLike
Nou ja, dan het jy mos klaar besluit.
LikeLiked by 1 person
Nie regtig nie, die besluit sal prakties van aard wees. Die warm see van Natal trek my hart.
LikeLike
Ons het ook meestal maar die warmer see bo die kouer deel gekies.
LikeLiked by 1 person
Die water is koud hier in Langebaan, maar tog so verfrissend!
LikeLiked by 2 people
Hmmm, ek weet nie van verfrissend nie, my voete wou afvaal en dit was oor kerstyd. Maar ja, jou plek is pragtig.
LikeLike
☺️
LikeLike
So lekker om te lees…man…Somer ..Son… en natuurlik See….dit rym sommer albei kante toe…omarmde rym…paarrym…eintlik wil ek sê dit pas bymekaar soos kettie-en-klip.
Ek lees van al die plekke.. interessante plekke, mooi plekke, lekker plekke. Was darm al by al die plekke genoem… al was dit net om te sien of alles wat in die naam gesê word rêrig daar is. Jy’s reg Christa… dis mooi…dis ons plek.
Party dae verwyt ek myself so effens dat ek nie my kind(ers) aan die Kaap, nou ons tydelike tuiste, kon blootstel nie. Seker maar op daardie stadium te konserwatief gewees, gedink sekuriteit en ‘n bekende omgewing is belangriker as verken en fyn houtjies bymekaarmaak vir Huis Herfsblaar. Terloops, het ek al genoem dat ons nie meer “inkommers” is in ddie Skone Kaap nie. Ons brei…en bry nognie, en ons is nognie Stormers nie. (Speel hulle nog?) Ons het vir twee jaar nie ‘n televisie nie. Ons massiewe platskerm vir een van die kinders geleen. Lyk of dit permanent is.
Daar wag heelwat uitdagings …NEE geleenthede op ons in hierdie jaar…meer daaroor ‘n bietjie later. Ek wil nie die aap uit die mou laat nie…
Christa….sit gerus Vishoek bo – op daardie lysie. Dis my plek waar ek kom ankergooi…dit klink beter as uittree of aftree…en dis hier waar my as maar ook eendag gestrooi moet word. (Sensitief, maar realiteit). As ek eers die plek se mooi gaan beskryf, gaan ek dae lank besig wees. Ek wil tog opkom vir die “mense” van die plek, wat vir donkiejare as ‘n “droë” dorp bekendgestaan het. Mense wat in jou hart inbreek. Mense wat jy altyd mee vriende wil wees.
Geniet elke oomblik van beplan. Droom groot, en maak “memories”!
Groetnis
Philip
LikeLiked by 1 person
Dankie Philip, dit is beslis op my lysie van dorpe, vishoek is een pragtige plek so agter die Kaapse berg en teen sy onderste punt. Lief dit om daarheen te gaan. Sterkte, klink na wilde jaar vir jou.
LikeLike
Baie dankie Christa! Waardeer die goeie wense sommer baie.
Die jaar het nogals met ‘n tempo afgeskop. Wanneer is die volgende vakansie? Hahaha.
Eintlik het elke dorp hier rond sy eie karakter. Simonstad….met sy ou geboue… is ook sommer in hoofletters op my lysie. Dan Noordhoek, met daardie lang, oop, wye spierwit strand. Kommetjie. Scarborough…ai…ek gaan seker die heeldag kan aanhou skryf van elke plek en hoe dit my laat voel.
Vreugde en vrede.
Philip
LikeLiked by 1 person
Ek stem saam, al die dorpies daar om die voet van Tafelberg is pragtig. Tog verkies ek opo die oomblik presies waar ek is. Ons kyk wel na vakansieplek. Sterkte vir jou.
LikeLike