Eerste hoofstuk in ‘n boek is beskikbaar

Ek het, tot ‘n jaar gelede, nie in my wildste drome gedink dat ek ‘n hoofstuk vir ‘n akademiese boek sou skryf nie. Tog is ek tans besig met ‘n hoofstuk vir ‘n tweede boek. Dit het so gekom.

So jaar gelede lees ek ‘n Call for Proposals op LinkedIn raak. Alice Diver, ‘n dosent in Engeland, het voorstelle vir ‘n hoofstuk in Employability via Higher Education: Sustainability as Scholarship ingewag. Die sluitingsdatum was egter pas verby.

Ek was egter van mening dat ek ‘n voorstel sou kon skryf wat aanvaar sou word. Een oor die gebruik van eportefeuljes om studente vir die werksplek gereed te maak.

Ek was ‘n jaar lank by Unisa betrokke by die infasering van eportfeuljes. Het ‘n module vir ‘n jaar lank gratis en verniet aangebied. Omdat die kalf in die put was. En ek asseblief moes help, maar nadoktorale genote mag nie vergoeding daarvoor kry nie. Dit het egter deure vir navorsingsartikels oopgemaak.

Dus het ek haar gekontak en gevra of ek ‘n voorstel mag stuur. Myne was getiteld: Using an eportfolio to demonstrate graduate-ness and employability during distance education.

‘n Paar dae later het die e-pos ingekom, die voorstel is aanvaar, maar ek het bitter min tyd om die hoofstuk in te dien. Die ander skrywers is al besig om die hoofstukke te skryf.

En so het die paadjie begin, een waarop ek die eerste tree gegee het. Om ‘n hoofstuk vir ‘n internasionale handboek te skryf. Interessante paadjie, soms redelik intimiderend weens die spertye wat nagekom moes word. Maar dit was ‘n goeie leerskool. En lekker om so verbind te word aan een van die bekendste akademiese uitgewers in die wêreld, Springer.

Die hoofstuk is geskryf, maar dit het nie werklik gevoel toe Alice die hoofstuk aanvaar en terugstuur met voorstelle vir verbetering nie.

Dit het nie werklik gevoel toe sy my laat weet dat die hoofstuk deur die eerste fase van portuurevaluering is nie en na Springer vir hulle keurigsproses gestuur is nie.

Dit het nie werklik gevoel toe sy laat weet dat dit ook deur Springer se keuringsproses gevorder het nie. Ook nie toe ek vorms moes teken dat dit my werk is nie.

Ook nie toe die proewe by my opdaag en ek ‘n baie interessante proses moes volg om die finale proewe goed te keur nie. Beslis ‘n baie effektiewe proses, alles word aanlyn gedoen. Dit is maar alles dele van artikelskryfprosesse.

Dit het veral nie werklik gevoel toe iemand van Indië per e-pos versoek dat ek ‘n Excell-vorm voltooi om my gratis kopie van die boek te ontvang nie. Met belangrike persoonlike inligting. Ek het daardie e-pos eers goed bekyk, Alice was van Engeland, die uitgewers van Switserland. Moes ek die persoon uit die Ooste vertrou? Was dit ‘n kuberkraker? Ek weet, my seun dink ek is alewig besig met conspiracy theories, maar dit was vir my verdag.

Ek het my seun gekontak, sy werksadres in Suid-Afrika gevra en gegee, verduidelik dat ek in Qazaqstan is en vermoed dat die pos nie betroubaar is nie en terugvoer gekry.

Die man stem het saamgestem, Suid-Afrika is ‘n beter keuse vir die pos van die boek. En ek het besluit dat ek dit eers sou vertrou as my gratis kopie by seun opdaag. Buitendien, ek het vermoed dat die boek baie, baie dik sou wees, daar is meer as 34 hoofstukke as ek reg onthou.

Dit het so effens werklik begin voel toe Springer die skakel aanstuur waar die hoofstuk gelaai sou word. Met inligting oor die publikasie datum. Toe het ek sommer ‘n blog daaroor gaan skryf.

Vanoggend het die werklikheid ingeskop.

Toe ek Google om een van my artikels sommer so aanlyn te lees om iets te soek. Die skakel na die hoofstuk in die boek het sommer eerste gewys. Twee dae gelede aanlyn gepubliseer. En ek het dit so per ongeluk ontdek!

Toe ek op die skakel kliek, kon ek die opsommig van die hoofstuk lees. Maar as ek dit wou lees, moes ek ‘n hele paar rand daarvoor opdok. USD 84,99 vir die hele boek, USD 29,99 vir my hoofstuk.

Ek verstaan dat mens ‘n geldjie (tantieme?) kan verdien as die boek en hoofstuk verkoop, maar dit het nie vir my daaroor gegaan nie. Buitendien, met meer as 30 medeskrywers kan die bedrag nie waffers wees nie.

Dit het vir my oor die ondervinding gegaan. Die lekker is in die gevoel dat dit uiteindelik soos ‘n werklikheid voel toe ek verder Google en sien dat die boek reeds in verskeie aanlynboekwinkels beskikbaar is.

En ek is reg. My hoofstuk begin op bladsy 459 en eindig op bladsy 472 en gedeelte daarvan kan op hierdie skakel gelees word. Ook maar goed ek het dit nie hierheen laat stuur nie, met amper 600 bladsye sou die boek my tas huis toe oorlaai.

En skielik het ek lus om die hoofstuk waarmee ek tans besig is, klaar te kry. Hierdie een handel spesifiek ook leeranalise, in afstandonderrig, om te verstaan hoe leer ondersteun kan word. En ek is superopgewonde, want dit is onder die redaksie van ‘n baie bekende navorser in afstandhoëronderwys.

Kliek hier om my CV in Afrikaans te lees. Of hier om dit in Engels te lees.

9 comments

  1. Wow…dalkies tyd om jou eie boek te skryf?? Baie geluk met hierdie. DIs ‘n baie goeie begin en ek hoop dit spoor jou aan om jou eie een te skryf.

    Like

    1. Dankie Woordnoot, ek twyfel of ek so iets sal aanpak. In elke geval nie in die akademie nie. Maar mens weet nooit, as ek sê ek sal nooit, dan gebeur dit. Kyk waar woon ek nou, en die Ooste was nooit op my bucket lys nie …

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.