Ek dink elkeen wat ‘n Schnauzer het, sal met my saamstem. Die Schnauzers is luidrugtige woefkinders.
So kom groet die tannie wie se huis ons gekoop het en die vrou oorkant ons wat in beheer van die ses huisies se sake is, gister. En haar klein worshondjie kom saam, die woefkind is gewoond daaraan om saam met haar te kuier, lyk my ook by hierdie huisie, hulle twee was vriendinne.
My Schnauzers het so rof by die hekkie vir hulle gestaan en blaf dat ek hulle maar in die huis gaan sit het. En hierdie huis het een heerlike voordeel, die stoep is met groot oopskuifdeure toegemaak, daar kan ek hulle sit om af te koel.
Hulle was nie gelukkig om aan die een kant van die hek te staan terwyl die mense en die worsie aan my kant was nie.
En dan blaf hulle dat hoor en sien vergaan. En dit maak my vies as ek soos ‘n straatvrou moet raas …
Die tannie by wie ons gekoop het, vra nog so verbaas hoe ‘n Schnauzer lyk toe hulle om die hoek kom. Sy sê nog: “Oe, hoe mooi” toe hulle luidrugtig begin kla omdat hulle nie ook aan hierdie kant van die huis mag wees nie. En dit kan nie, dit is op straat. Nou wel ‘n klein doodloopstraatjie met ons op die einde daarvan, maar steeds op straat.
My woefkinders kla net as daar mense of ander woefkinders is wat volgens hulle nie by ons hoort nie. Dus behoort niemand te kla nie …
Luidrugtig sowaar. As ek my sussie bel en haar Schnauzer blaf soos een wat kinkhoes het, weet ons daar is iemand by haar voordeur.
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan. Gelukkig blaf hulle net as daar iets is.
LikeLike
Ja.
LikeLiked by 1 person
I’ll read it on the computer,later,say hello to the woofs
LikeLiked by 1 person
Thank you very much.
LikeLike
Hulle mag dalk luidrugtig wees, maar ag, hulle is tog so oulik!
LikeLiked by 1 person
Lieflike woefkinders, ruil hulle vir niks nie.
LikeLiked by 1 person