Gepubliseer in Joernaal

Ingetrek, maar nie heeltemal uitgepak nie

Vanaand gaan ek min skryf. Ek moet by my voorneme hou om elke dag te skryf oor iets waaroor ek dankbaar is. En vandag is ek dankbaar dat ons ingetrek is, al is ons nog nie heeltemal uitgepak nie.

Ons het Vrydagmiddag begin. So twee keer per dag die bakkie en later ook die Suzuki Swift vol gelaai, hierheen gekom, uitgepak en teruggegaan. Om die volgende dag weer te pak, laai, af te laai en uit te pak. So is al die breekware en kombuisgoed en kruideniersware teen Maandagaand in die nuwe huis.

Die vervoermense het vanoggend 8 uur opgedaag. Ek hou baie van mense wat betyds is. Binne twee ure gelaai en ‘n uur later was al die groot meubels in die nuwe huisie, so 10 km vanaf die vorige een wat ons verkoop het.

Reeds van Saterdagoggend af staan ek en manlief soos ou mense op. Die spiere is seer, ons moet dit eers soort van warm kry om vinniger te stap. Maar ons het aangehou en uitgehou en die vrugte gepluk.

Ek haat dit as die vervoermense elke twee sekondes inkom en vra na watter kamer ‘n boks gevat moet word. En wanneer die bokse my huis vol staan.

Ons kon twaalfuur al kos maak, koerldrank drink, rustoig regskuif. Want die grootste werk is oor die naweek gedoen.

En nou gaan ons slaap, ek is regtig moeg na die gepakkery.

Vyf maande gelede het ons in Kuruman gepak om stad toe te kom. Gedink dit is ons aftreehuis. Maar toe weet ons nie hoe kompleks komplekslewe is nie. Toe het ons twee griep (covid) gehad en was ons twee weke plat in die bed voordat ons kon begin pak. Toe het ons stadig gepak, moeg geraak en gestop.

Nou het ons pure lewe gehad, ons het binne drie dae getrek en slaap vanaand in ons nuwe huisie.

Die Here is ons genadig, en ek is dankbaar daarvoor.

Hooffoto: ‘n Onsie (selfie van meer as een mens) van my en die Schnauzers oor kersnaweek by die rivier. Is ons nie oulik nie?

Die water het gister hoër gestyg by die Vaal, tot 3 meter gestyg en weer gesak. Ek dink egter steeds die dam word goed bestuur en dat ons nie gaan oorstroom nie.

En so terloops, hier waar ek tans bly, is daar ook oorstromings. Hier was juis daar verlede week oorstromings toe die Hennops oor sy walle gevloei het as gevolg van erge reën. Darem ver van my huis, maar tog naby my. Dan moet die mense in die ander deel van die landgoed by ander hek ingaan omdat die pad oorstroom is. Hoe vreemd is dit nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

28 gedagtes oor “Ingetrek, maar nie heeltemal uitgepak nie

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s