Gepubliseer in Foto-stories & uitdagings,Joernaal

My Nemesis

Seun was al in die laerskool toe die naskooljuffrou my opkommandeer, ek moet haar die middag na skool gaan sien want my kind was stout. En hy kan nie meer by die naskool bly as ek haar nie gaan sien nie. Hy was in graad 3.

Die middag is ek na skool die trappe van Laerskool Koppie Alleen op na die klas waar sy na hulle kyk. Ek het by Welkom High skoolgehou. En was bitter ontevrede omdat ek nie reguit huis toe kon gaan nie, ons het in Virginia gebly.

Daar gekom, lyk seun beteuterd. En vra ek vir die vrou wat fout is.

Volgens haar het seun haar dogter gevloek!

Juffrou wat ek is, vra ek wat hy gesê het. En moet ek – wat ‘n taalonderwyseres is – hoor dat hy gesê het dat haar dogter sy Nemesis is. Ek het geen idee gehad wat die woord beteken nie. Maar dat dit nie ‘n vloekwoord was nie, het ek darem geweet.

Ek vra haar toe of sy weet wat ‘n Nemesis is.

Sy het geen idee nie.

En toe vra ek vir seun, want die probleem moet opgelos word.

En verduidelik hy die groot woord met nog ‘n groot woord. Sy is sy aartsvyand!

Die vrou het om verskoning gevra, ek was bitter ontevrede omdat sy my tyd so gemors het. Maar supertrots op my baie slim seuntjie.

In die kar vra ek waar hy sulke groot woorde leer. Om te hoor dat hy dit op TV gehoor het. Sy kinderstories.

En nou wil ek oor my Nemisis vertel.

Doringbome.

Ons rivierhuis is omring van doringbome.

En hulle blommetjies maak my sinusse bottoe.

So gaan ek verlede week die apteek op die klein dorpie binne. Vertel vir die apteker dat ek goor voel, die blommetjies maak my sinusse toe. En stap met die regte medisyne uit om die slym te verdun en die sinusse skoon te kry.

***

My rede vir dankbaarheid vandag is juis daardie apteker. Hy het my nie aangegaap asof ek met ‘n “dodelike” siekte by hom ingestap het nie. Volgens hom is sy apteek besig hierdie tyd van die jaar, want baie mense se sinusse slaan toe van die stuifmeel van hierdie blomme van doringbome. Dit is ‘n algemene alergiese reaksie …

En sluit ek af met ‘n vraag: Waar is sinusinfeksies, verkoue en griep heen? Niemand kry dit meer nie …

***

Hooffoto: Ek het dit sowaar so naby die blommetjies gewaag om hierdie makro-foto te neem. Ek het die fokus op die blommetjies geplaas om die agtergrond sodoende te versag. Dit is die oorspronklike foto, ek het dit nie agterna tegnologies verbeter nie. Ek sal kommentaar op die foto waardeer.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “My Nemesis

  1. Die reuk van hierdie blommetjies is so lekker, maar ek stem saam dat hulle maak my sinuse ook toe – net in die laaste paar jare. Toe ek jou foto sien het ek gedink ‘Ah Christa gaan nou vir ons van die blomme by die rivier wys!’ Ek hou baie van hierdie foto: geel is ‘n moeilike kleur om goed af te neem.

    Liked by 2 people

  2. Is this a non sequitur “Ek het die Hoërskool Welkom bygewoon” – at this point in the narrative why is your high School relevant? Begaafde en precocious kinders kry ons in die moeilikheid. Miskien wou jou kind nie daar wees nie? Miskien was die meisie regtig sy lot wat gewag het om te gebeur

    Liked by 1 person

  3. September maande wil ek dit amper nie buite waag nie … dan kla my sinusse oor die mooi ou lente blommetjies! Hoe pragtig is jou geel blommetjie foto nie – die detail is pragtig (en daardie sondebok-stuifmeel duidelik sigbaar)!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.