Rit op ‘n “snow mobile”

Ek is nogals so bietjie avonluurlustig. Bietjie. Regtig.

Ek het op ‘n plaas grootgeword en perd gery. Bloots ook. Dit is vir my baie veiliger as ‘n stiebeuel wat kan breek. Soos myne een keer gedoen het.

Ek het geen idee hoe ek bo gebly het nie. Maar op ‘n galop is val nie die beste keuse nie. Dus moes ek bo bly.

Ek het my eie vierwiel (quad) en kan met kleinkinders en my honde daarop ry. Dus kan mens aflei dat ek nie te vinnig ry nie. Ook dat ek verkies om nie saam met manlief te ry nie.

Ook maar goed, want hy het een keer soos ‘n gogga onder syne gelê. Bene en arms uitgestrek. Omdat hy teen ‘n steil helling op wou gaan. Ek het eers gelag toe ek sien dat hy veilig is … En gehelp om dorings oral uit te trek.

Weet nie wat dit met die man is nie. Net so met bergfiets. Hy sien ‘n bergfietsroete is gevaarlik, jaag daaroor en val. Trek na die resies dorings uit bene. En rowe word weer heel.

Ek nie. As ek effens bang word, stoot ek my fiets na veiliger terrein.

As ek moet kies, wen veilig teen eerste plek. Of tweede of derde. Laaste was ek net een keer. Dit was nie lekker nie.

Teen hierdie agtergrond, weet jy dus ek is nie net versigtig nie, ek verkies om aan die stuur van my ryding te wees. My gevaarlike ryding altans.

Sondag is ons uit na Zinovevka, ‘n vakansie-oord naby Ust, so 85 km ver. Op pad na Ridder toe. En daar vra Sergei ons of ons “snowmobile” wil ry.

Ek is eers opgewonde, toe sien en die massiewe ding waarmee ons gaan ry. Ek sê toe dis goed, ek ry saam met die man saam met wie mens kan ry. Self gaan ek dit nooit probeer ry op onbekende terrein nie.

Daarvoor het ek te lank aan bergfietsrenne deelgeneem. Die avonturiers wat die paadjies uitlê, neem nie ouer dames in ag nie.

Ons kan kies. 10 minute of 30 minute. Ek kies 10 teen 3 000 tenges. Dit is nog koud en ek vermoed my hande gaan koud kry. Ek het net dun handskoene saamgevat.

Daar is twee sitplekke en ek sit agter.

Sergei sê nee, skuif vorentoe en ek sit op die knop tussen die twee, redelik vies omdat dit onveilig voel. Saam met die bestuurder op een sitplek gaan ek nie sit nie.

Daar is mos tweede stoel? Toe laai hulle manlief agter my op.

Ek sit nog so, toe lig Sergei my op en plak my op die voorste sitplek neer. Saam met die Qazaq.

Die Qazaq te naby aan my na my smaak en tussen my bene.

Dus druk ek my jas tussen ons in en lê na agter na manlief toe. Ek besluit ook om bene so wyd moontlik oop te hou dat so min moontlik van my aan hom raak.

En sit ook nie my arms om sy lyf nie, hou aan yster saam met manlief vas. Hy is mos gestut?

Die Qazaq wys ek moet om sy lyf vashou. Ek wys ek is reg net soos ek is.

Maar mens, ek het nie in ag geneem dat die masjien krag onder sy kap het nie! Nie met drie mense nie?

Ons is stadiger daar weg en toe begin ons spoed optel op die paadjie wat vir die snow mobile gemaak is.

As mens dit paadjie kan noem, want dit is op sneeu.

En ek sien net hobbels soos daardie wat hulle vir fietse maak. My maag trek op ‘n knop en ek giggel senuweeagtig.

Op en af by die eerste een en my hart sit in my keel. Ons masjien is groot en die hobbels lyk vir my te klein vir ons om al die pad tot onder te gaan en dan weer na bo.

Toe ons deur die eerste hobbel is, is my kuise arms om die Qazaq se lyf, my bene ook nie meer so ver van sy lyf. En vrees ek dat handskoene op die gladde baadjie kan gly.

Dit het nie. Toe kan ek dit eers geniet. Want sien, toe voel ek veilig.

Heeltemal te gou.

Soos ek geraai het, was due hobbels te na aan mekaar en was ons tussen twee hobbels in die lug.

Nie op die aarde nie. Vlieënd.

Die ou het egter sy ry geken. Ons was veilig.

Die spoed het nie gepla nie. Ek vermoed ek was na die eerste hobbel daarvan bewus dat die man kan bestuur.

Goed kan bestuur. En dalk dankbaar dat ek dit so verkies het. Eerder as agter manlief op ‘n onbekende voertuig.

Ons het in die paadjies gery en nie oor hulle soos hierdie man nie.

Dalk sou hierdie veiliger voel?

Ek het die pad so oor sy skouers dopgehou. Vermoed ek het in sy oor gegiggel van die skrik as ons veilig oor ‘n hobbel is.

Tien minute is baie langer as wat ek gedink het.

So Toortsie, ek skat dit is hoe ek die lewe gevier het.

15 gedagtes oor “Rit op ‘n “snow mobile”

          1. Ja jong, ek wou op n stadium toe gaan tydren ry saam met n vrou wat ek leer ken het. Sy het tydrenne gery. Nou is ek darem afgekoel. My seun het op skool vir hom n mototfiets gekoop met sy koerantgeld. Ek het hom ondersteun daarin. Hy is steeds nog geinterreseerd in motorfiets ry.

            Like

  1. Christa, hier laat jy my nou laataand lekker lag. Janee, as mens effens bangerig is, kan jy nie kieskeurig wees oor wie tussen jou bene sit en aan watter lyf jy vashou nie. Knyp liewer oë toe en geniet.

    Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.